“Noem jy jouself ‘n joernalis?” het Floyd Shivambu, ANCYL-woordvoerder, aan ‘n Sapa-verslaggewer gevra. “Hoe kan jy sulke leuens versprei?”
Die jeugliga se Dullah Omar-tak het vroeër ‘n beroep op sy jong lede in die Wes-Kaap gedoen om Kaapstad te vandaliseer omdat hulle ontevrede is oor swak dienslewering.
“Ons gaan alles verwoes en die stad onregeerbaar maak,” het Loyiso Nkohle, die Dullah Omar-tak se sekretaris, gesê.
“Ons doen ‘n beroep op die jeug om dit te doen, veral daardie wat in die plakkerkampe woon.”
Nkohle se adjunk, Chumile Sali, het gesê hulle sal dit doen om te wys waar die Demokratiese Alliansie (DA) misluk het met dienslewering.
“Die inwoners van Makhaza en Khayelitsha kan maklik die N2-hoofweg sluit en die stad vandaliseer,” het hy gesê.
