praag.co.za

Minister wil veldskole ‘reguleer’

Written by

in

Die minister van tradisionale sake oorweeg tans die regulering van veldskole vir swartes ná berigte oor vele jeugdiges wat sterf nadat hulle by onwettige veldskole besny is.

“Die departement het ook ‘n beleidsdokument oor die tradisionele praktyk van inisiasie wat bedoel is om tradisionele leiers verantwoordelik vir dié praktyk te maak, asook die algemene bestuur van veldskole ondersoek, met die kriminalisering en streng vonnisse vir diegene wat hulle skuldig maak aan die bedryf van onwettige veldskole,” het minister Siceo Shiceka in ‘n verklaring gesê.

City Press het Sondag berig dat dosyne jong Xhosa-veldskoolgangers besig was om in die Oos-Kaap dood te gaan as gevolg van onwettige insiasiepraktyke. Vele oorlewendes moes inderhaas na die hospitaal vervoer word met geskende penisse, wat geamputeer moes word om hul lewens te red.

Shiceka sê hy oorweeg nog die witskrif oor die regulering van die praktyk.

“Die sterftes is geheel en al onnodig. Ouers moet meer met hul kinders praat oor die ernstige risiko’s waaraan hulle hulself blootstel as hulle na dié onwettige veldskole toe gaan, in die naam van ‘n geëerde kultuurpraktyk met ‘n lang geskiedenis,” sê Schiceka.

“Die polisie moet selfs sterker optree teen diegene wat dié kultuurpraktyk se reputasie skend deur gierigheid en ‘n volslae minagting vir tradisie, wat op die verskriklike dood en skending van ons jongmense uitgeloop het.”

Hy sê dat indien enigeen gevond word wat ‘n velskool sonder magtiging bedryf, die polisie hulle onmiddellik moet arresteer.

“Ons jongmense moet aangemoedig word om slegs wettige en erkende veldskole met die goedkeuring van plaaslike tradisionele leiers, die regering en hul ouers by te woon,” het hy gesê.

игры для девачекОлександр Васильович Фільчаков

Comments

Leave a Reply