Gevangenes moet menslike ontlasting eet

Die minister van korrektiewe dienste, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het Woensdag aangedring op ‘n volledige verslag nadat drie gevangenes in Boksburg glo menslike ontlasting moes eet.

“Minister Mapisa-Nqakula sal verdere stappe neem sodra sy al die inligting rakende die voorval ontvang het,” het Sonwabo Mbananga, haar woordvoerder, gesê.

“Die minister is vasberade om die ondersoek te laat doen en sal nie enige ongerymdhede duld nie,” het hy gesê.

The Star het Woensdag berig dat drie gevangenes ongelukkig was oor die kwaliteit kos wat hulle ontvang het. Hulle is daarna glo gedwing om menslike ontlasting te eet.

casino gamestopcargo

Boer by Klerksdorp aangeval

‘n Boer en sy vrou is Donderdagoggend in hulle huis naby Klerksdorp, Noordwes, wreed aangeval, het paramedici gesê.

Die 50-jarige boer is deur een van vier rowers in die been geskiet tydens die voorval, wat omstreeks 07:00 plaasgevind het.

Die boer en sy vrou is ernstig beseer toe hulle deur die swart aanvallers aangerand is

Paramedici het hulle op die toneel behandel en na ‘n naby geleë hospitaal geneem.

Geen verdere inligting rondom die voorval is nog bekend nie.

справка по болезниданильченко юрій броніславович компромат

Malema belowe nasionalisering

Die Burger berig dat die nasionalisering van myne, banke en groot nywerhede op die ANC se agenda is, volgens Julius Malema,

“Ék sit op die ANC se nasionale uitvoerende komitee, en nasionalisering  is op die ANC se agenda – ek sal weet, ” het die ANC–jeugleier gesê.

Die ryk De Beers-diamantgroep van die Oppenheimer-familie is uitgesonder as ‘n voorbeeld van kapitalistiese uitbuiting wat gestuit moet word sodat armoede in die land uitgewis kan word.

Malema het parlementslede Woensdag ingelig dat nasionalisering reeds teen 2012 regeringsbeleid kan wees. Daarvolgens sal mineraalregte in staatsbesit wees en privaatmaatskappye sal net as minderheidsaandeelhouers kan voortgaan.

ANC-LP’s was vol bewondering na afloop van die jeugliga se voorlegging oor nasionalisering en was dit eens dat nasionalisering die oplossing vir Suid-Afrika se probleme is.

Die Jeugligaleier is ook nie bekommerd dat nasionalisering tot disinvestering sal lei nie. Hy het gesê die Chinese wag reeds en is reg om in te beweeg om te deel in Suid-Afrika se minerale rykdom.

‘n Afvaardiging van die jeugliga wat dreig het om Kaapstad onregeerbaar te maak, het Malema vergesel.

сауны впрокурор Фильчаков

M&G krabbel terug oor Moslemspotprent

Die Mail & Guardian het die aftog geblaas oor ‘n spotprent van die profeet Mohammed wat verlede Vrydag in die koerant afgedruk is en groot woede ontlok het van die Moslemgemeenskap.
Die weekblad het aanvanklik by monde van die redakteur Nic Dawes gesê hulle staan by die spotprent.

Hy het gesê hy sal nie om verskoning vra vir die Zapiro-spotprent wat hy Vrydag gepubliseer het nie.

Die spotprent vertoon die profeet Mohammed wat op ‘n bank lê in die hemel en by sy sielkundige kla dat Moslems “nie ‘n sin vir humor het nie”.

Na ure lange gesprekke met Moslemleiers, het die M&G egter teruggekrabbel en aangekondig dat hulle hul redaksionele beleid oor godsdiensaangeleenthede gaan aanpas.

Dawes het Woensdag gesê in die lig van die “leed” wat deur die spotprent veroorsaak is, is ‘n hersiening van hul beleid oor geloofsake nodig.

Die blad het ook onderneem om ondertussen geen beelde van die profeet Mohammed te publiseer nie. Dit is nie bekend of die Moslemgemeenskap die koerant gedreig het nie.

купить воронеж прочий пневмоинструментАлександр Фильчаков

Iemand gaan wins uit die Fifa-wêreldbeker maak – al is dit dalk nie SA nie

Solank hul manne in Oranje wen,so lank gaan die Nederlandse ekonomie baat by die Fifa-wêreldsokkerbeker. So flink verkoop aandenkings in Nederland – selfs vuvuzelas, dat elke Nederlander gemiddeld 47 euro’s “wins” gaan maak – ‘n totaal van 600 miljoen euro’s wat regstreeks en onregstreeks in die Nederlandse ekonomie in omloop kom.

Solank hul span wen. Want dan is die ondersteuners geneig om nog ‘n ekstra biertjie weg te slaan en ‘n pizza te bestel.

Die 47 euro’s wat die gemiddeld Nederlander “wins” maak, is maar ‘n druppel aan die emmer van die verwagte 800 euro’s wat die sokkermal Brasiliane “wins” gaan maak.

Daar is egter ook ‘n ander kant aan die euro. Een uit vyf Nederlanders dui ook aan dat hulle beplan om in werkstyd na die sokker te kyk, wat ‘n geraamde 1,5 miljoen werksure verlore sal laat gaan. Wat dit die ekonomie gaan kos, is nog nie bepaal nie.

free games onlineФильчаков прокуратура харьков

Obama stuur nog 1 200 soldate na die Meksikaanse grens

Pres. Barack Obama van die VSA het Republikeinse druk om ter beveiliging meer soldate na die Amerikaans / Meksikaanse grens voorgespring deur 1 200 soldate na die grens te stuur.

Hoewel dit met strenger immigrasiewetgewing van die deelstaat Arizona saamval, lyk dit of dit amptelik gemik word teen dwelmsmokkelary oor die grens. Trouens, Obama het die versekering gegee dat die soldate nie by migrasiebeheer  betrokke sal raak nie.

Die Meksikaanse ambassade het ook laat blyk dat hy hoop dit gaan nie oor migrasiebeheer nie. Die Meksikaanse regering gaan van die standpunt uit dat strenger beheer tot ‘n toename van misdaad en misbruik sal lei.

Bron: Trouw

детские магазины одессалобановский александр жена

Kaapse seeroete nie ‘n alternatief teen seerowers

Seewrowerery langs die kus van Somalië sal uitbrei na ander dele van die kontinent, tensy dringende ingrypings gemaak word om dit te stop, het Justisieminister Jeff Radebe Dinsdag gewaarsku. 
  
“As ons toelaat dat so ‘n onwettige aktiwiteit posvat in ‘n deel van Afrika, stuur ons ‘n ope uitnodiging uit om dit te versprei na ander dele van Afrika,” het hy by ‘n Afrika Renaissance-konferensie in Durban gesê. 
  
Die konferensie is bygewoon deur afgevaardigdes van verskeie Afrika-lande.
  
Radebe het gesê dat Suid-Afrika homself nie kan verbly in die feit dat die lang roete om Kaapstad as ‘n lewensvatbare alternatief oorweeg word vir die Somaliese kusroete nie, wat geteister word deur die seekapers.
  
Die inkomste en status vir Suid-Afrika moet verwelkom word, maar dit kom teen ‘n verlies vir ‘n ander Afrika-land.
  
Radebe het gesê dat daar ‘n dringende behoefte bestaan om regstegniese medewerking met die Afrika-Unie se lidlande uit te brei. 
  
“Diegene van ons wie se regspraak meer gevorderd is, moet bereid wees om raad te gee oor hoe ander hulle s’n moet verbeter binne die raamwerk van Afrika-regspraak,” het hy gesê. 
  
Die konferensie is ook bygewoon deur die Minister van Binnelandse Sake Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van Vervoer, Sibusiso Ndebele en KwaZulu-Natal premier dr. Zweli Mkhize.

Dlamini-Zuma het gesê dat daar ‘n behoefte bestaan onder swartes om mekaar soos broers te behandel.
  
Daar moes ‘n einde gemaak word aan die mentaliteit onder Suid-Afrikaners dat swartes probleme beteken.
  
“Apartheid het die situasie waar swartes uitgehou is en ander soos die Europeërs en wit Amerikaners as positief gesien is, geskep,” het sy gesê.
  
Dlamini-Zuma het gesê sy sou graag paaie en spoorlyne wil sien tussen alle Afrika-lande om die ekonomie en toerisme te stimuleer.

промышленный светодиодныйлобановский александр харьков

Gautreinrit kos R100

‘n Rit op die Gautrein tussen Sandton en die OR Tambo Internasionale Lughawe sal R100 kos, het die maatskappye wat agter die projek is, Dinsdag bekend gemaak.

‘n Treinrit, plus ‘n busrit sal R22.50 van Sandton na Marlboro kos, van Sandton sal dit R27 na Rhodesfield wees en R24.50 van Marlboro tot Rhodesfield, sê die Gautrein-bestuursagentskap en Bombela konsessiemaatskappy in ‘n gesamentlike verklaring. 
  
Sonder die busreis sal die kaartjie goedkoper wees met R6. Reise na die lughawe van enige van hierdie stasies sal ook R100 beloop.
  
Hierdie roetes open almal op 8 Junie.
  
Parkering by ‘n stasie kos R9.50 vir die eerste 24 uur of deel daarvan so lank as wat die trein ook gebruik word. Iemand wat slegs vir die gebruik van die parkering inry, sal “wesenlik” meer moet opdok.
  
Die trein- en busdiens loop van Maandag tot Sondag 5:30-20:30, elke 12 minute gedurende spitstye (5.30 om 08:30 en 4 tot 19:00) en elke 20 minute buite spitstye.
  
Pendelaars sal toegang tot hierdie dienste hê met ‘n “Contact smart card”. Dit R10 kos en krediet soos nodig kan daarop gelaai word.
  
“Hierdie tariefbeleid is daarop gemik om die Gautrein aantreklik en bekostigbaar te maak vir groot dele van die bevolking sonder om met bestaande vorms van openbare vervoer mee te ding.” 
  
Gautrein-tariewe “is tipies laer” as ‘n private voertuig vir dieselfde reis, maar duurder as die gebruik van bestaande minibus taxi’s, Metrobus of Metrorail.

купить липецк стенды для правки дисковОлександр Фільчаков прокурор

Spanning tussen Koreas laai op

Noord-Korea het alle bande met Suid-Korea verbreek en het sy ryk buurland met militêre optrede gedreig as hy sou aanhou om Noord-Koreaanse gebiedswaters aan die weskus te betree, is gister bekend gemaak.

Dié waarskuwing is ’n nuwe hoogtepunt in die spanning wat oplaai op die verdeelde skiereiland nadat Noord-Korea na bewering in Maart ’n torpedo afgevuur en ’n Suid-Koreaanse oorlogskip daarmee gekelder het.

Die toenemend oorlogsugtige retoriek het Seoel se geldmarkte erg getref en daartoe gelei dat beleidmakers ’n noodvergadering vir vandag belê het om te kyk hoe hulle beleggers kan gerusstel.

“Die komitee vir die vreedsame vereniging van Korea…verklaar formeel dat hy van nou af vasberade stappe gaan doen om inter-Koreaanse verhoudings volkome te beëindig, om die anti-aggressie-ooreenkoms tussen die noorde en suide op te hef en om inter-Koreaanse samewerking heeltemal te staak,” het die Noord-Koreaanse KCNA-nuusagentskap berig.

Suid-Koreaanse personeel sal ook uit die Kaesong-nywerheidspark, ’n gesamentlike Noord-Suid-onderneming net binne die Noord-Koreaanse grens, gesit word.

Suid-Koreane maak hier gebruik van goedkoop Noord-Koreaanse arbeid en dit voorsien Noord-Korea al ’n geruime tyd van belangrike inkomste.

обслуживание и ремонт дизельных генераторовФильчаков прокурор харьков

ANC-Jeugliga ontken dat hulle stad wil vandaliseer

Die ANC-jeugliga (ANCYL) se nasionale kantoor het beweringe ontken dat hulle Dullah Omar-tak beplan om Kaapstad te vandaliseer. 

“Noem jy jouself ‘n joernalis?” het Floyd Shivambu, ANCYL-woordvoerder, aan ‘n Sapa-verslaggewer gevra. “Hoe kan jy sulke leuens versprei?”

Die jeugliga se Dullah Omar-tak het vroeër ‘n beroep op sy jong lede in die Wes-Kaap gedoen om Kaapstad te vandaliseer omdat hulle ontevrede is oor swak dienslewering. 

“Ons gaan alles verwoes en die stad onregeerbaar maak,” het Loyiso Nkohle, die Dullah Omar-tak se sekretaris, gesê.

“Ons doen ‘n beroep op die jeug om dit te doen, veral daardie wat in die plakkerkampe woon.” 

Nkohle se adjunk, Chumile Sali, het gesê hulle sal dit doen om te wys waar die Demokratiese Alliansie (DA) misluk het met dienslewering.

“Die inwoners van Makhaza en Khayelitsha kan maklik die N2-hoofweg sluit en die stad vandaliseer,” het hy gesê.

no deposit requiredФильчаков Александр Васильевич