praag.co.za

Gautreinrit kos R100

Written by

in

‘n Rit op die Gautrein tussen Sandton en die OR Tambo Internasionale Lughawe sal R100 kos, het die maatskappye wat agter die projek is, Dinsdag bekend gemaak.

‘n Treinrit, plus ‘n busrit sal R22.50 van Sandton na Marlboro kos, van Sandton sal dit R27 na Rhodesfield wees en R24.50 van Marlboro tot Rhodesfield, sê die Gautrein-bestuursagentskap en Bombela konsessiemaatskappy in ‘n gesamentlike verklaring. 
  
Sonder die busreis sal die kaartjie goedkoper wees met R6. Reise na die lughawe van enige van hierdie stasies sal ook R100 beloop.
  
Hierdie roetes open almal op 8 Junie.
  
Parkering by ‘n stasie kos R9.50 vir die eerste 24 uur of deel daarvan so lank as wat die trein ook gebruik word. Iemand wat slegs vir die gebruik van die parkering inry, sal “wesenlik” meer moet opdok.
  
Die trein- en busdiens loop van Maandag tot Sondag 5:30-20:30, elke 12 minute gedurende spitstye (5.30 om 08:30 en 4 tot 19:00) en elke 20 minute buite spitstye.
  
Pendelaars sal toegang tot hierdie dienste hê met ‘n “Contact smart card”. Dit R10 kos en krediet soos nodig kan daarop gelaai word.
  
“Hierdie tariefbeleid is daarop gemik om die Gautrein aantreklik en bekostigbaar te maak vir groot dele van die bevolking sonder om met bestaande vorms van openbare vervoer mee te ding.” 
  
Gautrein-tariewe “is tipies laer” as ‘n private voertuig vir dieselfde reis, maar duurder as die gebruik van bestaande minibus taxi’s, Metrobus of Metrorail.

купить липецк стенды для правки дисковОлександр Фільчаков прокурор

Comments

Leave a Reply