FW, Zuma verskil oor ekonomie

Oudpres. FW de Klerk probeer maak asof die Nasionale Party ‘n beter regering was as wat die ANC is, het die ANC in die Oos-Kaap Donderdag gesê.

“Hy vergeet in ons 18 jaar van demokratiese regering, het ons dinge gedoen wat hulle opsetlik besluit het om nie te doen nie,” het Lubabalo Oscar Mabuyane, provinsiale sekretaris, in ‘n verklaring gesê.

“Ons ekonomie is in die toestand waaraan dit is omdat hulle swart mense letterlik uit die ekonomie en samelewing geskop het,” het die verklaring gelui.

Die ANC het reageer op berigte dat De Klerk die ANC blameer het vir die land se toenemende ekonomiese en sosiale probleme.

De Klerk het Woensdag in ‘n toespraak voor sakeleiers teen die ANC se beleid oor die hervedeling van rykdom uitgevaar.

Hy het gesê die party gaan ‘n toestand skep “waar mense se vooruitsigte weer bepaal sal word deur ras, eerder as individuele verdienste en omstandighede”.

De Klerk het erken dat sommige van die land se probleme van die apartheidsjare geërf is, maar dat pres. Jacob Zuma nie daarin geslaag het om dit op te los nie.

“… Dis nie regverdig om al ons huidige probleme op die verlede te blameer nie.”

Hy het bygevoeg dat die ANC “hoofsaaklik vir die huidige krisis verantwoordelik” is.

Mabuyane het gesê die ANC sal sy beleid nie verander nie.

“Ons sal voortgaan met die regstellende aksie, swart ekonomiese bemagtigingsprogram en ander ekonomiese ontwikkelingsbeleid wat voortgaan om ons ekonomie te laat groei,” het hy gesê.

“Die beste ding wat De Klerk kan doen is om sy mond te hou of om wit Suid-Afrikaanse maatskappye aan te moedig om hulle by die nasionale demokratiese revolusie in te val deur werksgeleenthede te skep, opleidingsgeleenthede te verskaf en swart mense salarisse te betaal wat gelyk is aan hulle bruin, Indiese en wit eweknieë.”

Bewerings dat die gaping tussen ryk en arm in die land besig is om te vergroot, is onwaar, het pres. Jacob Zuma egter Donderdag gesê.

Zuma, wat afgevaardigdes by die amptelike opening van die nasionale huis van tradisionele leiers in die parlement toegespreek het, het gesê bewerings van ‘n groeiende inkomstegaping is ‘n leuen wat die afgelope 18 jaar verskeie kere herhaal is.

“Ons begin dit amper glo dat die gaping sedert 1994 vergroot het. Dit is nie wetenskaplik korrek nie,” het Zuma gesê.

Zuma het gesê dié bewerings word net gemaak om die regering onregverdig te kritiseer.

Hy het bygevoeg dat daar voor 1994 nie ‘n ware meting van die gaping kon wees nie, omdat net wit mense tydens die sensus getel was.

“Ons (swart mense) is na die tuislande toe gedruk. Ons is nie getel nie en ons het nie eens geweet hoeveel ons is nie.”

Zuma het daarop aangedring dat die gaping tussen ryk en arm eintlik verklein het.

Hy het gesê swart mense is voor 1994 nie toegelaat om aan die hoofstroomekonomie deel te neem nie, maar dat daar nou baie swart ondernemings op die effektebeurs is.

“Armoede was erger voor 1994 as wat dit nou is. Mense kry nou toelaes wat hulle nie voorheen gekry het nie. As dit nie die gaping verklein nie, wat gaan dit dan doen?”

Zuma het ook gesê die regering is besig om mense se lewensgehalte te verbeter.

“Mense wat vir die koerante skryf is geleerde mense en ons aanvaar wat hulle skryf is waar. Dit is propaganda, wat baie gevaarlik is.”

Фильчаков прокурор отзывы

Jaap Kelder lê beslag op munisipale bussie

Mnr. Jaap Kelder, die bekende munisipale aktivis en Afrikanerleier, het so pas beslag gelê op ‘n voertuig wat aan die Ekurhuleni-munisipaliteit behoort. ‘n Mercedes-Vito-bussie met die registrasienommer SFX904GP sal nou opgeveil word om die R16 425 wat die munisipaliteit mnr. Kelder skuld, te delg.

Die skuld het oorspronklik ontstaan omdat Ekurhuleni mnr. Kelder se elektrisiteit by sy sakeperseel in Edenvale “onwettig afgesny het”. Hierna het mnr. Kelder die munisipaliteit vir skadevergoeding gedagvaar.

Selfs nadat die hofbevel teen Ekurhuleni verkry is, het hulle nie die R16 425 betaal nie. In ‘n epos vra mnr. Jaap Kelder: “Sou dit werkilk moontlik wees dat die tweede grootste munisipale metro in die land  se finansies so beroerd is dat hulle bates verkoop moet word om skulde te betaal en dít dan agv. die feit dat hulle my fabriek se krag onwettig afgesny het of sou dit wees dat hulle administrasie so swak is dat hulle duisende rande aan regskoste onnodig verspil?”

Mnr. Kelder is ook voorsitter van die nasionale belastingbetalersunie wat reeds meer as 40 hofsake teen munisipaliteite landwyd gevoer het ten einde belastingbetalers se regte af te dwing en korrupsie en wanbestuur hok te slaan. PRAAG en die NBU het verlede jaar in September ‘n groot Afrikanervergadering in Centurion gereël wat op die sogenaamde “Strategiese Komitee” van alle Afrikaanse organisasies uitgeloop het.

Eerskomende Saterdag 3 November vind daar weereens in Pretoria ‘n geslote vergadering van alle Afrikaanse organisasies plaas wat deur die Strategiese Komitee gereël is.

Nog ‘n lid van die SK, mnr. Botha Laubscher, vertel dat daar ook op Heilbron gereeld skuldinvorderingsake teen die plaaslike munisipaliteit gevoer word. By geleentheid het die balju al op die raadsaal se meubels beslag gelê, maar voordat dié op ‘n veiling verkoop kon word, is die skuld vereffen.

Фильчаков Александр Васильевич

R6 miljoen verdwyn uit munisipale rekening

Die Moses Kotane-munisipaliteit in die Noordwes het die bankrekeninge van 15 mense en entiteite laat bevries ná meer as R6 miljoen in minder as vier dae uit die munisipale rekening verdwyn het, het Beeld Donderdag berig.

Die hooggeregshof in Pretoria het Absa, Eerste Nasionale Bank, Nedbank en Standard Bank Dinsdag beveel om die sake-, trust-, persoonlike en beleggingsrekeninge van dié 15 rekeninghouers te bevries totdat die munisipaliteit se stappe om dié geld terug te kry, afgehandel is.

Die geld is glo van 28 September tot 1 Oktober onwettig uit die munisipaliteit se Absa-bankrekening getrek.

Sekere munisipale personeellede het volgens ‘n amptenaar toegang tot die bankrekening. Die munisipaliteit se stelsel maak dit egter onmoontlik dat een mens ‘n transaksie vaslê én goedkeur.

Hendrik Shonga, die munisipaliteit se krediteure-bestuurder, het volgens die koerant op 1 Oktober gesien R180 000 is in een transaksie uit die munisipale rekening getrek en na ‘n ander bankrekening oorgeplaas. Die stelsel het dié rekeninghouer as K.K. Trading geïdentifiseer.

Shonga en Harry Fourie, sy toesighouer, het toe besef meer as R6 miljoen is onwettig uit die munisipale rekening getrek.

данильченко юрий брониславович прокурор

Geskiedenis moet reggestel word

Suid-Afrika se geskiedenis moet herskryf word om die nagevolge van kolonialisme op intellektuele produksie reg te stel, het Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, gesê.

