praag.co.za

Obama sal internet kan afsper

President Obama sal die Internet vir ten minste vier maande sonder Kongrestoesig kan sluit indien die Senaat stem vir die berugte Internet “kill switch”-wetsontwerp, wat gister deur ‘n sleutelkomitee goedgekeur is.

Die beskerming van die kuberruimte onder die Nasionale Batewet, word deur senator Joe Lieberman gedryf, en sal absolute mag aan die federale regering oorhandig om netwerke te sluit, asook inkomende internetverkeer van sekere lande op grond van ‘n nasionale noodtoestand af te sper.

Ten spyte van teenkanting deur privaatheids- en tegnologie organisasies en algemene besorgdheid dat die wetgewing gebruik sal word om vryheid van spraak te demp, het die Senaat se Homeland Security and Governmental Affairs-komitee daarin geslaag om die wetsontwerp deur te druk.

In reaksie op wydverspreide kritiek teen die wetsontwerp, word goedkeuring deur die Kongres dmv bykomende klousules egter benodig om noodmaatreëls na meer as120 dae te verleng.

Obama beskik nietemin steeds oor die gesag om die internet af te sluit sonder toesig of goedkeuring deur die Kongres vir ‘n tydperk van nie minder nie as vier maande.

Die senatore wat die wetsontwerp deurdruk, verwerp die aantyging dat die wetsontwerp ‘n “kill switch” vir die internet is, deur te betoog dat Obama reeds oor die gesag tot sluiting van die internet beskik.

Hulle sê: “Die president kan onder die Wet op Kommunikasie” die sluiting van enige fasiliteit of stasie vir kommunikasie versoek “wanneer daar ‘n bedreiging van oorlog is”, berig die Sydney Morning Herald.

Vrese dat die wetgewing die internet onder die regulatoriese invloed van die Amerikaanse regering wil indwing in ‘n offensief teen vryheid van spraak, is verder verhoog toe Lieberman Sondag onthul het dat die plan is om China se beleid van polisiëring op die web met sensuur en dwang na te boots.

“Op die oomblik kan China, die regering, dele van die internet in die geval van oorlog afsluit en ons moet dit ook hier kan doen,” het Lieberman aan CNN se Candy Crowley gesê.

Terwyl die media en openbare aandag besonder gefokus is op die BP-oliestorting, is die Obama-administrasie rustig besig met die voorbereiding van die raamwerk vir ‘n tegnologiese ystergordyn wat die Amerikaanse regering eersdaags volle beheer oor die internet kan gee.

Die ware agenda agter die wetsontwerp is volgens kenners om die wegholgroei van alternatiewe en onafhanklike media kanale te beperk.

China maak gebruik van soortgelyke retoriek om die noodsaaklikheid van “sekuriteit” en die stryd teen kuberoorlogvoering deur die regulering van die web te regverdig, maar in werklikheid is hul hele program gefokus daarop om die swye aan enigiemand wat die staat kritiseer, op te lê.

Onafhanklike internetmediakanale wat meeding met gevestigde persorgane, soos die Drudge Report lok tans meer verkeer as baie groot koerante saam. Daar is selfs nou sprake van ‘n “Drudge Belasting” wat gebruik sal word om hoofstroomkoerante te befonds.

affixтопкарго отзыв

Comments

Leave a Reply