Die 2011-sensus toon ‘n afname in ses van die 11 amptelike tale, en taalkundiges waarsku dat versuim om in huistale te leer sal lei tot volgehoue mislukkings by skole en universiteite.
Terwyl die meeste inheemse tale ‘n afname in gewildheid getoon het, het Afrikaans, Engels en Ndebele toegeneem, met 9,6%, 13,5% en 2,1% van die bevolking wat hierdie tale onderskeidelik gebruik.
Zoeloe en Xhosa is steeds die gewildste tale, met 22,7% (11.5 miljoen mense) en 16% (8 miljoen mense) van die bevolking praat dit onderskeidelik. Die aantal wittes en Indiërs wat Zoeloe praat het toegeneem.
Hoewel die afname in gewildheid van Afrikaans in die Noord-Kaap en Wes-Kaap duidelik is, is Afrikaans steeds is die derde mees gewilde taal.
Engelse taalsprekers het van 3.7 miljoen in 2001 toegeneem tot 4.9 miljoen.
Thwala het gesê Suid-Afrika se tragedie is dat selfs al praat so baie mense inheemse tale vlot, dat kinders nie in hulle geleer word nie.
“Ons het basies bekende feite geïgnoreer – as jy wil leer moet jy dit doen in jou moedertaal. As ons dit nie doen nie, sal Suid-Afrika voortgaan om hoë druipsyfers in skole en universiteite te ervaar,” het hy gesê.
Tale weerspieël die magsdinamika van ‘n land, het Thwala gesê.
“Mense praat ‘n taal vir ‘n rede. Toenames en afnames toon watter tale mense nuttig vind, ongeag of hulle hul eerste taal praat of nie.”
Terwyl die toenames nie verbasend is nie, is die veranderinge wel, het Thwala gesê.
“Die gewildheid van Zoeloe en Xhosa is verstaanbaar. Mense hoor Zoeloe meer as ander tale, dus is daar ‘n groter verwagting om dit te praat.”
Navorsing het getoon dat Zoeloe, die mees erkende van die Ngoeni-tale, by verre die meeste versoek word deur mense wat ‘n inheemse taal wil aanleer, het hy gesê.
Terwyl die toename in Afrikaans verrassend is, wys dit dat sodra ‘n taal ‘n voordeel inhou, is dit moeilik is om te ondermyn. Die voordeel wat Afrikaans inhou mag wees dat Afrikaanse skole oorwegend wit gebly het en dat wit ouers dit daarom verkies om hul kinders na sulke skole te stuur.
“Sosiale ingenieurswese om tale te bevorder of te ondermyn, werk nie.
“Dit is duidelik uit fanakalo, wat, hoewel dit nie amptelik is nie, veral op die myne gebruik word.”
