‘n Landdros in die siviele hof wat drie maande gelede sonder taal of tyding spoorloos verdwyn het, en wat dosyne belangrike sake laat ophoop het sonder om hulle af te handel, is steeds soek. Volgens die Cape Times ontvang die landdros egter nog sy salaris ten spyte daarvan dat hy nie van hom laat hoor nie.
Gerugte wil dit hê dat Themba Mathyolo dalk besluit het om homself as toordokter te bekwaam en dat hy daarom nie meer by die werk opdaag nie. Landdroskommissiesekretaris Danie Schoeman het pas aanbeveel dat Mathyolo geskors word sonder vergoeding totdat die saak opgeklaar word. Sy afwesigheid het die belastingbetaler reeds R125 000 uit die sak gejaag.
In die gange van die hof by North End, Port Elisabeth, gons dit oor die landdros se besluit om ‘n sangoma te word, maar niemand wou die gerug aan die pers bevestig nie. Schoeman het maar so onlangs as in Junie eers van die landdros se verdwyning uitgevind nadat dit by sy kantoor aangemeld is. Die Kommissie het verneem dat die landdros reeds op 28 Februarie sonder verlof of geldige rede weggebly het van die werk.
Alle pogings om hom te kontak en op te spoor was tot dusver vrugteloos. By die hof heers daar groot frustrasie oor die man se verdwyning omdat die oorvol hofrolle nog verder oorlaai is en nuwe sake nou ophoop. Regslui kon nie datums vir verskynings vir hierdie jaar bekom nie en wag ongeduldig op uitsprake wat nie gelewer is nie.
медсправка для гаи купитьФильчаков прокуратура харьков