Winnie skel Mandela en Tutu

Winnie Madikizela-Mandela het verbitterde uitlatings oor Nelson Mandela gemaak in ‘n onderhoud wat hierdie week in die London Evening Standard gepubliseer is.

Sy het gesê Suid-Afrika se eerste demokraties verkose president, wat ook haar voormalige eggenoot was, ‘n “korporatiewe basis” geword het wat “uitgestal word om geld te maak.”

Madikizela-Mandela het ook vir Aartsbiskop Emeritus Desmond Tutu ‘n “idioot” genoem in die onderhoud met Nadira Naipaul, wat saam met haar man, die skrywer VS Naipaul, in Soweto kuier.

“Mandela het ons teleurgestel,” het Madikizela-Mandela gesê.

“Sy bydrae was ‘n swak ooreenkoms vir swartmense. Ekonomies staan ons steeds aan die buitekant.

“Die ekonomie is steeds meestal ‘wit’. Daar is ‘n paar swartmense wat op grond van hul meeloperstatus gekies is, maar so baie wat hulle lewe in die struggle gegee het, het sonder beloning gesterf,” het Madikizela-Mandela gesê in die onderhoud wat op www.standard.co.uk gepubliseer is.

Sy het ook gesê Mandela het geen beheer meer oor die ANC nie en dat hy net deur die Nelson Mandela-fonds gebruik word om geld in te samel.

Sy het gesê dat ander ook swaargekry het – dat Mandela nie die enigste een was nie.

“Hierdie naam Mandela is ‘n albatros om die nekke van my familie. Julle moet almal besef dat Mandela nie die enigste man was wat swaargekry het nie.”

Madikizela-Mandela het hom verder gekritiseer omdat hy die Nobelprys vir vrede in 1993 saam met FW de Klerk gaan haal het.

“Ek kan hom nie vergewe dat hy die prys saam met FW de Klerk, wat hom in die tronk geplaas het, gaan afhaal het nie. Hand aan hand het hulle gestap.”

настенно потолочные светильники odeonтопкарго развод

Malema sal ‘arrestasie verwelkom’

Julius Malema, die president van die ANC-jeugliga, sê as enigiemand kan bewys dat hy iets verkeerd gedoen het, hulle hom in hegtenis kan neem.

“Ek is nie bo die wet nie. As ek enigiets oortree het, vra ek om in hegtenis geneem te word,” het hy Dinsdag aan studente by die Universiteit van Johannesburg gesê.

Malema het vorige verklarings herhaal waarin gesê is dat hy nog nooit van die armes gesteel het nie en dat hy R140 miljoen, wat glo in sy bankrekening is, aan die minderbevoorregtes sal gee.

“As ek R140 miljoen het, vat die geld en nasionaliseer dit,” het hy gesê in verwysing na sy oproep om die land se myne te nasionaliseer.

“Ek gee vir julle toestemming om alles anders wat julle in daardie rekening kan vind te neem en dit aan die armes te gee.”

Volgens Malema is die “aanval” teen die jeugliga nie ‘n gewone aanval nie.

Malema het ook gesê dat ‘n leefstyl-oudit nie ‘n konsep is wat deur Cosatu se sekretaris-generaal, Zwelinzima Vavi, uitgedink is nie.

Dit is ‘n beleid wat die Skerpioene  gebruik het en tans maak die die Suid-Afrikaanse Inkomstediens daarvan gebruik.

“Hoekom moet ons ‘n leefstyl-oudit deurmaak?”

“As jy ‘n slang wil doodmaak, slaan dit hard op die kop, dit is wat hulle met my wil doen.”

video slot machinesФільчаков Олександр Васильович прокурор

Swart jaagduiwels dood vier in Soweto

Twee swart mans wat vier tieners doodgemaak het omdat hulle na bewering op straat in Soweto resies gejaag het, sal na verwagting vandag in die Protea-landdroshof verskyn.

Die swartes, waarvan een ‘n bekende hiphop-kunstenaar is, was besig om in Mini Coopers resies te jaag op die pad tussen Protea Glen en Protea-noord toe hulle in die vier seuns ingeploeg het wat ná skool saam met vriende op pad huis toe was.

Die tieners, waarvan die ouderdomme tussen 17 en 19 wissel, is op die toneel gedood toe die twee Mini Coopers met mekaar gebots het.

‘n Woordvoerder vir die Metropolisie, Edna Mamonyane, het gesê: “Dis ‘n tweerigtingstraat en een van die motors het in die ander baan gery, in die baan van die aankomende verkeer, parallel met mekaar.”

Toe ‘n aankomende motor vanuit die ander rigting verskyn, het die bestuurder gepoog om terug in die regte rigting te swaai en in die Mini waarmee hy resies gejaag het, vasgery.

“Hulle het albei op die sypaadjie gery en in die vier jong seuns ingeploeg wat nog in hul skoolklere was,” het Mamonyane gesê.

Die twee jaagduiwels sal teregstaan op aanklagte van strafbare manslag, asook nalatige en roekelose bestuur.

Die plaaslike raadslid en leier van die Inkatha-Vryheidsparty in Soweto, Dlangezwa Mvelase, het gesê die gemeenskap is “baie kwaad” oor die dood van die vier seuns.

“Die reg moet sy gang gaan met mense wat ligsinnige speletjies op die paaie speel en daardeur onskuldige kinders doodmaak,” het Mvelase gesê.

сухая смесь для кладки кирпичаФільчаков Олександр Васильович

750 dakloos na brand in Sandton

Minstens 750 mense is dakloos gelaat ná ‘n gebou wat hulle onwettig beset het, in Marlboro, Sandton aan die brand geslaan het.

Percy Morokane, ‘n woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, het Maandag gesê die mense het plakkershutte in die verlate fabriek op die hoek van Derdestraat en Vierdelaan gebou.

Die oorsaak van die brand word nog ondersoek.

“Ons is nie seker wat die brand veroorsaak het nie, maar daar word vermoed dat ‘n kers omgeval het.”

Daar was sowat 180 plakkershutte in die gebou.

“Meeste van die mense was van buurlande.”

Niemand is dood nie en geen beserings is aangemeld nie.

“Ons sal kyk of ons die mense met alternatiewe behuising kan help,” het Morokane gesê.

электропечь дляФильчаков Александр Васильевич

‘Swak kommunikasie lei tot plaasmoorde’

Nathi Mthethwa, minister van polisie, het Maandag by AgriSA se Misdaadkonferensie in Centurion gesê arbeidskwessies en swak kommunikasie tussen boere en plaaswerkers lei tot plaasmoorde.

Hy het gesê politiek en by implikasie rassevooroordeel speel geen rol by plaasaanvalle nie.

“Mense moet regtig sensitief wees as hulle uitsprake maak oor misdade, veral dié wat ondersoek word. As dit ‘n moord was, is dit net ‘n misdaad, klaar!”

Benewens arbeidskwessies en swak kommunikasie tussen boere en plaaswerkers, het hy ook die die huur van buitelanders, wat die land onwettig binnekom, as van die grootste probleme uitgelig.

André Botha, die voorsitter van AgriSA se veiligheidskomitee, het gesê hy betwis die minister se stellings. “Ek wil dit kategories stel dat die grootste aantal van plaasaanvalle nie weens swak kommunikasie tussen boere en plaaswerkers plaasvind nie. Ons navorsing dui ook nie aan dat die indiensneming van buitelanders op plase grootliks daartoe lei nie!”

Nthethwa sê sy departement huiwer om te reageer oor plaasaanvalle nie, want dit is ‘n sensitiewe saak. “Dit is ‘n baie netelige saak, en daarom het ek en my departement ons nog nie daaroor uitgespreek nie.”

Volgens die polisie se statistiek het daar tussen 1997 en 2007 altesaam 2 148 moorde op plase in Suid-Afrika voorgekom.

Mthethwa sê polisieverslae van 2003 het aangedui dat die meeste van die moorde onder plaaswerkers of gaste van hulle plaasgevind het. “Die misbruik van alkohol is ‘n groot probleem,” het hy gesê.

games casinoпрокурор харьковской области

Slenkdalkoors versprei

‘n Boer is dood en sewe gevalle van die gevreesde slenkdalkoors is in die Vrystaat en die Noord-Kaap aangemeld, het die adjunkminister van gesondheid Maandag gesê.

“‘n 45-jarige man wat op 26 Februarie in die hospitaal opgeneem is, is ‘n dag later dood ná slenkdalkoors by hom gediagnoseer is,” het Molefi Sefularo in ‘n verklaring gesê.

