Eerste wettige huwelik van dieselfde geslag in Kaliforni

Kalifornië het vandeesweek sy eerste wettige huwelik tussen mense van dieselde geslag gesluit.

Die burgemeester van San Francisco Gavin Newsom het gesê dat Kalifornië die toon aangee in 'n neiging wat uiteindelik die Amerikaanse nasie gaan oorrompel.

In die meeste state in die VSA is sulke huwelike egter onwettig. In die komende verkiesing in November sal Kaliforniërs egter geleentheid hê om huwelike tussen dieselfde geslag te beëindig.

Teenstanders wil die staat se grondwet verander na November indien hulle sou slaag, om 'n huwelik as dié tussen man en vrou te definieer.

Konserwatiewe Christene het belowe om die kiesers te oortuig om homoseksuele huwelike te beëindig.

topodin.comДанильченео

Maak 'n opvolg-bydrae