Hoewel inkomstegapings groot is, het dit hom nie verbaas nie.
“Dit bevestig ons ergste vrese en ek dink dit skep ‘n enorme uitdaging…,” het Manuel aan verslaggewers in Kaapstad gesê.
Die sensus het gewys dat die gaping in inkomste tussen wit en swart huishoudings steeds baie hoog is.
Swart huishoudings het in 2011 ‘n gemiddelde inkomste van R60 613 gehad.
In vergelyking hiermee het wit huishoudings gemiddeld ses keer meer verdien, met ‘n verdienste van R365 134 per jaar.
Huishoudings waar die vrou die hoofbroodwinner is, het ook swak gevaar. Dié huishoudings het ‘n gemiddelde inkomste van R67 330 gehad, vergeleke met die R128 329 vir huishoudings met mans as die hoofbroodwinner.
Manuel het gesê dis belangrik dat die staat, sake-ondernemings en burgerlike organisasies dié data in hulle beplanning gebruik.
‘n Geraamde 28,4% van die bevolking het Graad 12 voltooi, vergeleke met ‘n totaal van 20,4% in 2001.
Die persentasie mense wat die een of ander vorm van sekondêre onderrig voltooi het, het van 30,2% in 2001 tot 33,8% in 2011 gestyg.
‘n Geraamde 8,6% van die bevolking het geen skoolopleiding hoegenaamd nie. Dié syfer is heelwat laer as in 2001, toe dit op 17,9% gestaan het.
“Daar is in Limpopo ‘n relatief hoë persentasie mense van 20 jaar en ouer met geen skoolopleiding nie (17,3%), gevolg deur Mpumalanga (14%),” lui die navorsing.
Dit is sowat 7 miljoen meer mense as wat in die vorige sensus, in 2001, getel is.
Die dokument wys daar was op 9 Oktober verlede jaar – die dag van die sensus – om middernag 51 770 560 mense in die land, in vergelyking met 44 819 778 wat tien jaar gelede getel is.
Volgens die sensus is daar ook meer vroue as mans. Sowat 25,2 miljoen van die bevolking is manlik en 26,6 miljoen is vroulik.
Die uitslae toon ook dat Gauteng – die kleinste provinsie in die land – die mees bevolkte provinsie, met 12,3 miljoen mense, is. Die grootste konsentrasie Afrikaners woon in Gauteng, die rykste provinsie.
In teenstelling het Suid-Afrika se grootste provinsie – die Noord-Kaap – die kleinste bevolking, met 1,1 miljoen mense. Wat ras aanbetref het byna agt uit tien mense hulself as swart beskryf. Volgens die sensus is daar ook meer vroue as mans. Sowat 25,2 miljoen van die bevolking is manlik en 26,6 miljoen is vroulik.
