Iran verwerp kernkragvoorstel

Image'n Kernkragvoorstel deur die vyf permanente lede van die Verenigde Nasies-veiligheidsraad tesame met Duitsland het Sondag geen formele reaksie van Iran ontlok nie.
 
Die groot moondhede het aangebied om te help bou aan ligtewaterreaktors, om wetlik afdwingbare waarborge vir kernbrandstofvoorrade te verskaf en om saam te werk met gebruikte brandstof en radioaktiewe afval in ruil vir die opskorting van uraanverryking deur Iran.

Die Iranese president Magmoed Agmadinedjad, het die voorwaardes verwerp.

Iran sal 'n maand gegee word voordat nuwe EU-sanksies ingestel sal word, wat teen die land se grootste bank, Bank Melli, gerig is. Die VSA mag 'n vlootblokkade van Iranese skepe in die Persiese Golf oorweeg.

Rusland en Sjina staan strenger sanksies teen.

мультик куклы барбиОлександр Васильович Фільчаков

Maak 'n opvolg-bydrae