Die regering gaan aanstaande jaar 5-miljoen hektaar grond aankoop. Dit in ‘n poging om 30 persent landbougrond teen 2014 in besit van swart boere te bring. Landbou Minister LULU XINGWANA sê swart boere besit tans 4.7 persent landbou grond. Sy sê die regering sal sy teiken bereik as die 5-miljoen hektaar aangekoop is. Die grond sal aan sowat 10 000 swart boere beskikbaar gestel word. XINGWANA sê die gewillige-koper, gewillige verkoper beginsel werk nie. Die Openbare Werke Minister gaan die onteieningswetgewing in die Parlement ter tafel lê, wat die proses sal verhaas. XINGWANA sê daar gaan indringend na grondeienaarskap van buitelanders gekyk word.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.