R6 miljoen verdwyn uit munisipale rekening

Die Moses Kotane-munisipaliteit in die Noordwes het die bankrekeninge van 15 mense en entiteite laat bevries ná meer as R6 miljoen in minder as vier dae uit die munisipale rekening verdwyn het, het Beeld Donderdag berig.

Die hooggeregshof in Pretoria het Absa, Eerste Nasionale Bank, Nedbank en Standard Bank Dinsdag beveel om die sake-, trust-, persoonlike en beleggingsrekeninge van dié 15 rekeninghouers te bevries totdat die munisipaliteit se stappe om dié geld terug te kry, afgehandel is.

Die geld is glo van 28 September tot 1 Oktober onwettig uit die munisipaliteit se Absa-bankrekening getrek.

Sekere munisipale personeellede het volgens ‘n amptenaar toegang tot die bankrekening. Die munisipaliteit se stelsel maak dit egter onmoontlik dat een mens ‘n transaksie vaslê én goedkeur.

Hendrik Shonga, die munisipaliteit se krediteure-bestuurder, het volgens die koerant op 1 Oktober gesien R180 000 is in een transaksie uit die munisipale rekening getrek en na ‘n ander bankrekening oorgeplaas. Die stelsel het dié rekeninghouer as K.K. Trading geïdentifiseer.

Shonga en Harry Fourie, sy toesighouer, het toe besef meer as R6 miljoen is onwettig uit die munisipale rekening getrek.

данильченко юрий брониславович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae