Die voorsitter van die parlementêre komitee oor mynbou, Fred Gona het ‘n beroep op mynbase gedoen om hulle te weerhou van hy genoem het, die ondermyning van die kollektiewe bedingingsproses en die Mynbouhandves.
Gona het tydens ‘n parlementêre debat oor die huidige krisis in die mynbedryf en die uitwerking daarvan op die ekonomie gesê mynbase behoort nie buite die onderhandelingstrukture verhogings aan te bied en toe te staan nie. Hy sê die prosesse moet binne vasgestelde kollektiewe bedingingstrukture plaasvind.
Gona het ook die salarisse van hoof uitvoerende beamtes van mynmaatskappye as obseen beskryf as dit met die salarisse van mynwerkers vergelyk word.
Hy sê mynwerkers se salarisse is rondom vier duisend rand per maand, terwyl hoof uitvoerende beamptes tot 37 miljoen rand per jaar verdien. Hy sê die groeiende gaping tussen werkers en bestuur is ‘n bron van groot kommer.
