Pres. Barack Obama van die VSA het Republikeinse druk om ter beveiliging meer soldate na die Amerikaans / Meksikaanse grens voorgespring deur 1 200 soldate na die grens te stuur.
Hoewel dit met strenger immigrasiewetgewing van die deelstaat Arizona saamval, lyk dit of dit amptelik gemik word teen dwelmsmokkelary oor die grens. Trouens, Obama het die versekering gegee dat die soldate nie by migrasiebeheer betrokke sal raak nie.
Die Meksikaanse ambassade het ook laat blyk dat hy hoop dit gaan nie oor migrasiebeheer nie. Die Meksikaanse regering gaan van die standpunt uit dat strenger beheer tot ‘n toename van misdaad en misbruik sal lei.
Bron: Trouw
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.