Seewrowerery langs die kus van Somalië sal uitbrei na ander dele van die kontinent, tensy dringende ingrypings gemaak word om dit te stop, het Justisieminister Jeff Radebe Dinsdag gewaarsku.
“As ons toelaat dat so ‘n onwettige aktiwiteit posvat in ‘n deel van Afrika, stuur ons ‘n ope uitnodiging uit om dit te versprei na ander dele van Afrika,” het hy by ‘n Afrika Renaissance-konferensie in Durban gesê.
Die konferensie is bygewoon deur afgevaardigdes van verskeie Afrika-lande.
Radebe het gesê dat Suid-Afrika homself nie kan verbly in die feit dat die lang roete om Kaapstad as ‘n lewensvatbare alternatief oorweeg word vir die Somaliese kusroete nie, wat geteister word deur die seekapers.
Die inkomste en status vir Suid-Afrika moet verwelkom word, maar dit kom teen ‘n verlies vir ‘n ander Afrika-land.
Radebe het gesê dat daar ‘n dringende behoefte bestaan om regstegniese medewerking met die Afrika-Unie se lidlande uit te brei.
“Diegene van ons wie se regspraak meer gevorderd is, moet bereid wees om raad te gee oor hoe ander hulle s’n moet verbeter binne die raamwerk van Afrika-regspraak,” het hy gesê.
Die konferensie is ook bygewoon deur die Minister van Binnelandse Sake Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van Vervoer, Sibusiso Ndebele en KwaZulu-Natal premier dr. Zweli Mkhize.

Dlamini-Zuma het gesê dat daar ‘n behoefte bestaan onder swartes om mekaar soos broers te behandel.
Daar moes ‘n einde gemaak word aan die mentaliteit onder Suid-Afrikaners dat swartes probleme beteken.
“Apartheid het die situasie waar swartes uitgehou is en ander soos die Europeërs en wit Amerikaners as positief gesien is, geskep,” het sy gesê.
Dlamini-Zuma het gesê sy sou graag paaie en spoorlyne wil sien tussen alle Afrika-lande om die ekonomie en toerisme te stimuleer.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.