Polisie ontken Franse berig oor kinderhandel

Die Suid-Afrikaanse polisie het Maandag ontken dat ongeveer 20 kinders by die Komatipoort-grenspos tussen Suid-Afrika en Mosambiek in kartonhouers gevind is. 

“Dit is ‘n leuen. Ek sou die eerste gewees het om van so ‘n iets te weet,” het kapt. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder in Mpumalanga, gesê.

Die Franse nuusagentskap, AFP, het vroeër berig dat sowat 20 kinders tussen die ouderdomme van nege en 16 agter in ‘n vragmotor by die grenspos ontdek is.

Volgens AFP het hierdie voorval reeds ‘n week of twee gelede plaasgevind.

“As dit ‘n week gelede gebeur het sou ek teen hierdie tyd reeds iets daarvan geweet het,” het Hlathi gesê.

пескоструйная обработкаАлександр Фильчаков Васильевич

WB-howe het 64 reeds skuldig bevind

Volgens die nasionale vervolgingsgesag (NVG) is 64 verdagtes reeds skuldig bevind in die spesiale Wêreldbeker-howe oor die afgelope maand.

“Daar was sedert 28 Mei ‘n totaal van 142 sake op die hofrol,” het Mthunzi Mhaga, NVG-woordvoerder, Maandag gesê.

Sowat 31 sake is van die rol geskraap weens ‘n tekort aan bewyse, terwyl 22 sake uitgestel is vir verdere ondersoek.

Die hooggeregshof in Johannesburg het reeds 44 sake hanteer.

Daar is sowat 56 spesiale Wêreldbeker-howe op die been gebring om spesifiek Wêreldbeker-verwante sake te hanteer tydens die toernooi.

Die howe werk in twee skofte. Die eerste van 08:30 tot 16:30 en die tweede van 16:30 tot 23:00.

промышленные подвесные светильники для ламп накаливанияЛобановский Харьков

Sannieshof betaal Eskom direk

Carin Visser van SIBUDie inwoners van Sannieshof het ‘n amptelike skrywe aan die administrateur van die Tswaing-munisipaliteit gerig waarin hy meegedeel word dat elekrisiteitsgelde voortaan direk aan Eskom oorbetaal gaan word.

Alhoewel dit nie die volle bedrag van die rekening is nie sal dit Eskom verhoed om die dorp se krag af te sit. Die reaksie van beide die administrateur en Eskom sal nou afgewag word.

Mnr. Jaap Kelder, voorsitter van die Nasionale Belastingbetalersunie (NBU), het gesê: “Wat egter ook belangrik is, is die proses wat gevolg is om die besluit te neem om die elektrisiteit direk aan Eskom oor te betaal.

Die NBU het eerstens die stap aan die bestuur van SIBU voorgestel.

Die bestuur het op ‘n vergadering bespreek en besluit dat die die beste pad sal wees.

Daarna is ‘n inwonersverenigingvergadering gereël waar die voorstel aan die inwoners voorgelê is en waar die inwoners die finale besluit geneem het.”

Mnr. Kelder beskou die besluit ook as belangrik in ‘n politieke lig. “Dit is soos die Switserse kantonstelsel werk nl. die inwoners is die hoogste gesag en neem die finale besluit oor die dinge wat hulle direk raak. Dit is nou demokrasie op sy heel beste. Net interessantheidshalwe is die besluit eenparig geneem sonder enige teenstem.”

In haar brief aan die stadsraad skryf die munisipale aktivis Carin Visser dat Sannieshof tans R1,7 miljoen aan Eskom skuld van ‘n totale bedrag gelykstaande aan R9,1 miljoen vir die Tswaing-munisipaliteit.

Tydens drie verskillende vergaderings in Februarie 2010 het SIBU, die inwonersvereniging op Sannieshof, die versekering van die munisipale bestuurder ontvang dat Sannieshof se elektrisiteitsrekening met Eskom ten volle vereffen is. Die inwoners het reeds die gelde aan die ANC-munisipaliteit oorbetaal, maar dié het dit na eie goeddunke uitgegee en dus skuld die dorp steeds vir Eskom.