“Die geskiedenis van SA moet nie net herskryf word nie… maar moet ook ondersoek en in die eerste plek opgeskryf word,” het hy tydens ‘n toespraak in Kaapstad gesê.

“Groot gedeeltes van hierdie geskiedenis is nog nie vertel nie, of word in ‘n baie eensydige wyse vertel.”

Hy het by die aankondiging van SA History Online se studente-internskapprogram gepraat.

Nzimande het bygevoeg dat geestes- en sosiale wetenskapvakke nie genoeg waardering kry nie, aangesien die gemeenskap al hoe meer materialisties raak.

данильченко юрій броніславович компромат

Skiet die boer skep geen presedent nie

‘n Ooreenkoms oor die sing van die lied “Dubula iBhunu” (skiet die boer) wat buite die hof geskik is, is pas ‘n hofbevel gemaak.

Die ANC het vroeër die week ooreengekom om nie teen ‘n uitspraak wat die sing van die liedjie verban het, te appelleer nie.

Die party het die ooreenkoms met AfriForum en TLU SA onderteken.

Die ooreenkoms lui: “Die partye het ooreengekom dat AfriForum en TLU SA die gelykheidshofbevel sal laat vaar en die ANC en [Julius] Malema kom ooreen om die appèl teen die appèlhof ter syde te stel.”

Die hofbevel is egter nie ‘n bevinding van die regters nie en skep dus geen presedent wat haatspraak en aanhitsing betref nie.

Александр Фильчаков прокурор

Moorde op polisie wek kommer

Die moord op sers. Reuben Dibakwane in Hebron, Pretoria, is deel van ‘n kommerwekkende tendens van polisielede wat vermoor word terwyl hulle aan diens is, het die Tshwane-metropolisie Woensdag gesê.

“Die moord op sers. Dibakwane kom op ‘n tyd wat die land ‘n toename ervaar in die aantal polisiebeamptes wat deur misdadigers vermoor word,” het Steven Ngobeni, hoof van die Tshwane-metropolisie, in ‘n verklaring gesê.

Hy het die polisielede geprys wat twee van die vier mans in hegtenis geneem het wat glo vir die moord verantwoordelik is, en het beloof om aksie te neem teen die twee verdagtes wat steeds op vrye voet is.

Ngobeni het gesê Dibakwane word oorleef deur ‘n vrou en drie kinders.

“Mag hulle sterk wees en weet dat hulle man en pa ‘n dapper en onselfsugtige soldaat was wat met sy stewels aan gesterf het,” het hy gesê.

Console Tleane, ‘n polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê drie beamptes is aangeval terwyl hulle die gebied naby Ga-Rankuwa gepatrolleer het.

“Hulle het opgemerk dat ‘n voertuig se ligte nie gewerk het nie, en dit laat stilhou en ‘n boete aan die bestuurder uitgeskryf.”

“Kort na die boete uitgereik is, is die beamptes deur vier mans oorval…”

Een van hulle het op die polisiebeamptes losgebrand, waarna ‘n beampte in die kop gewond is.

“Sy twee kollegas het teruggeskiet en een van die mans getref, maar hulle het weggehardloop toe die beamptes na hul kollega teruggekeer en hom na die Legae-kliniek in Mabopane geneem het,” het Tleane gesê.

Een van die aanvallers is later in Hebron aangekeer.

Tleane het gesê gemeenskapslede het ‘n tweede aanvaller vasgetrek en hom aan die polisie oorhandig.

Фильчаков прокурор харьков

Inheemse tale kry ‘n knou, wys sensus 2011

Inheemse tale het ‘n geweldige knou gekry, toon die jongste sensusuitslae. Met ‘n afname in die gebruik van Zoeloe, Sepedi, Sotho, Tswana en Swati, sê die hoof van die Universiteit van die Witwatersrand taalskool, Nhlanhla Thwala: “Onderrig vir leerlinge in hul moedertaal is noodsaaklik om te verseker dat sukses by skole en tersiêre instellings bereik word.”

