SANW pak ‘uhuru’ uit

Die woord “uhuru” versier tans ’n koppie reg langs die N8-hoofroete buite Bloemfontein. Die slagspreuk is met klippe wat wit geverf is deur swart soldate, uitgepak.

Uhuru beteken vryheid in Swahili, en word algemeen gebruik om swart vryheid van wit oorheersing te beskryf. Dit is ontleen aan die guerillastryd wat die Mau-Mau in Kenia in vanaf 1952 teen wit koloniste gevoer het.

Wit boere en Britse regeringskantore is destyds deurlopend deur die Mau-Mau aangeval. Ten spyte van die Britte se pogings om selfs swart bendes op te lei om teen die Mau-Mau op te tree en nagenoeg ‘n miljoen simpatiseerders in kampe aan te hou, het Kenia nietemin in 1963 onafhanklik geword.

Soldate van 14SA Infanteriebataljon van Umtata het Vrydag die klippe teen die koppie uitgepak en is met weermagvoertuie en verf aangery vir die doel. 

Die eenheid gaan binnekort in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) ontplooi word as vredesoldate.

Boere en verbygangers in die omgewing van De Brug is ontstoke oor die woord wat teen die skuinste pryk en sê in die lig van toenemende plaasaanvalle en misdadigheid, is die woord ‘n uiters ongelukkige anti-wit gebaar deur die Suid-Afrikaanse weermag.  

ігри для дєвачєкФильчаков Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae