Verkragters sak op Haïti-slagoffers toe

Rampokkers in Haïti het begin toesak op die kwesbare slagoffers van die aardbewing en selfs vroue begin verkrag, het die land se polisiehoof Donderdag gesê.

“Misdadigers het begin om vroue en meisies aan te rand en onder die tente te verkrag,” het die nasionale polisiehoof Mario Andresol gesê,

“Ons het meer as 7 000 gevangenes in die strate wat die aand van die aardbewing uit die tronk ontsnap het. Dit het ons vyf jaar geneem om hulle vas te trek, nou hardloop hulle vry rond.”

Misdaadsyfers was nog nie bekend nie, maar vroue-organisasies was klaar bewus van talle voorvalle en die Verenigde Nasies is reeds ingelig, het Andresol gesê.

Volgens hom het die polisiediens uit sowat 8 000 lede bestaan, maar talle is nou dood of nog vermis. Baie van die oorlewende amptenare is getraumatiseer.

“Ons het 70 polisie amptenare verloor, bykans 500 is steeds vermis en 400 is beseer,” het hy gesê.

play cluedo online for free no downloadДанильченко Юрий Брониславович

Sri Lanka se president kry tweede termyn

Verkiesingsbeamptes het amptelik verklaar dat President Mahinda Rajapaksa vir ‘n tweede termyn as president van Sri Lanka aangewys is.

Meer as helfte van Dinsdag se stemme is reeds getel en Rajapaksa het 6,015,934 (57.88%) teenoor sy teenstander, Generaal Fonseka, se 4,173,185 stemme verwerf.

President Rajapaksa het die verkiesingsdatum twee jaar vroeër gemaak om munt te slaan uit die regering se oorwinning in die 26dae oorlog teen die Tamiltiere, die eiland se rebellegroep.

mobile casinos noлобановский александр

WB in SA is ‘die grootste fout ooit’

Uli Hoeness, ’n voormalige sokkerspeler en die president van die sokkerklub, Bayern Munich, het Woensdag gesê Sepp Blatter, die president van Fifa het ’n fout gemaak toe hy Suid-Afrika as gasheerland vir die Wêreldbeker-sokkertoernooi verkies het.

Hoeness het vir die plaaslike koerant, Muenchner Merkur gesê hy weier om 11 Junie Suid-Afrika vir die toernooi te besoek, wat tans vrese oor sekuriteit en lae kaartjieverkope in die gesig staar.

“Ek was nog nooit ‘n vriend van ‘n Wêreldbeker in Suid-Afrika en Afrika nie, maar sal dit slegs oorweeg as die kwessies rondom sekuriteit 100% opgelos word,” het Hoeness gesê.

“Blatter moes eenvoudig sy wil gekry het; ek het dit altyd as verkeerd beskou. Nou moet jy die beste daarvan maak, maar ek is oortuig dat Blatter diep binne besef hy die grootste fout nóg gemaak het.”

Sekuriteit was nog altyd ‘n groot faktor by ‘n Wêreldbeker, maar dit het onlangs weer voorblaaie gehaal nadat drie mans gesterf het toe gewapende mans Togo se nasionale sokkerspan by die Afrikabeker in Angola aangeval het.

Die Suid-Afrikaanse amptenare het egter almal se veiligheid gedurende die toernooi verseker.

Swak kaartjieverkope vir wedstryde is ook onlangs aan die lig gebring, maar die kwessie sal later vandag gedurende ‘n mediakonferensie in Johannesburg bespreek word.

оптовые цены трековые светильникиtopcargo отзывы

Ruben Kruger oorlede

Die voormalige Springbok- en Bulls-flank Ruben Kruger (39) is Woensdagaand oorlede ná ‘n lang stryd teen kanker. Die nuus van sy afsterwe is deur Facebook versprei.

Kruger was deel van die Wêreldbekerrugbytoernooi se wenspan van 1995.

Hy is in 2000 met ‘n breingewas gediagnoseer en in 2007 en 2009 het hy twee breinoperasies ondergaan om gewasse uit sy brein te verwyder.

Kruger laat sy vrou Lize en twee dogters Zoë (7) en Isabella (4) agter.

інтернет магазин іграшокФильчаков прокуратура харьков

Pretoria moet Pretoria bly

“Moenie krap waar dit nie jeuk nie, maar meer belangrik nog – die land het beslis nie nog méér polarisasie nodig deur dade en woorde nie.”

So reageer die leier van die Christen-Demokratiese Party (CDP) en waarnemende voorsitter van die Christen-Demokratiese Alliansie (CDA), ds. Theunis Botha.

“Dit sal die ANC loon om die aanhef van die grondwet te gaan lees, soos dat almal wat gewerk het aan die opbou en ontwikkeling van die land gerespekteer moet word, en dat Suid-Afrika aan almal behoort.