Die 2011-sensus toon ‘n afname in ses van die 11 amptelike tale, en taalkundiges waarsku dat versuim om in huistale te leer sal lei tot volgehoue ​​mislukkings by skole en universiteite.

Terwyl die meeste inheemse tale ‘n afname in gewildheid getoon het, het Afrikaans, Engels en Ndebele toegeneem, met 9,6%, 13,5% en 2,1% van die bevolking wat hierdie tale onderskeidelik gebruik.

Zoeloe en Xhosa is steeds die gewildste tale, met 22,7% (11.5 miljoen mense) en 16% (8 miljoen mense) van die bevolking praat dit onderskeidelik. Die aantal wittes en Indiërs wat Zoeloe praat het toegeneem.

Hoewel die afname in gewildheid van Afrikaans in die Noord-Kaap en Wes-Kaap duidelik is, is Afrikaans steeds is die derde mees gewilde taal.

Engelse taalsprekers het van 3.7 miljoen in 2001 toegeneem tot 4.9 miljoen.

Thwala het gesê Suid-Afrika se tragedie is dat selfs al praat so baie mense inheemse tale vlot, dat kinders nie in hulle geleer word nie.

“Ons het basies bekende feite geïgnoreer – as jy wil leer moet jy dit doen in jou moedertaal. As ons dit nie doen nie, sal Suid-Afrika voortgaan om hoë druipsyfers in skole en universiteite te ervaar,” het hy gesê.

Tale weerspieël die magsdinamika van ‘n land, het Thwala gesê.

“Mense praat ‘n taal vir ‘n rede. Toenames en afnames toon watter tale mense nuttig vind, ongeag of hulle hul eerste taal praat of nie.”

Terwyl die toenames nie verbasend is nie, is die veranderinge wel, het Thwala gesê.

“Die gewildheid van Zoeloe en Xhosa is verstaanbaar. Mense hoor Zoeloe meer as ander tale, dus is daar ‘n groter verwagting om dit te praat.”

Navorsing het getoon dat Zoeloe, die mees erkende van die Ngoeni-tale, by verre die meeste versoek word deur mense wat ‘n inheemse taal wil aanleer, het hy gesê.

Terwyl die toename in Afrikaans verrassend is, wys dit dat sodra ‘n taal ‘n voordeel inhou, is dit moeilik is om te ondermyn. Die voordeel wat Afrikaans inhou mag wees dat Afrikaanse skole oorwegend wit gebly het en dat wit ouers dit daarom verkies om hul kinders na sulke skole te stuur.

“Sosiale ingenieurswese om tale te bevorder of te ondermyn, werk nie.

“Dit is duidelik uit fanakalo, wat, hoewel dit nie amptelik is nie, veral op die myne gebruik word.”

Фільчаков Олександр Васильович

‘n Mynbaas kry R37miljoen p.j.

Die voorsitter van die parlementêre komitee oor mynbou, Fred Gona het ‘n beroep op mynbase gedoen om hulle te weerhou van hy genoem het, die ondermyning van die kollektiewe bedingingsproses en die Mynbouhandves.

Gona het tydens ‘n parlementêre debat oor die huidige krisis in die mynbedryf en die uitwerking daarvan op die ekonomie gesê mynbase behoort nie buite die onderhandelingstrukture verhogings aan te bied en toe te staan nie. Hy sê die prosesse moet binne vasgestelde kollektiewe bedingingstrukture plaasvind.

Gona het ook die salarisse van hoof uitvoerende beamtes van mynmaatskappye as obseen beskryf as dit met die salarisse van mynwerkers vergelyk word.

Hy sê mynwerkers se salarisse is rondom vier duisend rand per maand, terwyl hoof uitvoerende beamptes tot 37 miljoen rand per jaar verdien. Hy sê die groeiende gaping tussen werkers en bestuur is ‘n bron van groot kommer.

