Twee mans wat ‘n skoolbussie gekaap het deur hulself voor te doen as polisiebeamptes is in Atteridgeville vasdgetrek, het die polisie Dinsdag gesê.
Die mans het glo in ‘n Volkswagen Golf rondgery wat soos ‘n polisievoertuig gelyk het, toe hulle Maandag die skoolbussie in Akasia voorgekeer het.
Volgens ao. Daniel Mavimbela, polisiewoordvoerder, het die bestuurder reeds die skoolkinders afgelaai toe die mans hom gestop het.
Die polisie het die voertuig in Atteridgeville opgespoor. Twee verdagtes, onderskeidelik 22 en 40 jaar oud, is in hegtenis geneem.
Die polisie hoop om binnekort nog verdagtes vas te trek.
