Kategorie: Nuus
Verlore goud ontdek
Springbokke span van die jaar?
Die SPRINGBOKKE kan dalk vandag as die wêreldspan van die jaar verkies word. Die SPRINGBOKKE is een van die benoemde spanne wat ‘n kans staan om die 2008 LAUREUS wêreldspan van die jaar toekenning te verower. Die span is een van die gunsteling spanne nadat hulle die Rugby wêreldbeker huistoe gebring het. Die LAUREUS Sportakademie sal die toekenning uitreik. Dit is ‘n organisasie wat uit drie en veertig sportpersoonlikhede bestaan. Die springbokke is ook geprys vir bydraes wat individuele spelers gemaak het. Die kollig het op PERCY MONTGOMERY, BRYAN HABANA en FRANS STEYN geval. Die kampioenskappe liga-wenner AC MILAN, krieket se wêreldbekerhouers, AUSTRALIë , die FERRARI Formule een span, die DUITSE vroue sokkerspan, die sokkerspan uit IRAK asook ‘n span van ASIë is benoem vir die toekenning. SUID-AFRIKA se parapleeg-atleet OSCAR PISTORIUS kan dalk in die kategorie – Deurbraak van die Jaar- bekroon word. Hy was op die atletiekbaan in ROME en in ENGELAND.
12 mak donkies geskiet
Dierewelsynsorganisasies is geskok oor 12 mak donkies wat vermoedelik deur veediewe geskiet en geslag is. Oorblyfsels van die karkasse is deur ‘n familielid van die donkies se eienaar gevind. Die eienaar is van ROBERTSON maar verkies om naamloos te bly. Die donkies het in oop veld langs die hoofpad op ‘n plaas tussen SWELLENDAM en BREDASDORP gewei. WES–KAAP polisiesegsman ANDRE TRAUT sê BREDASDORP se veediefstaleenheid het op dieselfde dag ‘n klagte oor veediefstal van die plaas Soutpansvlakte ontvang. TRAUT sê die koppe en hoewe van die donkies is op die toneel gelaat maar die karkasse is verwyder. Twee mans van BREDASDORP is na ‘n ondersoek in hegtenis geneem.
ANC-regering wil 5m hektaar grond koop
Zim-inflasie op 66 000%
Sekuriteitswagte skiet 4 gewapendes
Skerpioenekwessie kan in Grondwethof beland
Indiese premierliga kan krieket hupstoot gee
Pikoli doen voorlegging aan kommissie
Die geskorsde Direkteur van Openbare Vervolgings VUSI PIKOLI het ‘n voorlegging aan die GINWALA Kommissie van Ondersoek gedoen. Dit is PIKOLI se reaksie op ‘n regerings voorlegging wat in Januarie aan die kommissie voorgelê is. Kommissiesegsman LAWSON NAIDOO sê PIKOLI se voorlegging sal bestudeer word en daarna aan die regering beskikbaar gestel word. Die regering het tot 25 Februarie tyd om op die voorlegging te reageer. NAIDOO sê GINWALA sal na ontvangs van al die voorleggings besluit of ‘n verhoor gehou moet word. Sy sal ook uitsluitsel gee of die verhoor in die openbaar of privaat gehou gaan word. Die Kommissie se verwysing is, of PIKOLI geskik is om die pos van Direkteur van die NVA te beklee en die werksverhouding tussen hom en Justisieminister BRIGITTE MABANDLA.