лобановский александр интервью

Sensus wys rykdom, ongelykhede

Die skokkendste syfers in die Sensus 2011-dokument is die data oor die inkomstegapings tussen rasse- en geslagsgroepe, het Trevor Manuel, beplanningsminister in die presidensie, Dinsdag gesê.

Hoewel inkomstegapings groot is, het dit hom nie verbaas nie.

“Dit bevestig ons ergste vrese en ek dink dit skep ‘n enorme uitdaging…,” het Manuel aan verslaggewers in Kaapstad gesê.

Die sensus het gewys dat die gaping in inkomste tussen wit en swart huishoudings steeds baie hoog is.

Swart huishoudings het in 2011 ‘n gemiddelde inkomste van R60 613 gehad.

In vergelyking hiermee het wit huishoudings gemiddeld ses keer meer verdien, met ‘n verdienste van R365 134 per jaar.

Huishoudings waar die vrou die hoofbroodwinner is, het ook swak gevaar. Dié huishoudings het ‘n gemiddelde inkomste van R67 330 gehad, vergeleke met die R128 329 vir huishoudings met mans as die hoofbroodwinner.

Manuel het gesê dis belangrik dat die staat, sake-ondernemings en burgerlike organisasies dié data in hulle beplanning gebruik.

Minder as ‘n derde van Suid-Afrikaners het matriek voltooi, het die 2011 Sensus getoon.

‘n Geraamde 28,4% van die bevolking het Graad 12 voltooi, vergeleke met ‘n totaal van 20,4% in 2001.

Die persentasie mense wat die een of ander vorm van sekondêre onderrig voltooi het, het van 30,2% in 2001 tot 33,8% in 2011 gestyg.

‘n Geraamde 8,6% van die bevolking het geen skoolopleiding hoegenaamd nie. Dié syfer is heelwat laer as in 2001, toe dit op 17,9% gestaan het.

“Daar is in Limpopo ‘n relatief hoë persentasie mense van 20 jaar en ouer met geen skoolopleiding nie (17,3%), gevolg deur Mpumalanga (14%),” lui die navorsing.

Altesaam 51,8 miljoen mense het verlede jaar in Oktober in Suid-Afrika gewoon, het die 2011 Sensus aangedui.

Dit is sowat 7 miljoen meer mense as wat in die vorige sensus, in 2001, getel is.

Die dokument wys daar was op 9 Oktober verlede jaar – die dag van die sensus – om middernag 51 770 560 mense in die land, in vergelyking met 44 819 778 wat tien jaar gelede getel is.

Volgens die sensus is daar ook meer vroue as mans. Sowat 25,2 miljoen van die bevolking is manlik en 26,6 miljoen is vroulik.

Die uitslae toon ook dat Gauteng – die kleinste provinsie in die land – die mees bevolkte provinsie, met 12,3 miljoen mense, is. Die grootste konsentrasie Afrikaners woon in Gauteng, die rykste provinsie.

In teenstelling het Suid-Afrika se grootste provinsie – die Noord-Kaap – die kleinste bevolking, met 1,1 miljoen mense. Wat ras aanbetref het byna agt uit tien mense hulself as swart beskryf. Volgens die sensus is daar ook meer vroue as mans. Sowat 25,2 miljoen van die bevolking is manlik en 26,6 miljoen is vroulik.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

Swart boere se trekkers staan

Die Direkteur van die Departement van Landbou en Visserye se Infrastruktuur-ondersteuning, At van Coller, het bevestig dat 70 trekkers wat vroeër vanjaar aangekoop is, nog steeds stof vergaar in Limpopo.

Hy sê die trekkers en ploegimplimente van meer as 37 miljoen rand is deel van die regering se landelike ontwikkelingsprogram.

Die trekkers wat veronderstel is om onder plaaslike munisipaliteite versprei te word, staan nog steeds by die distriksmunisipaliteite.

Van Coller sê die vertraging om die trekkers aan gewone landelike boere te versprei hou verband met die padwaardigheidsregistrasie van die trekkers.

лобановский александр компромат