Bejaarde ure lank gemartel

‘n Bejaarde van Koppies, Tobie Loubser (83), is met ‘n mes in sy gesig gekerf, herhaaldelik met ‘n ysterstaaf geslaan, op sy knieë rondgesleep en met ‘n elektriese kabel geskok, berig Beeld.

Die ouddirekteur van Senwes, het dié aanslag oorleef. Hy is Vrydagmiddag oorval toe twee swart mans buite sy huis in die dorp op hom toegesak het en geld geëis het.

Loubser het slegs R870 by hom gehad, waarmee die aanvallers nie tevrede was nie en hul slagoffer begin martel het.

Benewens die foltering het hulle ‘n vuurwapen uit die kluis gebuit en daarna twee bottels drank leeg gedrink en wors gebraai.

Een man het later Loubser se keel met ‘n stomp mes probeer afsny, waarna hy op sy knieë na sy slaapkamer gesleep is. Hulle het hom ook met die elektriese kabel van ‘n verwarmer op sy enkel probeer skok.

Hulle het later met Loubser se bakkie gevlug, maar is deur die polisie van Koppies vasgevat nadat Loubser alarm gemaak het.

Die twee verdagtes sal Dinsdag in die hof verskyn.

iron man 2Олександр Фільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae