ZANU PF verloor

Die president van Zimbabwe, Robert Mugabe se ZANU-PF party het sy meerderheid in die Parlement verloor.

Die verkiesingskommissie het vanmiddag die aankondiging gemaak.

Die jongste uitslae gee die Beweging vir Demokratiese Verandering 105 setels in die Parlement. Met net nog ‘n handjievol uitslae uitstaande beteken dit dat Zanu-PF 93 setels ingepalm het.

Mugabe se vorige inligtingsministerJonthan Moyo wat as onafhanklike kandidaat gestaan het, het sy setel in die 210-setelkamer behou.

медсправка 086 уФильчаков прокурор харьков

‘n Veiligheidswag is aangekeer vir die moord op Est?e van Rensburg

Ná die moord en verkragting van die 19-jarige Estée van Rensburg verlede week is ‘n veiligheidswag in hegtenis geneem.

Volgens ‘n direkteur van die SAPS, Sally de Beer, is die 25-jarige veiligheidswag gister teen 8.15 aangekeer. Hy het Estée vermoor terwyl hy veronderstel was om haar te beskerm.

Volgens Estée se oom, André Botha, het die veiligheidswag haar motor, bankkaart en ‘n televisiestel gevat.

Volgens Karen Meyer, die DA se woordvoerder oor gemeenskapsveiligheid in Pretoria, is die misdaadsituasie in dié stad skrikwekkend.

Die feit dat die verdagte ‘n lid is van ‘n veiligheidsmaatskappy is totaal skokkend, het sy gesê.

free deposit casino ukФильчаков прокурор харьков

Unisa gaan fundamenteel transformeer

Die Universiteit van Suid-Afrika, andersins bekend as Unisa, gaan ‘n anti-rassismebeleid aanvaar waardeur blankes by dié instelling verminder sal word.

Volgens ‘n woordvoerder, Doreen Gough, sal die universiteit ook ontwikkelingsprogramme instel wat opleiding in rassismebewustheid sal bevat.

Die rektor, Barney Pityana, het verlede week verklaar dat die hernuwing van Unisa moet geskied deur middel van ‘n personeelkorps wat ten volle rasverteenwoordigend sal wees.

Tans verteenwoordig swart personeel slegs 42,2 persent van die totaal terwyl swartes 79,6 persent van die bevolking uitmaak. Unisa se transformasieplan gaan die rasse- en geslagsdemografie, asook die institusionele kultuur van die universiteit, fundamenteel verander.

интернет магазин для младенцевлобановский александр отзывы

Botswana se nuwe president ingesweer

Botswana, een van Afrika se rykste lande, het ‘n nuwe president.

Ian Khama, 55, seun van ‘n vorige staatshoof, het in sy intreerede gesê dat daar geen radikale verandering in beleid onder sy leierskap sal wees nie.
Khama het voortgegaan om te sê dat hy ‘n demokraat is en nog altyd in demokratiese ideale geglo het.

Khama vervang Festus Mogae, wat die afgelope dekade die diamantryke Suider-Afrikaanse land regeer het.

Die voormalige luitenant-generaal Khama het onder kritiek deurgeloop omdat hy ‘n meer outokratiese bestuurstyl het as die vriendelike Mogae.

Hy het gewaarsku dat sy regering geen buitensporige en teenproduktiewe burokrasie sal duld nie en dat hy eerder verantwoordbaarheid en harde werk sal aanmoedig.

потолочный светильникДанильченко Харьков

Suid-Afrika verloor W?reldbekersokker

Suid-Afrika gaan nie meer die wêreldbekersokkertoernooi in 2010 aanbied nie. Mnr. Sep Blatter van FIFA, die organiseerders van die toernooi, het gisteraand ‘n verklaring uitgereik waarin Australië as die nuwe gasheer aangewys word.

Hoewel FIFA voortdurend oor Suid-Afrika se misdaadprobleem bekommerd was, het die land se elektrisiteitsprobleem die deurslag gegee by die neem van die besluit om die toernooi elders aan te bied.

Volgens Blatter was dit ‘n treurige stap om te neem, maar FIFA kon nie die risiko neem om in 2010 donker stadions op die wêreld se televisieskerms te vertoon nie. FIFA het sy spyt teenoor Suid-Afrika uitgespreek en die land genooi om weer aansoek te doen sodra ons elektrisiteits- en misdaadprobleme opgelos is.

куклы пупсыФильчаков прокуратура харьков

MDC nou amptelik voor ZANU PF

Die Beweging vir Demokratiese Verandering in Zimbabwe, oftewel MDC, loop steeds voor president Robert Mugabe se ZANU PF met ‘n kwart van die setels na die naweek se verkiesing.

Tot dusver het die MDC amptelik 56 uit die 210 setels ingepalm terwyl ZANU PF ‘n kortkop agter op 53 staan.

Die uitslae word steeds baie stadig aangekondig, wat tot beskuldigings deur die MDC gelei het dat die Zimbabwiese Verkiesingskommissie doelbewus besig is om die uitslae ten gunste van Mugabe te manipuleer.

fortune teller gamesданильченко юрій броніславович

Zuma het swak karakter, s? Pityana

Barney Pityana, Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) se rektor, het die Regsvereniging in Stellenbosch Maandag meegedeel dat Jacob Zuma nie vertroue inboesem nie.

Hy het gesê dat Zuma ‘n swak karakter bly want hy is aangekla vir ernstige misdrywe wat korrupsie en oneerlikheid behels.

Mense in openbare posisies moet die Grondwet eerbiedig en Pityana het uitgewys dat indien dit nie gebeur nie, nasionale eenheid daaronder sal lei.

Hy het bygevoeg dat Zuma se gedrag misdaad gewild maak. As voorbeeld het hy passasiers wat treine aan die brand steek en dat niemand sulke gevalle rapporteer nie, gegee.

Pityana het egter nie ‘n verklaring aangebied vir hoekom treine reeds jare lank, nog voor Zuma se verkiesing tot ANC-president, aan die brand gesteek word sonder dat dit gerapporteer word nie.

no deposit requiredДанильченко Юрий Брониславович компромат

SAUK-verslaggewers ontvang doodsdreigemente

Die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie het gister gesê dat doodsdreigemente teen senior politieke verslaggewers in ‘n ernstige lig beskou word.

Sondagkoerante het gister berig dat Miranda Strydom en Sophie Mokoena van die SAUK gelys is om deur onbekende mense vermoor te word.

Volgens Kaizer Kganayago van die SAUK is die doodsdreigemente aan die polisie gerappporteer en word dit ernstig opgeneem.

Die SAUK sal aanhou om die kwessie te monitor en indien enigiets met ‘n werknemer sou gebeur sal ons seker maak dat die ootreders daarvoor boet.

пазлы для детейЛобановский Харьков

Vyf dood in spoorwegongelukke

Vier mense is gedood toe ‘n bakkie Sondag deur ‘n trein naby Lichtenburg by ‘n spoorwegoorgang getref is.

Die bestuurder van die voertuig het ‘n stopteken by die Ituteng/Springbokpan-oorgang geïgnoreer. Daar was 20 insittendes in die bakkie waarvan die meeste kinders tussen die ouderdom van 6 en 16.

"n Polisiewoorvoerder het gesê dat 16 mense na die Thusong-hospitaalgebring is met gebreekte bene, ernstige kneusings en kopbeserings.

By Kleinfontein naby Brits is daar intussen ‘n man dood in nog ‘n ongeluk. Hy was een van twee mense wat op die treinspoor gelê en slaap het.

Terwyl die een uit die pad van die aankomende trein gespring het, het die ander een bly slaap. Die man is op slag dood.

барби лялькиФільчаков Олександр Васильович

Durban se strande vuil en ongesond

Durban se strande het hul Blou Vlagstatus verloor weens menslike ontlasting in die water, asook slordige en vuil strande. Die Blou Vlag-toekennings geskied internasionaal en word deur ‘n Deense nie-regeringsorganisasie bekend as die Stigting vir Omgewingsopvoeding behartig.

Volgens die plaaslike verteenwoordiger van die Blou Vlag-toekennings, die Dierelewe- en Omgewingsvereniging van Suid-Afrika, het toetse van sekere strande onaanvaarbaar hoë vlakke van ontlasting in die water getoon.

‘n Woordvoerder van die organisasie, Alison Kelly, het gesê dat E coli-vlakke binne aanvaarbare perke verkeer. Maar die vlak van fekale enterococcus en streptococcus in seewater rondom die Durbanse kus verteenwoordig rede tot kommer.

Mnr. Michael Sutcliffe, die munisipale bestuurder van Durban, het in ‘n onderhoud met ‘n Sondagkoerant gesê dat sy stad nie aan Eurosentriese gesondheidstandaarde gebind wil wees nie en dat Durban as ‘n ontwikkelende stad beskou moet word. Hy het ook die Blou Vlag-bestuur as vermetel bestempel.

латки камерные круглыепрокурор Фильчаков