Andries Pieterse van Pretoria is vroeër vanjaar meegedeel dat hy sedert Kersfees oorlede is en hy weet ook nie waaraan nie. Pieterse, 63, sê hy het skoon aardig gevoel toe hy vertel is. Hy woon in Uncle Ben's Den in Hermanstad, 'n tuiste vir bejaarders en mense wat spesiale versorging benodig.
Hy is sedertdien besig om die staat te probeer oortuig dat hy lewendig genoeg is om sy pensioen te kan ontvang. Pieterse kry ook die afgelope vyf jaar 'n ongeskiktheidstoelaag omdat hy met sy geheue sukkel.
'n Doodsertifikaat met Pieterse se ID-nommer op is in April uitgereik en wys dat hy op 24 Desember 2007 oorlede is.
трековые светильники на шинопроводе для домалобановский александр компромат