“Die praktyk om munisipaliteite een naam en die stede en dorpe ‘n ander te gee, is juis ontwikkel om polarisasie te voorkom.  Tog is dit die een terrein waarvan die ANC nie sy hande kan afhou nie, en dit het selde iets met apartheid te make, soos die IVP-verbandhoudende name wat in Durban met name uit die ANC-dampkring vervang is.

“Pretoria is die nasionale uitvoerende hoofstad, en as sodanig het elke Suid-Afrikaner ‘n belang by die stad se naam, maar min is geraadpleeg. Boonop het die ANC in die Tshwane-streek die saak deurgaans so gedryf dat dit in emosionaliteit toegeneem het en dat ‘n stomp hantering nou sake net kan vererger.

“Met amptelike voorvadervereringsgeleenthede, ‘n president wat poligamie beoefen, ‘n jeugleier wat spesialiseer in polariserende uitlatings en as toekomstige president gesalf is, is die frustrasies – en vervreemdingsvlakke in die land al op uiters ongewenste vlakke. Die Pretoria-naamkwessie is nou so nodig soos strignien in die kos.”

справки для бассейналобановский александр отзывы

Europeërs nou dubbel so oud as Suid-Afrikaners

Mense in Europa neig om al hoe ouer te word, maar Suid-Afrikaners se gemiddelde lewensverwagting daal – met Vigs die vernaamste verskil.

Volgens die jongste syfers wat deur die Nederlandse Statistiekburo uitgereik is, is die gemiddelde lewensverwagting van Nederlandse vroue 82,3 jaar, 3,1 jaar hoër as in 1980. Al het mans bietjie op vroue ingehaal is die gemiddelde lewensverwagting vir Nederlandse mans nog 78,3 jaar.

Ook, ten spyte van die hoër neiging, het Nederlandse vroue se gemiddelde lewensverwagting van die sesde hoogste na die twaalfde hoogste in Europa teruggesak.  Mans het een plek opgeskuif na die vierde hoogste.

Volgens syfers wat in 1990 gepubliseer is, is Suid-Afrikaners se lewensverwagting nou 47 jaar, ongeveer dieselfde as ‘n oorlogsgeteisterde land soos Afganistan waar dit 44 jaar is.

In 2006 is Suid-Afrika se gemiddelde lewensverwagting nog as 50 jaar aangedui, maar is gewaarsku dat dit nog heelwat sal daal. Toe is aangedui dat Vigs reeds 13 jaar van Suid-Afrikaners se gemiddelde lewensverwagting gestroop het.

очистные установкиФильчаков прокурор отзывы

Verf Pretoria oranje, blanje, blou!

Die ANC se besluit om in openlike konfrontasie met die Afrikanerinwoners en belastingbetalers van Pretoria te tree met sy provokatiewe naamsverandering moet beantwoord word.” So sê dr. Dan Roodt van PRAAG, in antwoord op die nuus dat die ANC se ontplooide kaders wat oor die munisipaliteit van Pretoria regeer, beplan om die stad se naam finaal te verander.

Roodt het inwoners van die stad versoek om hulself volgens kieafdelings te organiseer. In elke kiesafdeling moet ‘n invividu, groepering, gesin, organisasie of ondergrondse sel verantwoordelikheid aanvaar om te sorg dat die kleure oranje, wit en blou op strategiese plekke aangebring word. Dit kan geverf word, vlae kan gehys word, of dit kan selfs snags met behulp van projektors op geboue en mure geprojekteer word.

“Stel die verbeelding aan bewind, is ‘n ou revolusionêre slagspreuk,” het Roodt gesê.

PRAAG sal binnekort ‘n lys van Pretoriase kiesafdelings op die internet publiseer. “Hierdie is ook ‘n gulde geleentheid vir opposisiepartye om hul ondersteuners en partylede op te vorder om insgelyks Pretoria oranje, blanje, blou te verf,” meen Roodt. “Dieselfde aktiviste wat aan die verfaksie deelneem, kan aanstaande jaar sorg dat inwoners in groot getalle teen die ANC se onwettige – weens die onreëlmatige afbakening van die stad se grense – oorheersing oor Pretoria stem.”

Volgens Roodt veg Afrikaners nie bloot vir die behoud van Pretoria se naam nie. “Dit gaan om veel meer as dit,” het hy gesê. “Dit gaan oor ons vryheid, ons menswaardigheid, ons reg op ‘n kultuur en ‘n voortbestaan in hierdie stukkende, korrupte, misdadige en siek land. Ons sal die ANC beveg met woorde, met begrippe, met verf, selfs met wapens as dit moet. Maar ons kan nie langer toelaat dat ons in ons eie stad en in ons eie gebied deur die besetters vanuit Natal en die Transkei oorheers word nie.”

