Betogers versper N2-snelweg in Kaapstad

Betogers het die N2-snelweg naby die Borchardsteengroefafrit met motorbande en vullis afgesper, het die Kaapstadse polisie so pas laat weet.

“Omtrent 300 mense van Nyanga het die pad met motorbande en vullis Dinsdagnag versper,” het Jones gesê.

Rubberkoeëls is gebruik om die skare uiteen te jaag.

“Die situasie was gespanne en rubberkoeëls is gebruik om die skare uiteen te jaag,” het Jones gesê.

Hy kon nie sê waaroor die skare betoog het nie.

инструмент дляФільчаков прокурор

Ons oorvol tronke

Die getal verhoorafwagtende gevangenes wissel skerp, afhangende van die tyd van die jaar. Tydens die besigste tyd van die jaar word tot 8 000 bykomende gevangenes in die reeds oorvol Suid-Afrikaanse tronke ingeprop.

Volgens Gideon Morris, direkteur van die Geregtelike Gevangenisinspeksieraad, is die besigste tyd van die jaar Februarie, Maart en April, weens die groot aantal arrestasies wat in Desember en Januarie uitgevoer word. Tydens wintermaande sak die aantal gevangenes terug na “normaal.“ Morris het verduidelik dat dit uiters moeilik is om die ekstra 8 000 gevangenes te hanteer. Dit kom neer op vier ekstra tronke, soortgelyk aan Pollsmoor-tronk, wat gevul moet word. Verder bring dit vertragings mee in die verhore van verhoorafwagtendes, wat in sommige gevalle tot vier jaar moet wag voor hulle sake aandag geniet.

Volgens die Organisasie vir Menseregte van Suid-Afrikaanse Gevangenes is daar tans 50 000 verhoorafwagtendes uit ’n totaal van 162 587 gevangenes wat in 240 tronke in die land aangehou word. Volgens Golden Miles Bhudu van die organisasie, lyk dit of beamptes in die polisie en justisie min gepla is oor die probleem en dat hulle glo hulle sal hul salarisse bly ontvang, ongeag of hulle hul werk doen of nie.

Ene Anthony Fish van Milnerton, wat tans op parool uit is, het onlangs oor die haglike omstandighede in die Pollsmoor-tronk waar hy aangehou is, gekla. Gesonde gevangenes deel selle met ander wat vigs of tuberkulose onder lede het. Hy is self aangehou in ’n sel van 8m x 12m saam met 56 ander mans. Daar was 34 beddens, een toilet en een stort. Dit het van weeluise en kakkerlakke gekrioel. Sommige gevangenes word net ’n uur per dag vrygelaat en die binnehof waar die gevangenes veronderstel is om te oefen, is vuil. Bendelede steek selmaats onder beddegoed weg, in die hoop dat die selle leeg sal lyk en bewaarders meer gevangenes daar sal plaas wat hulle dan kan besteel. Hulle klere en besittings word dan gestroop en vir dwelmmiddels (tik of dagga) verkoop. Gevangenes het seks met mekaar voor die ander selinwoners. Ou selfoonkaarte word as lepels gebruik om pap mee te eet. Saans kan pornografiese films vir R5,00 gehuur word.

Volgens ’n woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste is die regering bewus van die probleme in plaaslike tronke en werk hulle aan oplossings. Hy het dit beklemtoon dat soortgelyke probleme ook elders in die wêreld voorkom.

обувь для яхтингаtopcargo отзыв

Mbeki verdedig Manto

Image

Medisinale Manto

President Mbeki het gister in sy weeklikse nuusbrief vir Manto Tshabalala-Msimang, minister van gesondheid, verdedig. Dit volg op die onlangse herrie wat ontstaan het na aanleiding van die abnormaal hoë babasterftesyfer van die Frere-hospitaal in die Oos-Kaap.

In ’n filosofiese relaas van “feite teenoor fiksie” meen Mbeki diegene wat die situasie by die hospitaal gekritiseer het, jok. Die Daily Dispatch het naamlik ’n artikel gepubliseer waarin beweer word dat 2 000 babas oor die afgelope veertien jaar by Frere-hospitaal doodgebore is. Verlede maand het nie minder nie as 43 babas gesterf. Adjunkminister Nozizwe Madlala-Routledge het die hospitaal besoek die dag nadat die nuusberig verskyn het. Sy het na die situasie by Frere verwys as simptomaties van die “nasionale krisis” in die openbare gesondheidsektor.

Kort ná die adjunkminister se besoek het minister Manto Tshabalala-Msimang ’n ondersoek na die babasterftes by Frere geloods. Daar is bevind dat die hospitaal se instandhoudingsbegroting totaal ontoereikend was en dat daar inderdaad ’n personeeltekort was, soos deur die Daily Dispatch uitgewys. Sy het egter verklaar dat die sterftesyfer by die hospitaal oordryf is en nie erger is as by ander staatshopitale nie.

Mike Waters, die Demokratiese Alliansie se woordvoerder oor gesondheidsake, het ’n beroep op die minister gedoen om die volle inhoud van die verslag bekend te maak en beweer dat foute verdoesel is om die provinsiale owerhede te beskerm. Mbeki, wat uit die Cambridge Dictionary of Philosophy en Charles Dickens aangehaal het, het Waters egter geroskam omdat hy die koerantberig geglo het en die minister gekritiseer het.

Die president bekla die feit dat “die waarheid nie altyd met die werklikheid ooreenstem nie.“ Hy sluit af met die volgende woorde: “Op een of ander stadium ontdek diegene wat probeer om die werklikheid te vervals ten einde hulle eie doelwitte te bereik, dat leuens hulle nie ver bring nie. Die stryd gaan voort!“

best game to play at a casinoДанильченко Юрий прокурор

Skelm staatsamptenare moet geld teruggee

Image

Zola Skweyiya

Nagenoeg 6 000 staatsamptenare het reeds skulderkennnings geteken ten einde die R21 miljoen terug te betaal wat hulle die regering skuld. Hierdie geld is deur die amptenare gesteel in die vorm van welsynstoelaes wat hulle nie toekom nie.

Zola Skweyiya, minister van sosiale ontwikkeling, het gister in die parlement gesê hierdie geld sal oor ’n periode van vyf jaar terugbetaal moet word, teen 5,5% rente. 2 058 Staatsamptenare is reeds deur die hof skuldig bevind daaraan dat hulle toelaes geëis het waarop hulle nie geregtig was nie. Diegene wat verkies het om die geld aan die staat terug te gee, het ooreenkomste aangegaan en skulderkennnings geteken.

Die Demokratiese Alliansie het vroeër beswaar aangeteken toe dit bekend geword het dat die staat amptenare tot 30 jaar wou gee om die geld terug te betaal. Die reëling is toe deur die departement verander. Die grootste enkelbedrag wat tot dusver geskuld word, is R48 000 wat oor ’n periode van 59 maande deur ’n beampte in Kwazulu-Natal terugbetaal moet word. ’n Ander amptenaar in die Limpopo-provinsie het verkies om haar skuld in ’n lompsom van R25 000 terug te betaal. Dis nie bekend of sy dit al gedoen het nie.

Volgens Skweyiya is die Spesiale Ondersoekeenheid (ook bekend as die Kobras) tans besig met ’n ondersoek om vas te stel watter amptenare tot dusver by gebreke gebly het om hulle skuld te begin terug te betaal. Regstappe sal dan teen die betrokke individue gedoen word. Willie Hofmeyr, wat aan die hoof van die eenheid staan, meen dat die ondersoek uitgebrei moet word na mense wat nie noodwendig vir die staat werk nie. Tot 400 000 individue sal ondervra moet word. Die departement moes vanjaar ’n ekstra bedrag van 60 miljoen rand vir hierdie ondersoek opsy sit.

игрушки украинаДанильченко Юрий отзывы

IVP gaan skoonheidskompetisie re

Image

Skoonhede gesoek

Dit gaan maar broekskeur om die jeug in politiek te laat belangstel, maar die IVP het ‘n blink plan bedink. Die jeugliga van die Inkatha Vryheidsparty het vandag aangekondig dat ‘n skoonheidkompetisie gereël gaan word in dié verband.

Die kompetisie sal oop wees vir alle lede tussen 16 en 25 jaar en sal in September in KwaZoeloe Natal afskop. Dit sal daarna na die res van die land se provinsies uitgebrei word en die finaal sal in 2008 plaasvind. Die IVP is ‘n Zoeloe etniese party waarvan die steun in die landelike ooste van die land gesetel is.

Die idee het gekom "omdat dit nodig is om die jeug te mobiliseer en hul deelname aan die verkiesingsproses te verhoog gegewe die enorme gebrek aan belangstelling in die poltiek en apatie van kiesers," lui die persverklaring.
 
Belangeloosheid word deur die lae aantal jeuginskrywings op die kieserslyste aangedui. Dit is daarom, meen die opstellers, dat jeugdiges nie deelneem aan die politieke proses nie, want hulle is nie ingeskryf nie.

