Die minister van korrektiewe dienste, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het Woensdag aangedring op ‘n volledige verslag nadat drie gevangenes in Boksburg glo menslike ontlasting moes eet.
“Minister Mapisa-Nqakula sal verdere stappe neem sodra sy al die inligting rakende die voorval ontvang het,” het Sonwabo Mbananga, haar woordvoerder, gesê.
“Die minister is vasberade om die ondersoek te laat doen en sal nie enige ongerymdhede duld nie,” het hy gesê.
The Star het Woensdag berig dat drie gevangenes ongelukkig was oor die kwaliteit kos wat hulle ontvang het. Hulle is daarna glo gedwing om menslike ontlasting te eet.
