PRAAG, Afrikaner-alliansie vra vir kalmte en voorbereiding

In ‘n gesamentlike vergadering van die Afrikaner-alliansie en PRAAG waartydens die huidige noodtoestand onder Afrikaners gister bespreek is, word die volgende beroep op Afrikaners gedoen:

  1. Met die oog op die naderende aanslag, moet daar dringend onder Afrikaners besin word oor ‘n gesamentlike selfverdedigingstelsel.
  2. Dat alle Afrikaanse organisasies hulle onderlinge verskille sal begrawe en daadwerklik oorgaan na die stigting van ‘n Afrikanerowerheid.
  3. Dat alle Christene deur voorbeeld en voorbidding mee sal werk tot vrede in ons land.
  4. Om nie emosioneel te reageer nie, maar om rasioneel op te tree.
  5. Om nie ag te slaan op gerugte nie totdat nuus of feite deur ‘n gesaghebbende bron bevestig word.

расширительный длялобановский александр игоревич класс

‘Skiet die boer is in ballingskap’: Malema

Die woorde “Dubula ibhunu [skiet die boer]” is in “ballingskap”, en sal nie in Suid-Afrika gesing word nie, het die ANC se jeugligapresident Julius Malema Donderdag in Johannesburg gesê.

“Maar ons sal voortgaan om dit buite Suid-Afrika te sing. Die lied is nou in ballingskap. Wanneer ons dit wil geniet, sal ons in  ballingskap gaan en sing,” het Malema op ‘n mediakonferensie oor die liga besoek aan Zimbabwe gespot .

Die jeugleier het gesê hy het gereageer op ‘n oproep deur die ANC-leiers om selfbeheersing te wys na die dood van die AWB-leier Eugene Terre’Blanche.

Die woorde is verlede week verbied deur ‘n hof, ‘n uitspraak wat die ANC van voornemens is om teen te staan.

“Ons sal ‘n mooi woord daar vind om dubula ibhunu mee te vervang … so ons sal die dubula ibhunu vat en iets mooi insit.

“Ons doen dit nie omdat ons bang is vir die howe nie, ons doen dit omdat die leierskap van die ANC gesê het ons moet onsself in toom hou. Ons doen dit omdat ons respek vir die leierskap van die ANC het.”

Malema het die hofuitspraak, die howe en die Grondwet gekritiseer.

“Hierdie mense wat oor die lied besluit, is dieselfde mense wat gedurende apartheid besluit het oor die sake teen [ons] kamerade wat gesing het.

“Hulle kry hulp van die howe omdat hulle weet dat die howe ongetransformeer bly om hul politieke agendas voort te sit.

“… En dit is die rede waarom selfs Zuma nie praat oor die Grondwet nie, [Demokratiese Alliansie leier] Helen Zille sal die eerste een wees om te sê die Grondwet moet beskerm word.

“Omdat hulle weet dat die Grondwet die beskerming van hulle vorige voorregte is, hierdie Grondwet, dit is die beskerming van hul eiendom, hulle grond. Hulle weier om die grond te oorhandig in die naam van die Grondwet.”

Hy het egter bygevoeg die ANC-Jeugliga die wet respekteer, ten spyte daarvan dit “bestuur word onder voorsitterskap van ongetransformeerde mense.

“Wie is ons om die wet te ondermyn,” het hy gesê.

Malema het ook bewerings van die hand gewys dat Terre’Blanche se dood gekoppel is aan die sing van die liedjie.

“Dis nie oor die liedjie nie … hulle [die moordbeskuldigdes] wou hê wat regmatig behoort aan hulle: salaris.

“Hierdie man het ‘n afkeer gehad aan die mense waarmee hy saamgeleef het, waaronder ook die diere … die perd self wou hom nie aanvaar nie.”

Hy het gesê hy verstaan die pyn wat Terre’Blanche se familie voel en dat hulle op soek is na ‘n “sondebok”.

Malema het gesê sy besoek aan Zimbabwe was suksesvol. Hy was beïndruk deur daardie land se “moedige en militante” grondhervormingsprogram.

“Van die 4000 wit boere wat plase en grond besit het in Zimbabwe, is daar tans meer as 350,000 Zimbabwiërs wat op die plase en in landbou is.

“In wese is die staat se groter rol in die herverdeling van grond en meganisasie sal ‘n baie waardevolle bydrae in die bemagtiging van die mense van Zimbabwe.”

Malema beskou president Robert Mugabe se Zanu-PF as die enigste wettige party in Zimbabwe,  en het ander politieke spelers verwerp as “Mickey Mouse”.

Hy glo dat ‘n “volhoubare oplossing by die mense van Zimbabwe te vinde is.

“Ons weet mense het gesterf tydens die verkiesings in Zimbabwe … ons verskil met dié,” het hy gesê, en byvoeg dat die Jeugliga aan Zanu-PF-jeug gesê het dit belangrik is vir hulle om deel te neem op ‘n “vreedsame wyse “.

Hy te velde getrek teen “imperialiste” wat Zanu-PF ondermyn en onder die dekmantel van nie-regeringsorganisasies kos versprei.декоративная лепка на стенах фотоФильчаков прокурор харьков

ET moet in die see begrawe word sê Payco

Die vermoorde AWB-leier Eugene Terre’Blanche moet begrawe word in die see omdat hy nie verdien om begrawe te word op die Afrikabodem nie, het PAC se Jeugkongres, Payco, gister gesê.

“ET [sy bynaam] verdien nie om begrawe te word in Afrika se grond nie. Hy moet iewers begrawe word in sy Volkstaat in die Indiese Oseaan,” het Sello Tladi, woordvoerder vir een van die Pan-Afrikanistiese Kongres se jeuggroepe gesê.

“ET is anti-Afrika en sy hele rassistiese lewe lank gekant teen Afrikane en om hom in Afrika se bodem te begrawe sal ‘n belediging vir Afrikamense wees,” het hy gesê in ‘n verklaring voor Terre’Blanche se begrafnis in Ventersdorp Vrydag.

Tladi se spelling het hom in die steek gelaat met verwysing na Terre’Blanche se begrafnis wat hy as “burring” geskryf het.

Hulle wou ook nie hê die verhoor van die “dapper” 15-jarige en die 28-jarige wat in hegtenis geneem is vir Terre’Blanche moord op Paas-Saterdag, moet hanteer word deur ‘n wit aanklaer of regter nie, vanweë hulle rassevooroordeel van die verlede.

“Ons hoop dat die ander wit rassiste ‘n les geleer het deur middel van hierdie heldhaftige gewapende stryd deur twee swart mans teen die siek simbool van die argaïese wit heerskappy. “

Terre’Blanche is in sy bed vermoor op sy plaas buite Ventersdorp Saterdag.освобождение от физкультуры купитьДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Cosatu ruk op vir ‘beplande aanval’ teen swartes

Polisiewoordvoerder Adele Myburgh het gesê die polisie sal ‘n wakende oog hou op die Tsing-lokasie, waar Cosatu “‘n dringende massavergadering met plaaswerkers, plaasbewoners en die Ventersdorpgemeenskappe” gereël het om saam te val met Eugene Terre’Blanche se begrafnis.

“Ons kan nie ‘n organisasie verhoed om ‘n vergadering te hou nie,” het Myburgh gesê.

“Maar ons het baie polisielede ontplooi vir Vrydag en hulle sal waak oor die lokasie ook.”

Cosatu se provinsiale sekretaris van Noordwes Solly Phetoe, sê die doel van die vergadering is om te verseker dat die plaaswerkers, plaasinwoners en die gemeenskappe rondom Ventersdorp gedissiplineerd bly en veilig is, en “het ooreengekom oor die benadering om te volg met die huidige krisis en die beplande aanval op plaaswerkers, inwoners en gemeenskappe. “

Phetoe sê die vergadering het ook bespreek wat hulle benadering tot die volgende hofverskyning van Terre’Blanche se vermeende moordenaars gaan wees.

Gastehuise in Ventersdorp is vol bespreek, meestal deur joernaliste wat sou kom van so ver as Spanje, Frankryk, Duitsland en Swede.

Die Britse Daily Star-koerant het onder die titel “Wêreldbekerkapmesbedreiging” gewaarsku teen “rondgaande bendes met kapmesse in die strate” van Suid-Afrika ná die moord op Terre’Blanche.

Die dagblad skryf dat ‘n “burgeroorlog” kan uitbreek, en Suid-Afrika se aanbieding van die Wêreldbeker kan kelder.

Myburgh het gesê die polisie sal in die gebied bly “solank hulle nodig is”.

Die begrafnisdiens sal plaasvind by die Afrikaanse Protestantse Kerk die middag.

Terre’Blanche sal dan begrawe word op sy plaas buite Ventersdorp.

Noordwespremier Maureen Modiselle sal na verwagting die begrafnis bywoon.

гайковертФильчаков прокурор харькова

Verhouding tussen ET en twee moordenaars was ‘vriendelik’

Eugene Terre’Blanche het die oggend, ure vóór sy wrede dood, drank by die drankwinkel in Ventersdorp gekoop asook drie pakkies rookgoed en vuurhoutjies in die geselskap van sy moordenaars, berig Die Burger.

’n Werknemer by die winkel sê die verhouding tussen Terre’Blanche en sy twee werkers was gemoedelik en daar was hoegenaamd geen teken van enige spanning of konflik nie.

Volgens Terre’Blanche se dogter het hy met die twee ooreengekom om hulle ná die langnaweek vir werk wat hulle in Maart gelewer het, te betaal.

Kapt. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, het volgens die dagblad gesê die polisie is bewus van die drie se besoek aan die drankwinkel “en dit vorm deel van die ondersoek”. Sy wou geen verdere kommentaar lewer nie.

Terre’Blanche is dieselfde middag dood op sy bed aangetref waar hy op sy plaas met ’n panga doodgekap is. Sy gesig was onherkenbaar geskend en sy broek was afgetrek.

Die twee verdagtes het eergister in die landdroshof in Ventersdorp verskyn. Die saak is tot 14 April uitgestel.

детский магазин игрушекАлександр Фильчаков Васильевич

Malema daag verregses uit om hom uit te haal

Die leier van die ANC-jeugliga, Julius Malema, het ‘n BBC-joernalis uit ‘n perskonferensie uitgejaag en voorts gesê; “Ek daag enige verregse in hierdie kamer uit om my nou uit te haal.”

Die joernalis, Jonah Fisher, het glo probeer om Malema ‘n vraag te vra terwyl hy besig was om te praat. Malema het hom vererg en die joernalis ‘n “bliksem en ‘n bleddie agent” genoem.

Malema het glo vir die joernalis gesê; “Hierdie is my huis en jy volg my reëls”. Fisher is uit die konferensie gelei na afloop van die tirade, het Times Live berig.

Nuus24 berig dat die adjunk-redakteur van die Daily Maverick Malema se jongste uitlatings Donderdag op Twitter uitgestuur het.

Volgens Phillip de Wet het Malema gesê:  “Die media het ‘n held gemaak van ‘n man wat ‘n rassis was. Ek het geen respek vir Terre’Blanche nie. Dit is jammer dat hy dood is voordat hy sy rassistiese idees kon verander.”

Hy het Zimbabwe se grondhervormingsbeleid by die byeenkoms in Luthulihuis as “dapper en militant” geprys.

Malema se uitlatings kom ten spyte van die feit dat die ANC sy interne strukture versoek het nie in ‘n openbare debat rakende die afsterwe van die ontslape AWB-leier betrokke te raak nie.

online slots noФильчаков

Premier, burgemeester sing lustig omstrede lied

Na-apers van Malema moet ook, net soos Julius Malema, vervolg word. Dit was die reaksie van mnr Jaco Mulder, VF Plus leier in Gauteng en lid van die Provinsiale Wetgewer.

Dit volg nadat die minister van kuns en kultuur, Lulu Xingwana, die Premier van Gauteng, Nomvula Mokonyane en die burgemeester van die Tshwane Metro, Gwen Ramakgopa ‘n hofbevel geïgnoreer deur die sing die omstrede liedjie “Dubul’ iBhunu” in Mamelodi, Pretoria, tydens die 31ste herdenking van die dood van Salomo Mahlangu, ‘n aktivis gedurende die “struggle-era”.

Die VF Plus eis dat die ANC nou ‘n totale verbod op al sy lede plaas om hierdie lied te sing. Mnr Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het gisteraand bevestig dat president Jacob Zuma in ‘n gesprek met Julius Malema, hom belet het om verder aan te hits met die sing van dele van hierdie liedjie.

Mulder het sy skok uitgespreek met die feit dat vooraanstaande lede van die ANC, soos ‘n predikant,’ n premier en burgemeester so onverskillig kon optree en het gesê dat dit getuig van swak leierskap en ‘n gebrek aan morele kapitaal.

Die VF Plus eis dat onmiddellike optrede deur die ANC geneem word en ook dat almal wat hierdie lied sing voor die howe moet verskyn. Die VF Plus is op die oomblik besig om te besluit of verdere stappe teen die drie prominente ANC-lede geneem sal word.

free slotsФильчаков

Veiligheid vir ET-begrafnis opgeskerp

Brandweervoertuie, ambulanse en verskeie polisie-eenhede word na Ventersdorp gestuur voor die begrafnis van die ontslape AWB-leier, Eugene Terre’Blanche.

Volgens kapt. Adele Myburgh, polisiewoordvoerder, is die polisie gereed vir enigiets in Ventersdorp.

“Addisionele ambulanse, die brandweerdienste en verskeie polisie-eenhede word nou na die dorp ontplooi,” het sy buite die Afrikaanse Protestante Kerk gesê vanwaar Terre’Blanche begrawe sal word.

Na die begrafnis sal Terre’Blanche op sy plaas ter ruste gelê word. Sy gesin het glo vir die polisie gevra om aan hulle beskerming te verskaf tydens die verloop van verrigtinge.

Maureen Modiselle, Noordwes-premier, sal na bewering die begrafnis bywoon. Terre’Blanche se familie het haar bywoning goedgekeur.

Heelwat internasionale media word by die begrafnis verwag.

Ventersdorp was Woensdag kalm, nadat wit en swart betogers die vorige dag woedend buite die plaaslike hof oproerig geraak het.

free games win money no depositАлександр Фильчаков прокурор

AWB-gas storm uit ateljee

Die AWB se sekretaris-generaal, is uit die ateljee van die eNews-program-Afrika 360 vergesel, nadat hy glo aanbieder en politieke ontleder Lebohang Pheko Woensdag gedreig het.

André Visagie, wat ‘n gas op die nuusprogram was, het sy mikrofoon afgeruk en dit op die vloer gegooi. Visagie het gekla dat die aanbieder hom nie die geleentheid gun om sy saak te stel nie.

Hy het het daarna in ‘n verbale geveg met Chris Maroleng getree wat Pheko verdedig het.

Pheko het aan Visagie gesê Afikaans en Afrikaanse kultuur bestaan net in sy verwysingsraamwerk en nie daarbuite nie. Visagie het in ongeloof geantwoord dat dit nie beperk is tot sy verwysingsraamwerk nie, maar ‘n doodgewone feit is.

Sapa het ‘n verwronge berig oor die insident geplaas waarin hulle beweer dat Visagie dreig om Maroleng “aan te raak”.

Die voorval is intussen op YouTube uitgesaai waarin dit duidelik is dat Visagie deur die nuusspan gedreig word en uiters onregverdig behandel is.

‘n Kyker het ná die relletjie gesê Pheko het Visagie openlik getart deur te veralgemeen oor die lot van plaaswerkers.

Die nuwe Social Movement Against Racist Tendencies (Smart),
gestig deur, onder andere, onderwys-departement woordvoerder Panyaza Lesufi, het gesê hulle is nie verbaas oor die gedrag van Visagie nie.

“Die nuutste uitbarsting deur die Algemene Sekretaris van die AWB bevestig wat ons ‘n lang tyd glo, naamlik dat rassiste behandel word met handskoene (sic) in ons land; dink net as dit Julius Malema was, wat homself gedra het soos hierdie,” het hy in ‘n verklaring gesê.

Smart het gesê dat die media is “verheerlik rassiste”.

“Etv verheerlik rassiste sedert die afsterwe van Eugene Terre’Blanche en gevolge daarvan is duidelik.”

Lesufi sê Smart  het reeds 5 000 lede, onder hulle “glanspersone, politici, musici, prokureurs en professioneles”.

Hy het gesê die Smart se regspan sal “dringend” aanklagte van intimidasie teen Visagie ondersoek, sowel as ‘n dringende interdik  vra om die vertoon van die ou Suid-Afrikaanse vlag by
Terre’Blanche se begrafnis in Ventersdorp Vrydag te stop.

Smart sou amptelik van stapel gestuur word op 16 Junie,  het Lesufi gesê.

casino bonus freeтопкарго развод

Zille gekant teen Wêreldbanklening

Die Suid-Afrikaanse opposisieleier het Woensdag die Verenigde State en Brittanje versoek om nie die land met ‘n Wêreldbanklening te ondersteun om ‘n nuwe kragstasie te bou nie.

Helen Zille, leier van die opposisie Demokratiese Alliansie, het aan die ambassadeurs van beide lande wat die toekenning van die 3,7-miljard-dollar (2,8 miljard euro) lenings sal maak, gesê dat dit as brandstof vir korrupsie sal dien as die regerende African National Congress (ANC) ‘n aandeel het in die maatskappy wat die tender gewen vir die projek.

“Ons vra hulle hul invloed gebruik en verklaar dat hulle nie enige lening sal toestaan nie, tensy die ANC sy 25 persent belang in Hitachi-Afrika heeltemal onttrek,” het Zille na die ontmoeting met die ambassadeurs gesê.

Eskom wil die geld gebruik vir die bou van ‘n mega-steenkool-aangedrewe kragsentrale wat sal help met sy vermoë tot opwekkingskapasiteit.

“Dit is heeltemal korrup vir ‘n politieke party om miljarde rande uit staatstenders te maak, wanneer die politieke party in beheer van die staat is,” sê Zille.

“As die lening toegestaan word onder hierdie omstandighede, sal die ANC se mag verderflik verskans wees en Suid-Afrika sal ‘n kriminele staat word,” het sy bygevoeg.

In 2008 is Suid-Afrika deur deurlopende kragonderbrekings getref omdat die nutsmaatskappy gesukkel het om aan die vraag te voldoen.

Vroeër Woensdag, het die ANC Zille se pogings skerp gekritiseer, en gesê dat sy teen die belang van die land optree.

“Zille is gekant teen die ontwikkeling van die land, die lening sal help met Eskom se kragvoorsiening. Ons is tans in vennootskap met Hitachi,” het die ANC se sekretaris-generaal Gwede Mantashe, gesê.

Eskom het reeds lenings uit verskillende Europese finansiële instellings ontvang.

Die Wêreldbank se besluit sal na verwagting op Donderdag bekendgemaak word.

casino gamedФильчаков прокурор отзывы