“Die ses ander wat die virus het, word in die hospitaal behandel.”

Dié virus het sowat 1 000 veediere sedert die uitbreek daarvan in Brandfort, Soutpan en Wesselsbron geaffekteer.

Volgens Agriwiki is slenkdalkoors ‘n erge virussiekte wat hoefdiere soos skape, bokke en beeste aantas.

Diere word aanvanklik besmet as hulle deur muskiete wat die virus dra, gebyt word.

Hierna word die diere direk besmet omdat hulle blootgestel word aan geaborteerde fetusse en besmette materiaal.

Sefularo het gesê 15 plase het veevrektes weens dié  virus aangemeld.

Mense wat in direkte kontak met besmette diere kom deur byvoorbeeld die hantering van karkasse, nageboortes en veral bloed kan griep-verwante simptome ontwikkel soos hoofpyn, liggevoeligheid, spier- en gewrigspyn.

карданный светильниклобановский супермаркет класс

Zuma stel lys van sy belange op

President Jacob Zuma het begin om ‘n lys van sy belange op te stel en is gereed om dit te verklaar indien dit van hom vereis word, het sy woordvoerder Vincent Magwenya Maandag gesê.

“Mense moet ook weet dat die president, terwyl hy op terugvoering van sy regspan wag, ‘n voorlegging laat voorberei het, sou daar beslis word dat hy iets moet verklaar,” het Magwenya aan Sapa gesê.

Die DA het Maandag aangedui hulle gaan die Openbare Beskermer vra om ‘n ondersoek te loods om te bepaal of Zuma afdeling vyf van Die Wet op die Etiek van Lede van die Uitvoerende Gesag van 1998 oortree het, deur nie sy belange binne 60 dae vandat hy in Mei verlede jaar as president verkies is, verklaar het nie.

Magwenya wou dit onomwonde stel dat Zuma “deur sy kantoor dit duidelik gemaak het dat hy nie sy finansiële belange verklaar het nie.”

“Dit is nie asof die president iets wegsteek nie,” het hy gesê.

“Die president is daaraan toevertrou om ‘n deursigtige, oop administrasie te bestuur en dit is hoekom hy aan die Sunday Independent gesê het dat hy nie sy finansiële belange verklaar het nie.

“As die president iets weggesteek het sou hy nie so ‘n oop en direkte antwoord gegee het nie,” het Magwenya gesê.

Zuma wou glo sy belange verklaar, maar daar was verskeie opinies in sy kantoor oor of dit van hom vereis word.

Michael Hulley, Zuma se regsverteenwoordiger, is besig om die saak te hanteer.

Die belange van sy groot gesin en afhanklike kinders moet verklaar word. Zuma het drie vroue en 20 kinders.

“Die proses is reeds onderweg en hy wil dit so gou moontlik afhandel,” aldus Magwenya.

гигиена зубовФільчаков Олександр Васильович

Regering minagtend oor plaasmoorde

“Die minister van Polisie, mnr. Nathi Mthethwa, se opmerking by ‘n konferensie van AgriSA, dat die Polisie plaasmoorde as net gewone misdaad beskou, bevestig dat die regering minagtend is teenoor plaasmoorde. Die Polisie is vinnig om sekere misdade, soos transito-rooftogte en die opblaas van kitsbanke, as prioriteitsmisdade te beskou en dan sterk teenoptredes te beplan. Hoekom word hierdie misdade dan nie net as gewone misdaad beskou nie? Die minister en die regering skram weg van plaasmoorde, juis omdat daar ‘n sterk element van rassisme betrokke is,” sê mnr. Pieter Groenewald(LP), hoofwoordvoerder oor Polisie van die Vryheidsfront Plus.

“Die wreedheid waarmee veral plaasmoorde gepleeg word, is skokkend. Boere word keelaf gesny, gemartel met kookwater ensovoorts. Boere in Suid-Afrika is die groep waaronder die meeste moorde plaasvind, gemiddeld 313 uit elke 100 000, en dan eers wetstoepassers, soos lede van die Polisie, waar die syfer 153 uit 100 000 is. Die komitee wat plaasmoorde  in 2003 ondersoek het, het toe reeds bevind dat die kanse dat die slagoffer in ‘n plaasaanval beseer sal word, twee maal so groot as in transito-rooftogte is. Die kanse dat die slagoffer sal sterf is drie maal so groot as in transito-rooftogte. As die Polisie transito-rooftogte as ‘n prioriteit kan beskou, des te meer behoort plaasmoorde as prioriteit beskou te word,” het Groenewald gesê.