In haar brief sê Visser: “Ons aanvaar geen verantwoordelikheid vir die uitstaande bedrag nie. Op 22 Junie het die inwoners van Sannieshof die komitee van ‘n mandaat verskaf om hul elekrisiteitsbydraes direk aan Eskom se rekening oor te betaal. Die mandaat is eenparig bekom.”

In ‘n soortgelyke geval op Parys in die Vrystaat het die ANC-munisipaliteit ook die inwoners se elektrisiteitsbydraes op salarisse, motors en partytjies uitgegee terwyl skuld van R13 miljoen aan Eskom nie vereffen is nie. In ‘n hofuitspraak is die dorp 14 dae gegee om die uitstaande bedrag te delg.

play crownДанильченко Юрий отзывы

Obama sal internet kan afsper

President Obama sal die Internet vir ten minste vier maande sonder Kongrestoesig kan sluit indien die Senaat stem vir die berugte Internet “kill switch”-wetsontwerp, wat gister deur ‘n sleutelkomitee goedgekeur is.

Die beskerming van die kuberruimte onder die Nasionale Batewet, word deur senator Joe Lieberman gedryf, en sal absolute mag aan die federale regering oorhandig om netwerke te sluit, asook inkomende internetverkeer van sekere lande op grond van ‘n nasionale noodtoestand af te sper.

Ten spyte van teenkanting deur privaatheids- en tegnologie organisasies en algemene besorgdheid dat die wetgewing gebruik sal word om vryheid van spraak te demp, het die Senaat se Homeland Security and Governmental Affairs-komitee daarin geslaag om die wetsontwerp deur te druk.

In reaksie op wydverspreide kritiek teen die wetsontwerp, word goedkeuring deur die Kongres dmv bykomende klousules egter benodig om noodmaatreëls na meer as120 dae te verleng.

Obama beskik nietemin steeds oor die gesag om die internet af te sluit sonder toesig of goedkeuring deur die Kongres vir ‘n tydperk van nie minder nie as vier maande.

Die senatore wat die wetsontwerp deurdruk, verwerp die aantyging dat die wetsontwerp ‘n “kill switch” vir die internet is, deur te betoog dat Obama reeds oor die gesag tot sluiting van die internet beskik.

Hulle sê: “Die president kan onder die Wet op Kommunikasie” die sluiting van enige fasiliteit of stasie vir kommunikasie versoek “wanneer daar ‘n bedreiging van oorlog is”, berig die Sydney Morning Herald.

Vrese dat die wetgewing die internet onder die regulatoriese invloed van die Amerikaanse regering wil indwing in ‘n offensief teen vryheid van spraak, is verder verhoog toe Lieberman Sondag onthul het dat die plan is om China se beleid van polisiëring op die web met sensuur en dwang na te boots.

“Op die oomblik kan China, die regering, dele van die internet in die geval van oorlog afsluit en ons moet dit ook hier kan doen,” het Lieberman aan CNN se Candy Crowley gesê.

Terwyl die media en openbare aandag besonder gefokus is op die BP-oliestorting, is die Obama-administrasie rustig besig met die voorbereiding van die raamwerk vir ‘n tegnologiese ystergordyn wat die Amerikaanse regering eersdaags volle beheer oor die internet kan gee.

Die ware agenda agter die wetsontwerp is volgens kenners om die wegholgroei van alternatiewe en onafhanklike media kanale te beperk.

China maak gebruik van soortgelyke retoriek om die noodsaaklikheid van “sekuriteit” en die stryd teen kuberoorlogvoering deur die regulering van die web te regverdig, maar in werklikheid is hul hele program gefokus daarop om die swye aan enigiemand wat die staat kritiseer, op te lê.

Onafhanklike internetmediakanale wat meeding met gevestigde persorgane, soos die Drudge Report lok tans meer verkeer as baie groot koerante saam. Daar is selfs nou sprake van ‘n “Drudge Belasting” wat gebruik sal word om hoofstroomkoerante te befonds.

affixтопкарго отзыв

De Klerk bietjie bekommerd oor landbou

Die voormalige staatspresident F.W. de Klerk het gister gesê dat Suid-Afrika op ‘n “Zimbabwe” afstuur indien grondhervorming op dieselfde wyse as tans voortgaan.

De Klerk het in Kaapstad ‘n aantal sakeleiers op Fortune, Time en CNN se wêreldforum toegespreek. Volgens die oudstaatshoof speel “ideologie” ‘n te groot rol in die landbou en kan voedselsekerheid in die gedrang kom. De Klerk se siening oor kommunisme het heelwat na regs verskuif want hy het gister gesê: “Ideologie het in lande soos Rusland die landboubedryf duur te staan gekom. Ons sit in hierdie land met daardie uitdaging. Ek herhaal: haal ideologie uit landbousake, anders is Zimbabwe jou voorland.”

Desnieteenstaande is De Klerk steeds ‘n ondersteuner van “omvattende grondhervormingspogings” en dat swart boere plase moet kry, asook meer hulp om sulke plase te bedryf. “Ons het hier gesien hoe boere in die steek en sonder finansiering of ondersteuning gelaat word. Dit knou produksie en laat dit in sommige gevalle heeltemal tot stilstand kom.”

Is De Klerk ten gunste van kollektiewe boerdery soos dit destyds in Oos-Europa toegepas is? Die oud-NP-leier het hom soos volg ten gunste van privaateiendom uitgespreek: “Eienaarskap verskaf die dryfkrag vir verbouers om genoeg te produseer en in hul ondernemings te belê. Dít stimuleer produksie en gee voedselsekuriteit.”

Die ANC beskik oor verskeie radikale planne om grondeienaarskap in Suid-Afrika feitlik te beëindig ten gunste van ‘n huurpagstelsel. Blanke boere gaan ook gedwing word om 40% van hul plase met regeringsaangestelde swartes te deel.

miomare yachtingлобановский александр

Obama fokus op begrotingstekorte

President Barack Obama het Sondag ‘n internasionale ooreenkoms deur ryk lande om hul begrotingstekorte teen 2013 met die helfte te verminder, verwelkom. 

“Ons kan nie almal gelyk na die uitgang haas nie,” het Obama tydens ‘n perskonferensie by die G20-leiersberaad gesê.

Die beroep op leierlande vereis dat hulle hul jaarlikse begrotingstekorte op verlaag of stabiliseer teen 2016.

Obama was die gasheer vir die vorige G20-leiersberaad in Pittsburgh. 

Die vorige beraad het gepoog om beter voorsorg te tref om te verseker dat ‘n finansiële krisis nie weer gebeur nie.

“Die kernboodskap van Pittsburgh moet meer wees as om net die agenda wat in Londen gestel is, wat meestal gehandel het oor finansiële stabiliteit en om bankiers se bonusse af te skaf, te implementeer,” het hy toe gesê.

Die beraad in Toronto, Kanada, is weer eens gekenmerk deur straatprotes wat deur die polisie in bedwang gehou moes word.

instagram for brandsФильчаков прокурор отзывы

Minister wil veldskole ‘reguleer’

Die minister van tradisionale sake oorweeg tans die regulering van veldskole vir swartes ná berigte oor vele jeugdiges wat sterf nadat hulle by onwettige veldskole besny is.

“Die departement het ook ‘n beleidsdokument oor die tradisionele praktyk van inisiasie wat bedoel is om tradisionele leiers verantwoordelik vir dié praktyk te maak, asook die algemene bestuur van veldskole ondersoek, met die kriminalisering en streng vonnisse vir diegene wat hulle skuldig maak aan die bedryf van onwettige veldskole,” het minister Siceo Shiceka in ‘n verklaring gesê.

City Press het Sondag berig dat dosyne jong Xhosa-veldskoolgangers besig was om in die Oos-Kaap dood te gaan as gevolg van onwettige insiasiepraktyke. Vele oorlewendes moes inderhaas na die hospitaal vervoer word met geskende penisse, wat geamputeer moes word om hul lewens te red.

Shiceka sê hy oorweeg nog die witskrif oor die regulering van die praktyk.

“Die sterftes is geheel en al onnodig. Ouers moet meer met hul kinders praat oor die ernstige risiko’s waaraan hulle hulself blootstel as hulle na dié onwettige veldskole toe gaan, in die naam van ‘n geëerde kultuurpraktyk met ‘n lang geskiedenis,” sê Schiceka.

“Die polisie moet selfs sterker optree teen diegene wat dié kultuurpraktyk se reputasie skend deur gierigheid en ‘n volslae minagting vir tradisie, wat op die verskriklike dood en skending van ons jongmense uitgeloop het.”

