“Ék sit op die ANC se nasionale uitvoerende komitee, en nasionalisering is op die ANC se agenda – ek sal weet, ” het die ANC–jeugleier gesê.
Die ryk De Beers-diamantgroep van die Oppenheimer-familie is uitgesonder as ‘n voorbeeld van kapitalistiese uitbuiting wat gestuit moet word sodat armoede in die land uitgewis kan word.
Malema het parlementslede Woensdag ingelig dat nasionalisering reeds teen 2012 regeringsbeleid kan wees. Daarvolgens sal mineraalregte in staatsbesit wees en privaatmaatskappye sal net as minderheidsaandeelhouers kan voortgaan.
ANC-LP’s was vol bewondering na afloop van die jeugliga se voorlegging oor nasionalisering en was dit eens dat nasionalisering die oplossing vir Suid-Afrika se probleme is.
Die Jeugligaleier is ook nie bekommerd dat nasionalisering tot disinvestering sal lei nie. Hy het gesê die Chinese wag reeds en is reg om in te beweeg om te deel in Suid-Afrika se minerale rykdom.
‘n Afvaardiging van die jeugliga wat dreig het om Kaapstad onregeerbaar te maak, het Malema vergesel.
