In ‘n gesamentlike vergadering van die Afrikaner-alliansie en PRAAG waartydens die huidige noodtoestand onder Afrikaners gister bespreek is, word die volgende beroep op Afrikaners gedoen:
-
Met die oog op die naderende aanslag, moet daar dringend onder Afrikaners besin word oor ‘n gesamentlike selfverdedigingstelsel.
-
Dat alle Afrikaanse organisasies hulle onderlinge verskille sal begrawe en daadwerklik oorgaan na die stigting van ‘n Afrikanerowerheid.
-
Dat alle Christene deur voorbeeld en voorbidding mee sal werk tot vrede in ons land.
-
Om nie emosioneel te reageer nie, maar om rasioneel op te tree.
-
Om nie ag te slaan op gerugte nie totdat nuus of feite deur ‘n gesaghebbende bron bevestig word.
