Twee polisielede vas nadat wapens voete kry

‘n Polisieman en ‘n klerk is in hegtenis geneem nadat hulle glo ‘n aandeel in die verdwyning van sowat 98 vuurwapens by die Nanda-polisiestasie in KwaZulu-Natal gehad het, het die polisie Dinsdag gesê. 

“Die adjudant-offisier en die klerk is Maandagaand in Nanda in hegtenis geneem,” het brig. Phindile Radebe, polisiewoordvoerder, gesê.

Die polisie het ondersoek ingestel nadat hulle inligting ontvang het dat die twee verdagtes vermoedelik betrokke was by die verdwyning van die vuurwapens.

Verskeie ander verdagtes sal na verwagting ook in hegtenis geneem word.

Die twee verdagtes sal Woensdag in die Verulam-landdroshof verskyn.

болезни десен лечение народными средствамиданильченко юрій Харків

Maak 'n opvolg-bydrae