Rap-sanger vasgetrap oor moord op pastoor

As ‘n Rap-sanger homself deur sy lirieke in gruwelmoorde verlustig, is dit beter om hom ernstig op te neem. Dít is die mening van lede van die Virginia Polisiemag in die VSA nadat hulle ‘n Rap-kunstenaar gearresteer omdat hy vermoedelik ‘n pastoor en drie ander mense in ‘n moordkoors doodgemaak het, nadat hy een deur die gemeenskapsnetwerk, MySpace, met hulle kontak gemaak het.

Richard McCroskey, 20, wie se verhoognaam Syko Sam is, is oor die naweek van die moord op Mark Niederbock, ‘n pastoor, en drie ander mense aangekla. Die pastoor se dogter, Emma, het hom op MySpace bevriend.

Die polisie het die ontbindende liggame in die huis van Niederbock se vervreemde vrou, Debra Kelly, in Farmville, Virginia, ontdek na ‘n oproep van ‘n vrou dat sy vir vier dae nie van haar dogter gehoor het nie.

Die polisie is van mening dat McCroskey en Emma Niederbrock deur MySpace vriende geword het. McCroskey se grusame lirieke is bewaarheid toe hy op die 6de September Virginia toe gevlieg het om haar te onmoet. Daarna het hy haar en drie ander vermoedelik in haar huis vermoor.

Op sy MySpace-blad beskryf McCroskey homself as ‘n aanhanger van sogenaamde “horrorcore”-Rap, waarin geweld verheerlik word deur lirieke wat met hip-hop ritmes begelei word. Hy het self “liedjies” met sulke lirieke soos “Ek het baie mense doodgemaak en ek maak hulle regtig stadig dood. Dit is die beste gevoel om hulle laaste asem te aanskou,” opgelaai.

Rap is ‘n vorm van primitiewe musiek wat gewild is in die swart ghettokultuur van Amerika.

машины на радиоуправлении купитьданильченко юрий брониславович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae