Hlope nie op kortlys

Oudregter KrieglerRegter-president John Hlophe van Kaapstad is nie op die kortlys om binnekort hoofregter van die land te word nie.

Die Geregtelike Dienskommissie, GDK, se besluit kom as ‘n slag vir die Justice for Hlophe Alliance wat die laaste paar maande probeer het om Hlope se kanse vir ‘n grondwethofaanstelling te verseker.

Hlophe se hantering van die korrupsie-aanklagte teen president Zuma het die onderhoude in Kliptown, Soweto, oorheers.

Zuma moet voor 11 Oktober vier uit die sewe kandidate op die kortlys kies.

Daar was verrassings op die lys, soos die relatief onbekende regter Mogoeng Mogoeng van Mafikeng en Regter-president Raymond Zondo van die arbeidsappèlhof in Johannesburg. Zondo is berug vir talle laatuitsprake by dié hof.

Regters Leona Theron, Johan Froneman, Mandisa Maya, Sisi Khampepe en Chris Jafta is ook op die kortlys.

Regter Ntsikelelo Poswa van die hooggeregshof in Pretoria het hom vanweë sy hoë ouderdom as kandidaat onttrek

Oudregter Johann Kriegler, voorsitter van Freedom under Law, FUL, het aan Beeld gesê Hlophe se weglating beïnvloed nie FUL se regsaksie teen die GDK nie.

паркетФильчаков прокурор отзывы

Misdaadstatistieke: Buite verhouding hoog

“Rooftogte by woonhuise is uiters kommerwekkend en het toegeneem met 27,3 % (18 438) volgens die nuutste misdaadstatistiek. As in ag geneem word dat roof by woonhuise in 2007/2008 met 13,5% (14 481) en in 2006/2007 met 26,4% (12 761) toegeneem het, het roof by woonhuise die afgelope drie jaar met 54,2% toegeneem.

Roof met verswarende omstandighede het met 2,6% (121 392) toegeneem. Hierdie tipe misdaad bedreig die publiek se lewens en is hulle in hulle eie huise nie veilig nie.

Motorkapings het die afgelope drie jaar ook elke jaar gestyg en nou weer met 5%. Oor die tydperk van drie jaar het motorkapings met 16,3% gestyg. Dit beteken mense voel onveilig om te ry.

Hierdie drie misdade bedreig die publiek se lewens en is hulle in hulle eie huise en op pad werk toe onveilig. Dit bevestig die publiek se siening dat misdaad toeneem,” sê mnr. Pieter Groenewald, hoofwoordvoerder vir Polisie van die Vryheidsfront Plus.

Die nuutste misdaadstatistiek (rou syfers) wat toon dat moord (-1,8%), poging tot moord (-2,6%) en gewone roof (-8,9%) ‘n afname toon, kan ‘n vals gerustheid skep oor misdaad in Suid-Afrika.

Die moordsyfer is nou 37,3 per 100 000 van die bevolking, maar die wêreldgemiddeld vir moord is 5 per 100 000 van die bevolking. In Suid-Afrika word steeds vyftig mense per dag vermoor en is moord steeds amper agt keer hoër as die wêreldgemiddeld. Die verkragtingsyfer (24 836) toon dat daar 68 vroue per dag verkrag word of drie elke uur. Dit maak Suid-Afrika steeds onveilig vir vroue,” sê Groenewald.

“Die Vryheidsfront Plus verwelkom die afname in ander misdade en dat die Minister onderneem het dat misdaadsyfers minstens jaarliks bekend gestel sal word. Die Vryheidsfront Plus sou verkies dat die syfers kwartaalliks bekend gestel word,” het Groenewald gesê.

для водоснабженияФильчаков Харьков

Staan-staan deur die lug

Nuwe vliegtuiginterieurontwerpe mik vir meer passasiers met minder gerief. Eenvan die kontroversiële ontwerpe wat ruimte en geld bespaar, behels passasiers wat in lang rye teenoor mekaar sit.

Howard Guy, direkteur van die Britse ontwerpmaatskappy Design Q, sê mense gaan nie gelukkig wees met die nuwe uitleg nie, maar hulle sal nie omgee om minder te betaal nie.

“Natuurlik sal passasiers vlugte kan bespreek waarop daar die tradisionele sitplekplan is, maar hulle sal vir daardie luukse moet betaal.”

Guy voorsien dat die nuwe sitplekplan 50% meer passasiers sal beteken en ‘n vermindering van 30% op die kaartjieprys.

Hy het egter toegegee dat die nuwe sitplekke nie vir langer as twee uur gemaklik sal wees nie.

Die plan sal vir kort afstande werk, “enige iets tussen 30 en 80 minute”.

Trollies met verversings sal ook nie deur die nou gangetjies gestoot kan word nie en dus sal reisigers nie iets kan geniet op die vlug nie.

‘n Ander opsie wat Ryanair ondersoek het, is vertikale plekke waar passasiers eerder staan as sit. Hulle wil die staanplekke en kroegstoeltjies agter in die vliegtuie aanbring en passiers so in staat stel om gratis te reis as die vlugtyd onder ‘n uur en half is.

Die idee om ruimte te maksimaliseer word in ander vorme van transport soos luukse privaatstralers gebruik, sê die maatskappy.

Ligter sitplekke sal minder brandstof en meer passasiers beteken.

лучшее белое виноФільчаков Олександр Васильович

Plakkers vandaliseer nuwe huise

‘n Groep plakkers het belowe om Mandela Park in Khayelitsha in ‘n “no-go” sone te omskep. Hulle word aangekla omdat hulle tussen 49 en 53 nuwe huise gevandaliseer het.

As die groepe vasberade is, sal dit die tweede “no-go” sone in Khayelitsha wees nadat plakkers die BT-Seksie, Erf C, toegemaak het in Lansdownestraat, in die Kaapse metropolitaanse gebied.

Die provinsiale behuisingsdepartement het beraam dat die skade wat aan die huise aangerig is in Mandela Park, net duskant R1 mijoen is.

Die plakkers het Maandag voor die beskadigde huise byeengekom nadat klagtes van openbare geweld en kwaadwillige saakbeskadiging teen van die mense laat vaar is.

Die toewysing van huise is ‘n teer punt en inwoners van Erf C sê mense van buite word bevoordeel.

Ongeveer 100 mense het Saterdag tot geweld oorgegaan nadat hulle gehoor het hulle sal net tussen 15 en 35 huise kry. LUR Bonginkosi Madikizela het hulle blykbaar vroeër ten minste 23 huise belowe, sê die plakkers wat tans by ander loseer.

Plakkers het aan die vorige LUR ,Whitey Jacobs, die versekering gegee dat hulle nie sal intrek in nuwe huise nie, maar huise wat reeds maande gelede voltooi is, staan steeds leeg.

Aktivis Loyiso Mfuku, het Madikizela vir die vandalisme blameer omdat hy sy vroeëre beloftes nie nagekom het nie.

Sanco-verteenwoordigers en die ANC se wyksraadslid sal nie in die gebied toegelaat word nie en hulle sal Mandela Park onregeerbaar maak indien daar nie na hulle griewe geluister word nie, het die plakkers gesê.

Zille het die plakkers daarvan beskuldig dat hulle nie in die tou wil staan vir huise nie en die projek wil saboteer. Die 23 mense wat gearresteer is, is dieselfde mense wat “opsetlik chaos saai”, het Zille gesê.

кардиган для девочки видеоОлександр Фільчаков прокурор

Malema rand glo polisiereservis aan

Beweringe dat Julius Malema ‘n polisiereservis aangerand het wat sy deurnagpartytjie kom bederf het, is deel van ‘n komplot wat deur Helen Zille en haar opposisie uitgedink is.

Dit was een van Malema se antwoorde op die nuus wat gister gelek is van die wilde daknatmaakpartytjie in Sandton.

Malema het buite die Johannesburgse Landdroshof aan sy aanhangers gesê hulle het geen toestemming nodig om op die sypaadjie te vergader nie. Die hofsaal waar sy haatspraakverhoor tans gehou word, is te klein en daarom mag sy ondersteuners buite vergader, het hy gesê.

“Die polisie wil toestemming hê! Watter toestemming?” Die ANC se jeugligapresident het voorts geskree dat “niemand hulle moet uitdaag nie, want dan gaan die polisie kla dat hulle aangerand word”.

Die skare het die jeugleier se dreigemente met vreugde en ‘n gelag begroet.

Hy het aan die skare gesê daar is ‘n “permanente agenda” om die leierskap van die jeugliga te ondermyn.

Malema het ook uitgevaar teen die Star-koerant wat die insident gerapporteer het omdat hulle nie die naam van die reservis genoem het in die berig nie. “Hoe kan julle so ‘n berig doen?” Hy het gesê hy reageer nie op gesiglose aantygings nie en die “spioene” van Zille blameer vir die berig.

‘n Saak van aanranding is Maandag teen Malema aanhangig gemaak by die Bramley-polisiestasie, volgens supt. Eugene Opperman.

Volgens die Star het die drank Saterdagaand gevloei by die nuwe huis in Sandown, Sandton en brullende Harley-Davidson motorfietse het die rus in die stil woonbuurt versteur.

Nadat die bure gekla het, is die partytjie 4uur die oggend deur die polisie gestaak. Maar nie voordat Malema en sy lyfwagte ‘n polisiereservis, die buurman, aangerand het nie.

Book of Fortuneлобановский александр харьков

Oliepryse tuimel agv kommer oor swak aanvraag

Oliepryse het Maandag getuimel toe die mark ongemaklik geraak het oor energie-aanvraag in Sjina, wat as ‘n sleutel tot die herstel in die wêreldwye vraag gesien word, en het toegegee aan druk van ‘n effense hoër dollar.

New York se hoofkontrak – ligte, soet ruolie vir aflewering in Oktober – het tot $69.71 gedaal, ‘n verlaging van $2.63 van Vrydag af.

In Londen het Brent Noordsee-ruolie – waarop die Suid-Afrikaanse olieprys gebaseer is – met $2.63 tot $68.69 gedaal.

“Pryse het vanoggend onder druk gekom oor sorg aangaande die robuustheid van die wêreldwye ekonomie en die aanvraag vir diesel in Sjina,” het Barclays Capital in ‘n kennisgewing aan kliënte gesê.

“Hierdie vrese is aangedryf deur Sinopec se opmerking oor dieselaanvraag wat steeds agterweë bly, met Sinopec se brandstofverkope wat laer is jaar-teen-jaar tot dusver vanjaar,” sê hulle.

Maar Barclays-ontleders het voorspel dat Sjinese dieselaanvraag in die komende maande sal verbeter as gevolg van ‘n voorraadheraanvulling deur Amerikaanse kleinhandelreuse wat ‘n aanstuurgevolg op Sjina sal hê vanweë verbeterde handel.”

для диагностикиОлександр Васильович Фільчаков

Rap-sanger vasgetrap oor moord op pastoor

As ‘n Rap-sanger homself deur sy lirieke in gruwelmoorde verlustig, is dit beter om hom ernstig op te neem. Dít is die mening van lede van die Virginia Polisiemag in die VSA nadat hulle ‘n Rap-kunstenaar gearresteer omdat hy vermoedelik ‘n pastoor en drie ander mense in ‘n moordkoors doodgemaak het, nadat hy een deur die gemeenskapsnetwerk, MySpace, met hulle kontak gemaak het.

Richard McCroskey, 20, wie se verhoognaam Syko Sam is, is oor die naweek van die moord op Mark Niederbock, ‘n pastoor, en drie ander mense aangekla. Die pastoor se dogter, Emma, het hom op MySpace bevriend.

Die polisie het die ontbindende liggame in die huis van Niederbock se vervreemde vrou, Debra Kelly, in Farmville, Virginia, ontdek na ‘n oproep van ‘n vrou dat sy vir vier dae nie van haar dogter gehoor het nie.

Die polisie is van mening dat McCroskey en Emma Niederbrock deur MySpace vriende geword het. McCroskey se grusame lirieke is bewaarheid toe hy op die 6de September Virginia toe gevlieg het om haar te onmoet. Daarna het hy haar en drie ander vermoedelik in haar huis vermoor.

Op sy MySpace-blad beskryf McCroskey homself as ‘n aanhanger van sogenaamde “horrorcore”-Rap, waarin geweld verheerlik word deur lirieke wat met hip-hop ritmes begelei word. Hy het self “liedjies” met sulke lirieke soos “Ek het baie mense doodgemaak en ek maak hulle regtig stadig dood. Dit is die beste gevoel om hulle laaste asem te aanskou,” opgelaai.

Rap is ‘n vorm van primitiewe musiek wat gewild is in die swart ghettokultuur van Amerika.

машины на радиоуправлении купитьданильченко юрий брониславович прокурор

Vanuit Afghanistan se tronke word terreur beplan

Militantes van die Taliban en al-Kaida gebruik beknopte tronke in Afghanistan as ‘n veilige vesting om aanvalle te beplan en om werwing te doen, waarsku die hoogste Amerikaanse bevelvoerder in Afghanistan in ‘n verslag aan President Barack Obama.

“Daar is meer insypelaars per vierkante voet in korrektiewe instellings as op enige ander plek in Afghanistan,” beweer die vertroulike verslag wat deur die Washington Post in die hande gekry en gister gepubliseer is.

In sy strakke feiteoorsig, wat ‘n pleidooi vir meer Amerikaanse troepe insluit, stel Generaal Stanley McChrystal ‘n oordoen van hoe die Amerikaanse militêre magte en die Kaboel-regering insurgente hanteer.

Hy het ‘n beroep gedoen dat ekstremiste van meer gematigde gevangenes geskei word en vir die oprigting van ‘n Amerikaanse taakmag wat “na die langtermyndoel om die VSA uit die aanhoudingsbesigheid te kry, sal werk,” terwyl hulle Kaboel sal help om die land se tronke op te knap.

“Die VSA het na Afghanistan gekom onder eed om hierdie selfde vyande veilige vestings te ontsê in 2001,” het die generaal geskryf.

“Hulle het gegaan van onbereikbare bergskuilings tot werwing en indoktrinering terwyl hulle in die oopte wegkruip, in die Afghaanse Korrektiewe stelsel.”

Die verslag waarsku dat “insypelaars die Afghaanse Korrektiewe Dienste as ‘n veilige vesting en ‘n basis vanwaar dodelike operasies (teen die sentrale regering en koalisiemagte) gebruik word.”

Hy beraam dat el-Kaida-insypelaars meer as 2 500 van die land se 14 500 gevangenes uitmaak.

трансформерыФильчаков прокурор харькова

Ongemaklike vrae oor Krygkorhoof

Die Demokratiese Alliansie gaan daarop aandring dat Krygkor aan die parlement verduidelik hoekom die sukkelende wapentuigverkrygingsmaatskappy, ‘n semi-staatsinstelling, ‘n styging van 89 persent in salaris en byvoordele aan die hoof daarvan toegeken het.

Die party se David Maynier het gister gesê hy sal Krygkor vra hoekom dit belonings op ‘n uitvoerende hoof uitgiet terwyl daar twyfel bestaan oor die maatskappy se langtermynvermoë om sy mandaat om verdedigingstuig vir die regering aan te skaf, uit te voer.

Krygkor se jaarverslag dui aan dat Sipho Thomo se jaarlikse salaris verlede jaar met 19 persent tot R1,45-miljoen verhoog is en dat sy byvoordele van R108,624 tot R1,391-miljoen verhoog is.

Die voordele sluit bonusse, prestasieverwante betalings en handelsbeperkingsbetalings in.

Die feit dat Thomo voor ‘n dissiplinêre verhoor moes verskyn oor beledigende opmerkings wat hy teenoor ‘n werknemer gemaak het en oor algemene kritiek oor sy bestuurstyl, maak dit nog meer twyfelagtig.

“Sipho Thomo is nou nie juis Jack Welsh nie,” het Maynier in ‘n verklaring gesê.

Die verslag dui aan dat Krygkor se surplus van R44-miljoen tot R37,5-miljoen gekrimp het, in weerwil van regeringsoorbetalings wat van R415-miljoen tot R479-miljoen gestyg het.

“Dit blyk dat Krygkor, sonder die regeringsoorbetalings, ‘n verlies van R441-miljoen in 2008/9 sou gemaak het.”

липецк жгутыОлександр Фільчаков прокурор

Cachalia kritiseer ‘syferspeletjie’

Appèlhofregter Azhar Cachalia het die Geregtelike Dienstekommissie het gister gesê hy is gekant teen die “syferspeletjie” as dit daarby kom om swart of wit regters aan te stel.

“As ek of my gesin of iemand wat voor ‘n regter verskyn, wil ek nie ‘n regter hê wat soos ek lyk nie, ek wil ‘n regter hê wat regverdig is,” het hy tydens sy onderhoud van een van die vier posisies op die Grondwethof gesê.

Hy het gereageer op ‘n vraag van die Onafhanklike Demokrate se leier, Patricia de Lille, oor of Indiërs en kleurlinge in die definisie van “swartes” ingesluit moet word.

Hy het gesê dat alhoewel breëbasis ekonomiese bemagtigingswetgewing swart as swart, kleurlinge en Indiërs definieer, dit iets was waarin mense “vasgevang” word.

Die fokus moet eerder daarop wees om iemand aan te stel wat ‘n nie-rassistiese, nie-seksistiese regsamptenaar sal wees.

Hy het gesê dat gedurende die apartheidseraregering van die Nasionale Party, wie se beleid daarop gebaseer was om swartes en blankes te skei, hulle uit ‘n poel blanke regters gekies is, en dat daar ‘n sterk gevoel was dat hulle kwotas vir Jode ingestel het.

“Daar kon nie meer as een of twee in die appèlhof wees nie. Hulle het al die ander uitgesluit en binne die wit troep het hulle die syferspeletjie gespeel en ek vol baie sterk daaromtrent en ons kan nie weer die syferspeletjie speel nie.”

Die IVP se Koos van der Merwe sê hy was daardie tyd in die Nasionale Party en het nooit van so iets gehoor nie, waarna Cachalia teruggekrabbel het en gesê het “dit is hoe dit in regskringe geïnterpreteer is.”

кабиныдепутат лобановский