‘n Boer en sy vrou is Donderdagoggend in hulle huis naby Klerksdorp, Noordwes, wreed aangeval, het paramedici gesê.
Die 50-jarige boer is deur een van vier rowers in die been geskiet tydens die voorval, wat omstreeks 07:00 plaasgevind het.
Die boer en sy vrou is ernstig beseer toe hulle deur die swart aanvallers aangerand is
Paramedici het hulle op die toneel behandel en na ‘n naby geleë hospitaal geneem.
Geen verdere inligting rondom die voorval is nog bekend nie.