In die plaaslike verkiesings verlede jaar het die IVP 37% in KwaZoeloe Natal behaal. Nasionaal doen die party egter heelwat swakker; in 2004 het hulle maar 7% van die stemme getrek.

декоративная штукатурка стен на кухнеЛобановский Харьков

Landdros gooi liewer dolosse

‘n Landdros in die siviele hof wat drie maande gelede sonder taal of tyding spoorloos verdwyn het, en wat dosyne belangrike sake laat ophoop het sonder om hulle af te handel, is steeds soek. Volgens die Cape Times ontvang die landdros egter nog sy salaris ten spyte daarvan dat hy nie van hom laat hoor nie.

Gerugte wil dit hê dat Themba Mathyolo dalk besluit het om homself as toordokter te bekwaam en dat hy daarom nie meer by die werk opdaag nie. Landdroskommissiesekretaris Danie Schoeman het pas aanbeveel dat Mathyolo geskors word sonder vergoeding totdat die saak opgeklaar word. Sy afwesigheid het die belastingbetaler reeds R125 000 uit die sak gejaag.

 
In die gange van die hof by North End, Port Elisabeth, gons dit oor die landdros se besluit om ‘n sangoma te word, maar niemand wou die gerug aan die pers bevestig nie. Schoeman het maar so onlangs as in Junie eers van die landdros se verdwyning uitgevind nadat dit by sy kantoor aangemeld is. Die Kommissie het verneem dat die landdros reeds op 28 Februarie sonder verlof of geldige rede weggebly het van die werk.

Alle pogings om hom te kontak en op te spoor was tot dusver vrugteloos. By die hof heers daar groot frustrasie oor die man se verdwyning omdat die oorvol hofrolle nog verder oorlaai is en nuwe sake nou ophoop. Regslui kon nie datums vir verskynings vir hierdie jaar bekom nie en wag ongeduldig op uitsprake wat nie gelewer is nie.

медсправка для гаи купитьФильчаков прокуратура харьков

Suid-Afrikaanse regter beskuldig media oor Zimbabwe

‘n Suid-Afrikaanse regter het die media daarvan beskuldig dat hulle valshede oor Zimbabwe versprei. Dié nuus is onlangs deur die Herald-koerant in Harare bekend gemaak.

Die berig wat op 27 Junie verskyn het, haal die regter aan waarin hy kla oor Suid-Afrikaanse koerante asook  ander gedrukte media se verslaggewing.

Regter Moses Mavundla is verbonde aan die Transvaalse Hooggeregshof in Pretoria. Hy het aan die Herald gesê dat "Zimbabwe ‘n pragtige land is."

Hy het ook bygevoeg: "Ons is verbaas oor die stories in Suid-Afrikaanse en ander koerante wat slegte dinge oor hierdie land [Zimbabwe] sê."

дома и банилобановский александр интервью

Misdaad en toerisme

Image

Marthinus

Marthinus van Schalkwyk, minister van omgewingsake en toerisme, is bekommerd dat die teiken van tien miljoen toeriste teen 2010 nie bereik gaan word nie, tensy die regering “die oorlog teen misdaad” met meer ywer aanpak.

Van Schalkwyk het Maandag, tydens die opening van die plaaslike konferensiebedryf se nasionale konferensie, openlik oor die impak van misdaad op die toerismebedryf gepraat. “Navorsing wat deur SA Toerisme uitgevoer is, het aangedui dat, alhoewel Suid-Afrika in baie opsigte ’n aantreklike toerismebestemming verteenwoordig, vrees vir misdaad moontlik potensiële besoekers kan afskrik,” het hy gesê.

Naas waarde vir geld, is veiligheid die tweede belangrikste kriterium vir Suid-Afrika se potensiële toeristemark. Dit is vasgestel in die studie wat SA Toerisme in 2005 oor hierdie onderwerp laat doen het. Volgens Van Schalkwyk voer sy departement tans samesprekings met die departement van veiligheid en sekuriteit met die doel om een polisiebeampte per stasie beskikbaar te stel vir toerismeverwante misdade. Die polisie se begroting is verder vermeerder en teen 2010 behoort daar sowat 190 000 polisiebeamptes op straat te wees.

Van Schalkwyk meen ook dat dit nie net die polisie en justisie is wat misdaad moet beveg nie. In hierdie verband het hy verwys na wanpraktyke in die plaaslike toerismebedryf, soos die gebruik van onwettige toeriste-kredietkaarte en ongelisensieerde toeroperateurs.

Na aanleiding van Sapa se beriggewing oor die minister se toespraak, het sy kantoor ’n verklaring uitgereik om hom van Sapa se berig te distansieer, aangesien die verslaggewer nie genoeg klem gelê het op die aksies wat die regering beplan om misdaad te bekamp nie.

воронеж подъемникиtopcargo отзывы сотрудников

Lesotho ontvang miljoene

Die VSA het Maandag ‘n ooreenkoms onderteken waarvolgens Lesotho 360 miljoen dollar sal ontvang om die Vigs-epidemie in die land die hoof te bied. Die eerste minister van Lesotho, Pakalitha Mosilisi, en Condoleeza Rice het in Washington ontmoet vir die geleentheid.

Dié ooreenkoms is die vrug van George W. Bush se projek om ontwikkelende lande wat demokrasie aanvaar, ‘n redelike ekonomiese politiek handhaaf en beslis teen korrupsie optree, van hulp te wees.

 
Die VSA het verskeie soortgelyke ooreenkomste ten bedrae van 4 miljard dollar aangegaan met 13 lande, waaronder Madagaskar, Vanuatu, Georgië, Armenië, Ghana, Mali, Salvador en Mosambiek.

Woordvoerders het aangedui dat die ooreenkoms met Lesotho oor vyf jaar sal strek om watertoevoer vir huishoudelike en industriële gebruik te verbeter, swak gesondheidsorg vir pasgeborenes, Vigs- en tuberkulosepasiënte op te knap en om die faktore wat internasionale beleggers afskrik uit die weg te ruim.

Of demokrasie werklik Lesotho se erns is, is sterk te betwyfel. Politieke onrus het onlangs ernstig toegeneem in die land met wegbreekfaksies uit die weermag wat aanvalle op regeringsministers loods.

Volgens die leier van die opposisie, die All Basotho Convention (ABC), Thomas Thabane, dra die aanvallers wapens waartoe net weermaglede toegang het. Ketumile Masire van Botswana moes inderhaas ‘n byeenkoms reël om die oplaaiende geskille tussen opposisiepartye en die regering by te lê.

Thabo Thakalekoala, ’n joernalis wat van hoogverraad aangekla is omdat hy die regering tydens ‘n uitsending van die Harvest FM-radiostasie vir onder meer korrupsie gekritiseer het, se aanklag is blykbaar ondertussen na "ondermyning" verander. Ondersteuners, sowat 4000, het by die hof saamgetrek met sy verskyning om teen die aanvanklike aanklag beswaar te maak.

уличный светильник налобановский политик

Ambassadeur beroof

Image

Dumisani Khumalo

Suid-Afrika se ambassadeur by die Verenigde Nasies (VN), Dumisani Khumalo, is oor die naweek vanaf Jan Smuts-lughawe na ’n huis in Greenside agtervolg, waar hy aangeval en beroof is. Khumalo was in die land om sy kleinseun se verjaarsdagpartytjie by te woon.

Khumalo het direk van die lughawe na Greenside vertrek. Hy is deur drie gewapende rowers oorval, wat hom beveel het om sy kattebak oop te maak en sy bagasie aan hulle te oorhandig. Toe een van die partytjiegaste om die hoek kom, het die rowers op hom geskiet.

Dit is die tweede keer dat Khumalo beroof word.

Khumalo was die afgelope paar maande in die nuus met kontroversiële uitsprake en besluite in sy hoedanigheid as Suid-Afrikaanse ambassadeur, wat in ’n nie-permanente hoedanigheid op die VN se Veiligheidsraad dien.

In Januarie het Khumalo verhoed dat die Veiligheidsraad ’n resolusie oor menseregte in Myanmar aanvaar. Hy het hom in Maart die toorn van menseregte-aktiviste op die hals gehaal toe hy geweier het dat hulle die Veiligheidsraad inlig oor die verslegtende situasie in Zimbabwe. Hy het waarnemers en die media verder verstom toe hy later dieselfde maand sy bes gedoen het om te verhoed dat sanksies teen Iran ingestel word. Dit het gevolg op dié land se weiering om sy kernprogram te staak. “Ek kelder nie die resolusie nie,” was Khumalo se gewraakte woorde, ter verontskuldiging. “Ek verbeter dit net.“

Khumalo was tydens die apartheidsjare ’n sleutelfiguur wat sanksies teen Suid-Afrika gepropageer het. Dit is grootliks weens sy aktivisme in die VSA dat 26 state en 90 stede destyds ekonomiese sanksies teen Suid-Afrika ingestel het.

бейонд отбеливаниепрокурор Фильчаков