SA Poskantoor deur Amazon geswartlys

Die hoë voorkoms van diefstal van die Suid-Afrikaanse Poskantoor het veroorsaak dat die Amerikaanse internetkleinhandelaar Amazon alle lewerings per pos na die land gestaak het.

Voortaan sal verbruikers wat op die internet inkopies doen 'n allamintige R420 ekstra vir 'n privaatkoerrierdiens moet betaal.

Volgens die Johannesburgse dagblad Business Day, maak dit Suid-Afrika die muishond van Afrika aangesien gaan ander posdiens op die vasteland deur Amazon op die swartlys geplaas is nie, behalwe Nigerië se standaarddiens. Amazon vertrou egter steeds Nigerië se spoedpos.

Selfs voor die aankondiging het Amazon geweier om waardevolle items deur die Suid-Afrikaanse Poskantoor te stuur, ook vanweë gereelde diefstal.

брюки джинсовые для девочекtopcargo отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae