Hy het gesê hy sal nie om verskoning vra vir die Zapiro-spotprent wat hy Vrydag gepubliseer het nie.
Die spotprent vertoon die profeet Mohammed wat op ‘n bank lê in die hemel en by sy sielkundige kla dat Moslems “nie ‘n sin vir humor het nie”.
Na ure lange gesprekke met Moslemleiers, het die M&G egter teruggekrabbel en aangekondig dat hulle hul redaksionele beleid oor godsdiensaangeleenthede gaan aanpas.
Dawes het Woensdag gesê in die lig van die “leed” wat deur die spotprent veroorsaak is, is ‘n hersiening van hul beleid oor geloofsake nodig.
Die blad het ook onderneem om ondertussen geen beelde van die profeet Mohammed te publiseer nie. Dit is nie bekend of die Moslemgemeenskap die koerant gedreig het nie.