“Die kommando’s is afgestel met die belofte dat daar nie ‘n vakuum in beveiliging sal ontstaan nie. Sektorpolisiëring is ingestel, maar is ‘n mislukking. Die Polisie hou sedert 2007 ook skielik nie meer rekord van plaasmoorde en plaasaanvalle nie. ‘n Verslag deur die Sentrum vir die Studie van Geweld en Versoening oor die ondersoek na die redes van wreedheid van geweldsmisdade is verlede jaar Augustus reeds voltooi, maar Mthethwa maak nie die verslag bekend nie. Dit is duidelik dat die regering die boere van Suid-Afrika gefaal het,” sê Groenewald.

new young fashonтопкарго отзыв

Kindermolesteerder se slagoffer hang haarself

‘n Slagoffer van die veroordeelde kindermolesteerder Cézanne Visser het oor die naweek haarself in Botswana aan ‘n boom gehang, het Beeld Maandag berig.

Jeannine du Plessis (21) se lyk is Sondagoggend in ‘n oop veld gevind.

“Dit is alles Cézanne en Dirk se skuld,” het haar pa, Pieter de Plessis, aan Beeld gesê.

“Ek is hartseer.”

Du Plessis, wat ‘n 15 maande oue baba gehad het, het gesukkel met ‘n heroïenverslawing en was in rehabilitasie.

Sy het gesukkel met onttrekkingsimptome, het haar ma, Marie du Plessis, gesê.

“Sy het self in die hof gesê dat as dit nie vir Cézanne was nie, sou sy nooit dwelms begin gebruik het nie,” het Marie du Plessis gesê.

Jeannine du Plessis was in Botswana saam met die pa van haar kind. Hy was blykbaar vir kontrakwerk daar.

Visser, wat ook bekend is as advokaat Barbie, is in Februarie tot sewe jaar tronkstraf gevonnis nadat sy skuldig bevind is op elf seksverwante aanklagtes.

Du Plessis was een van die kinders van ‘n kinderhuis wat Visser na Dirk Prinsloo, Visser se voormalige kêrel, se huis gelok het.

Regter Chris Eksteen het beslis dat Visser se besoeke aan die kinderhuis fyn beplan was en dat sy die inisiatief geneem het om die kinders te kry wat sy en Prinsloo “onmenslik uitgebuit het.”

Al drie kinders was blootgestel aan pornografiese videos en tydskrifte.

Hulle moes aanskou hoe Visser en Prinsloo beide orale seks en seks het.

Die hof het gehoor hoe Du Plessis bedwelm is nadat sy ‘n koppie Milo wat aan haar gegee was, gedrink het.

Toe sy die volgende oggend wakker word het sy nie haar onderklere aangehad nie.

шиномонтажное оборудование для грузовиковлобановский класс

Paramedici gereeld teiken van aanvallers

Paramedici van Stasie 21 weier om uit te gaan na Durban Deep in Roodepoort nadat twee vroulike ambulansbestuurders Vrydagaand verkrag en onsedelik aangerand is.

Kollegas van die twee slagoffers wat by Stasie 21 gestasioneer was, is steeds ontsteld oor die voorval.

Hoofkantoor het vroeër die versekering gegee dat die ambulansdiens sal volhou om Durban Deep te bedien, maar Stasie 21 hou voet by stuk.

Die twee vroue is aangerand en verkrag nadat hulle uitgeroep is om ‘n tweejarige met geringe brandwonde te gaan behandel.

Durban Deep is ‘n mengsel van plakkers en laekoste woonstelle met onbegaanbare paaie.

Drie gewapende mans het die vroue oorval terwyl hulle besig was om die kind te behandel. Die kind is nie in die voorval beseer nie.

Nooddienstepersoneel kla dat regeringsambulanse gereeld aangeval word in swart woongebiede. Klippe word na hulle gegooi en hulle word aangerand, veral op Saterdae en Sondae.

Personeel kla ook dat hulle dikwels van polisiebegeleiding moet gebruik maak om swart gebiede binne te gaan wat die reaksietyd met ‘n uur kan verleng.

все для бани и сауныалександр лобановский класс