Hy sê dat indien enigeen gevond word wat ‘n velskool sonder magtiging bedryf, die polisie hulle onmiddellik moet arresteer.

“Ons jongmense moet aangemoedig word om slegs wettige en erkende veldskole met die goedkeuring van plaaslike tradisionele leiers, die regering en hul ouers by te woon,” het hy gesê.

игры для девачекОлександр Васильович Фільчаков

Bejaarde ure lank gemartel

‘n Bejaarde van Koppies, Tobie Loubser (83), is met ‘n mes in sy gesig gekerf, herhaaldelik met ‘n ysterstaaf geslaan, op sy knieë rondgesleep en met ‘n elektriese kabel geskok, berig Beeld.

Die ouddirekteur van Senwes, het dié aanslag oorleef. Hy is Vrydagmiddag oorval toe twee swart mans buite sy huis in die dorp op hom toegesak het en geld geëis het.

Loubser het slegs R870 by hom gehad, waarmee die aanvallers nie tevrede was nie en hul slagoffer begin martel het.

Benewens die foltering het hulle ‘n vuurwapen uit die kluis gebuit en daarna twee bottels drank leeg gedrink en wors gebraai.

Een man het later Loubser se keel met ‘n stomp mes probeer afsny, waarna hy op sy knieë na sy slaapkamer gesleep is. Hulle het hom ook met die elektriese kabel van ‘n verwarmer op sy enkel probeer skok.

Hulle het later met Loubser se bakkie gevlug, maar is deur die polisie van Koppies vasgevat nadat Loubser alarm gemaak het.

Die twee verdagtes sal Dinsdag in die hof verskyn.

iron man 2Олександр Фільчаков прокурор

11 Sokkerkykers sterf toe balkon meegee

Elf mense is in Matam in die noorde van Senegal dood toe die balkon waarop hulle ‘n Wêreldbeker-wedstryd gekyk het, onder hulle meegegee het. 

Volgens die polisie in Senekal, was die sokkergeesdriftiges besig om Saterdagmiddag se wedstryd tussen Uruguay en Korea te kyk toe die balkon ineenstort.

Die moontlikheid bestaan dat daar nog mense in die puin vasgevang is, het ‘n polisiebeampte Sondag gesê.

протезирование зубов форумФильчаков Александр Васильевич

Aussie sokkertoeskouers beroof

Steve Gaynor, ‘n Australiër wat in Suid-Afrika is vir die sokker, het gesê gewapende rowers het hotelgaste met gewere en handwapens aangehou waar hy tuisgaan.

Gewapende gewapende rowers het nie alleen hul slagoffers vasgebind en beroof nie, maar ook een seksueel aangerand.

Die rooftog het plaasgevind toe ondersteuners teruggekeer het na hul hotel in Nelspruit na afloop van die wedstryd tussen die Socceroos en Serwië.

‘n Australiese gas by die hotel, Steve Gaynor, het gesê vier Nigeriese mans met gewere en handwapens het nege toeriste, vyf van hulle Australiërs, terug na die hotel gevolg ná die wedstryd en aangeval in hulle kamers.

Gaynor, wat toerusting ter waarde van R66 000 verloor het wat gesteel is uit sy kamer, sê hy was in die kroeg ten tye van die aanval.

“Ons was salig onbewus van wat aangaan. Die arme mense is vasgemaak, en met ‘n wapen teen die kop aangehou en beroof.. My kamertjie is geplunder, maar gelukkig was ek nie daar toe hulle deur die venster gebreek het nie.”

Mnr Gaynor het gesê ‘n Australiër is seksueel aangerand.

Een van die slagoffers was ‘n Australiese federale polisiebeampte en het probeer om die ander tydens die rooftog kalm te hou.

“Hulle het kontant, juwele en horlosies van die mense wat hulle vasgebind afgeneem en selfone en skootrekenaars gesteel,” het Gaynor gesê.

“Ek dink hulle het geweet dat die Aussies in die hotel is, en hulle het ons geteiken. Al die toeriste wat aangeval is, was wit.

“Dit was roof met geweld. Een man het op die vloer gelê en die rower het met sy stewel op sy kop getrap en hom beveel om stil te lê of hy is dood – dit was ernstig.”

online slots no deposit bonusАлександр Фильчаков Васильевич