Suid-Afrika se geskiedenis moet herskryf word om die nagevolge van kolonialisme op intellektuele produksie reg te stel, het Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, gesê.
“Die geskiedenis van SA moet nie net herskryf word nie… maar moet ook ondersoek en in die eerste plek opgeskryf word,” het hy tydens ‘n toespraak in Kaapstad gesê.
“Groot gedeeltes van hierdie geskiedenis is nog nie vertel nie, of word in ‘n baie eensydige wyse vertel.”
Hy het by die aankondiging van SA History Online se studente-internskapprogram gepraat.
Nzimande het bygevoeg dat geestes- en sosiale wetenskapvakke nie genoeg waardering kry nie, aangesien die gemeenskap al hoe meer materialisties raak.
