Loubser het gesê Suid-Afrikaanse banke lyk nou sterker as oorsese banke. "Dit lyk nou nie sleg vir Suid-Afrika nie, maar as die situasie elders in die wêreld so voortgaan, kan ons moeilike tye verwag," het hy gesê.
Geen rede vir paniek nie, sê Russell Loubser, uitvoerende hoof van die Johannesburgse Aandelebeurs. Markte wêreldwyd het byna al 'n derde van hul waarde verloor, maar Loubser sê ons het sterk maatskappye wat goeie dividende betaal.
Loubser het gesê Suid-Afrikaanse banke lyk nou sterker as oorsese banke. "Dit lyk nou nie sleg vir Suid-Afrika nie, maar as die situasie elders in die wêreld so voortgaan, kan ons moeilike tye verwag," het hy gesê.
Professor Kopano Ratele van die Mediese Navorsingsraad sê dis die machoman-beeld wat maak dat Suid-Afrika se mans van die mees gewelddadigste mans op aarde is. Die koers van geweld onder jong mans is nege keer hoër as die wêreldgemiddeld.
Die MNR wil graag 'n oplossing vind vir die probleem. Ratele sê ouers moet hulle kindrs leër dat dit reg is om weg te loop van 'n geveg. Goeie skole en sterk gesinne meen hy sal geweld bekamp. Kulturele faktore speel ook 'n rol in geweld wat mans pleeg.
Volgens 'n verslag van die Kanadese Mediese Vereniging is 27,5% van die plegers van geweld daaraan blootgestel gewees as kinders.
Woedende beleggers het Woensdag in Hong Kong buite die Bank van China met die polisie slaags geraak. Hulle het hulle geld teruggeëis wat deur die bankrotskap van Lehman Brothers ingesluk is.
Wetgewers het intussen belowe dat hulle strenger gaan optree teen banke. Verskeie beleggers sê die mini-effekte, wat al belegging is wat hulle het, is aan hulle verkoop deur dit as 'n risikovrye belegging voor te stel.
Een straatverkoper het aan AFP gesê al sy spaargeld het hy daarin belê. Hy is so ontsteld dat hy nou al drie weke nie slaap sonder medikasie nie. 'n Groep het ook by die Hongkongse Monetêre Owerheid bymekaargekom om te protesteer.
Politieke partye sê hulle sal met banke gaan praat om die krisis op te los. Lehman Brothers het verlede maand bankrot gespeel.
Noord-Korea werk aan 'n kernkop vir 'n missiel het 'n senior militêre offisier van Suid-Korea Woensdag bekendgemaak. Die aankondiging is deur die Yonapnuusagentskap gemaak.
Lyftaal praat! Obama en McCain hou nie veel van mekaar nie. Ná Dinsdag se debat tussen die twee het hulle nie dadelik gaan bladskud nie. McCain moes Obama op die skouer gaan aanraak sodat hy na hom toe draai en toe die swart kandidaat sy hand uitsteek het McCain verkies om dit nie dadelik te neem nie maar om Obama na sy vrou, Cindy, te stuur.
Kiesers het gevoel McCain is te aggressief terwyl Obama koel en kalm gebly het. McCain het dikwels sy vinger na sy opponent opgesteek sonder om na hom te kyk. Obama het weer detail vermy.
Die twee het op stoele gesit en sodoende meer van hulleself gewys. Obama het ontspanne rondgestap op die verhoog terwyl McCain doelgerig sy treë afgetel het. Obama het stilgesit terwyl McCain het aanmekaar notas geneem het. Die ouderdomsverskil was ook meer sigbaar, 47 teenoor 72.
Obama het op 'n stadium gesê hy verstaan nie waarom 'n land wat absoluut niks met 9/11 te make gehad het nie, Irak, binnegeval moes word nie, in 'n duidelike poging om 'n groeiende aantal skeptici ter wille te wees.
Wladimir Poetin is nie 'n sissie nie. As die voormalige KGB-agent nie 'n Siberiese sabeltand omstoei om joernaliste wat hom op 'n uitstappie met wetenskaplikes na Rusland se Verre Ooste vergesel het, te red nie, dan baljaar hy in 'n vegvliegtuig.
Dit was ook die president die 56ste verjaarsdag gister. Die video is deel van 'n reeks mediageleenthede wat Poetin se manlikheid benadruk, alhoewel daar geen kameras naby was om sy geveg met die sabeltandtier te verewig nie. Behalwe die getuienis van die dankbare en beangsde joernaliste, is daar geen filmmateriaal oor die insident nie. Wat die judovideo aanbetref het hy by die perskonferensie gesê dit is suiwer vir die doel van bemarking gemaak.
In die judovideo wys die Russiese swartgordel sy slag met onder andere Yasuhiro Yamashita, 'n voormalige wêreldkampioen. Dit sal te koop wees by alle Oosterse gevegskunsskole regdeur die land en moontlik ook as 'n reeks op TV aangebied word later.
Op die video vertel 'n swartgeklede Poetin dat die grondbeginsel van die sport is om die grootste resultaat met die minste moeite te verkry. Hy sê kompromieë en konsessies word toegelaat solank dit lei tot 'n oorwinning. Poetin is 'n ywerige voorstander van sport in Rusland en sedert hy aan bewind gekom het, het die land iets van 'n sportoplewing gehad.
"Sonder sport," het hy Dinsdag gesê, "kan 'n mens nie praat van 'n gesonde leefstyl of die gesondheid van 'n volk nie."
Tekens dat die Europese ekonomie sy afwaartse pas versnel, het die regerings van Spanje en Brittanje beweeg om onafhanklike reddingsplanne vir hulle finansiële industrieë te bedink. Ysland het intussen gewaarsku dat hulle land teen algehele bankrotskap sal moet walgooi.
'n Politieke ekonoom by die London School of Economics sê daar is nie meer so 'n ding soos 'n veilige bank nie. Banke is net so veilig soos wat hulle regerings hulle kan maak. Bankaandele het skerp gedaal gister.
Bank of Scotland se aandeelprys het met 39% gedaal omdat beleggers meen dat die kapitaalinspuiting die bestaande aandeelhouding kan verminder. Daarbenewens was handelaars bekommerd oor die afgradering van Standard & Poor vir die Bank of Scotland omdat die bank sukkel om fondse in die hande te kry.
Die idee agter die Britse plan is om kapitaal te verhoog om banke 'n kussing teen verliese te gee. Kenners sê dit is te laat want die kombinasie van 'n resessie en korttermynlikiditeit is te groot om positief op 'n kapitaalinspuiting te reageer.
In Spanje, waar die tuimelende huismark die banke besonder hard tref, het eerste minister Zapatero 'n 30 miljard euro hulppakket aangekondig. Hy het belowe dat net "gesonde" bates ondersteun sal word en nie toksiese bates nie om kritiek teen sy plan af te weer. Sommige kenners is bekommerd dat banke wat opgesaal is met subprimalenings nie daarby gaan baat nie.
In Luxemburg het Europese leiers ooreengekom om bankreëls vir boekhouding te verslap om die groeiende krisis te besweer. Dit is die eerste keer dat al 27 EU-lidlande 'n gemeenskaplike pad vorentoe inslaan met die ondertekening van die ooreenkoms.
'n Vierdejaarstudent by Rhodes Universiteit ontvang tans berading nadat sy na bewering deur drie mans verkrag is oor die naweek.
Grahamstad se polisiesegspersoon, inspekteur Milanda Coetzer sê die insident het Saterdag in die vroeë oggendure plaasgevind.
Coetzer sê die vrou is deur drie mans genader wat haar na Queenstraat toe geforseer het waar hulle haar verkrag het. Sy het om hulp geroep en is daarna in die regter skouer gesteek, waarna hulle haar verskeie kere verkrag het.
Die polisie ondersoek ‘n saak van verkragting, maar sover is geen arrestasies gemaak nie.
In ‘n verklaring aan die Rhodesgemeenskap het Universiteits-segsman Guy White gesê dat die student onderweg was na haar woning toe. Sy het baie laat gewerk by een van die rekenaarlaboratoriums.
Sowat twee weke gelede is twee damestudente wat by die drama epartement gewerk het met messe aangehou deur twee jeugdiges en beroof van beursies, selfone en ‘n iPod.
White sê dat die kampus Maandag 24 uur lank deur patrollies gefynkam was. Verder is daar heelwat meer ligte aangebring en paniekknoppies is by sleutelpunte aangebring. Daar is ook veilige roetes opgestel wat 24 uur per dag gepatrolleer word.
Wagte is ook beskikbaar gestel om personeel en studente na hulle motors en kampus residensies te begelei op enige tyd wat hulle onveilig voel.
White sê dat hulle dit gereeld aan personeel en studente benadruk om bewus te wees van hulle eie veiligheid. Hy is van mening dat een insident een te veel is en sê hulle kyk konstant na metodes om mense se veiligheid te verbeter.
Een van die studente wat die jaar die slagoffer van misdaad was is Zethu Mtshemla, wat vroeër vanjaar amper deur ‘n man wat haar op straat ontmoet het verkrag is. Na ‘n struweling tussen haar en die verdagte het sy ontsnap en om hulp kon roep. ‘n Saak van poging tot verkragting is aangemeld, maar daar is tot nou geen arrestasies in die saak gemaak nie.
Voormalige president Thabo Mbeki gaan gevra word om die ANC by te staan in sy veldtog vir die algemene verkiesing aanstaande jaar.
Die SABC berig dat die ANC-president, Jacob Zuma, gesê het Mbeki sal onder die senior leiers wees wat ontplooi gaan word om stemme te werf.
ANC Jeugligaleier Julius Malema het ook gesê die party moet Mbeki intrek om vir die ANC in die verkiesing te werk.
Zuma het hulde gebring aan Mbeki se bemiddelingspogings in Zimbabwe en ondersteun sy voortgesette werk om die twee Zimbabwe-faksies bymekaar te bring.
Die vrou wat oorlede is aan die dodelike virussiekte uit Zambië is me Cecilia van Deventer. Sy was 36 jaar oud en 'n niggie van oud-Springbok-rugbykaptein, Corné Krige. Daar word vemoed dat dit Kongokoors kan wees.
Die hoof van die departement se afdeling vir aansteeklike siektes Dr Frew Benson, sê die pasiënt het 'n bosluisbytmerk gehad, maar hulle wag nog vir die uitslag.
Die publiek kan ook vir dr. Chika Asomugha van die Gautengse departement van gesondheid kontak by 082 330 1490.