купить куклыФильчаков прокурор харькова

Afriforum sal hof toe oor Pretoria

Die burgerregte-inisiatief AfriForum het aangedui dat sy regspan gereed staan om enige poging om Pretoria se naam te verander, in die hof te stuit.  Dié organisasie is ook van voorneme om grootskaalse protesaksies voor, tydens en na die Wêreldbekersokkertoernooi te loods, sou die naam verander word.  AfriForum se reaksie volg nadat die ANC in Pretoria volgens mediaberigte begin het met gesprekke met die regering om Pretoria se naam voor die Wêreldbekersokkertoernooi te verander.

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, voldoen die proses wat gevolg is om Pretoria se naam te probeer verander, nie aan die wetlike vereistes vir openbare deelname nie.  “Die howe het reeds op dieselfde gronde Louis Trichardt se naamsveranderingsproses ongeldig verklaar en AfriForum sal toesien dat dieselfde met enige poging om Pretoria se naam te verander, gebeur,” het Kriel bygevoeg.

Kriel het daarop gewys dat die feit dat sowat 30 000 mense verlede jaar ʼn byeenkoms bygewoon het wat deur AfriForum ter behoud van Pretoria se naam gereël is, wys dat mense sterk voel oor die behoud van die naam.  Baie van die voorstanders van Pretoria se naam, voel volgens Kriel emosioneel en kultureel gebonde daaraan en sien pogings om die naam te verander as ʼn daad van kulturele aggressie.  “Die polarisering wat die Pretoria-dispuut veroorsaak, kan nie bekostig word in ʼn land met sensitiewe intergroepverhoudings soos Suid-Afrika nie – nie nou nie, nie tydens die Wêreldbekersokkertoernooi nie en ook nie daarna nie,” het Kriel gesê.

AfriForum het volgens Kriel vanoggend ‘n dringende skrywe aan die president en die minister van Kuns en Kultuur, Lulu Xingwana, gerig, waarin die regering versoek word om nie in te stem tot die naamsverandering nie.  AfriForum is ten gunste van ʼn wen-wen-oplossing, in terme waarvan die Metroraad se naam Tshwane bly en die stad se naam steeds Pretoria is.

 

casino slotДанильченко Юрий отзывы

Pieter Mulder ‘beledig’ deur Pretoria-naamsverandering

Pro-Pretoria-betoging deur die VF Plus-jeugDr. Pieter Mulder van die Vryheidsfront Plus het hom in ‘n verklaring teen die versnelde naamsverandering in Pretoria uitgespreek. Mullder meen “Die ANC in Pretoria se verhaasde pogings om die stad se naam voor die Wêreldbekersokkertoernooi te verander, dryf Suid-Afrikaners uitmekaar in ’n tyd waar die regering juis op groter eenheid en patriotisme voor die toernooi gehoop het. Die ANC maak ’n groot fout as die organisasie dink dat hulle nasiebou met die oog op die Wêreldbeker kan bevorder en terselfdertyd Pretoria se naam sonder teenstand kan verander.”

Omdat Pretoria se naam internasionaal bekend is, gaan daar ’n reuseverwarring by buitelandse sokkergeesdriftiges wees wat nou skielik wedstryde in Tshwane moet bywoon. Tans gebruik Fifa beide Pretoria en Tshwane in hulle amptelike stukke en op wedstrydkaartjies.

Volgens Mulder bestaan daar elders ter wêreld “talle voorbeelde waar stede twee name het of ander kompromieë vir soortgelyke probleme gevind is. Die voorwaarde is natuurlik dat daar die wil by die bewindhebbers moet wees om almal in ag te neem. Die VF Plus beoog om hierdie saak met president Zuma op te neem en vas te stel of daar so ’n wil is.”

Mulder het verder gesê dat hy “beledig voel” deur die naamsverandering aangesien “Andries Pretorius een van (sy) helde is.”

машини на радиоуправленииФільчаков прокурор

Verkiesing in Sri Lanka spel geweld

Die Singalees-oorheersde regering van Sri Lanka leer nou ‘n harde les: Minderheidsregte word nie oor die loop van ‘n geweer besleg nie.

Dié les word nou hard geleer terwyl Sri Lanka se eerste verkiesing hou sedert die Tamil Tiere na 26 jaar se stryd militêr verslaan, en van hul opstandige leiers gestroop is. Minstens vier ontploffings het Jaffna, noordelike bolwerk van die Tamils op verkiesingsdag geskud.

Met hierdie nuus wat die wêreld ingestuur word, blyk dit dat dit maar die jongste dade van geweld was. Die afgelope maand het vier mense reeds in voorvalle van politieke moord omgekom, en is sewehonderd gevalle van geweld by die polisie aangemeld.

Formeel is die oorsaak vir die geweld te vinde in die stryd tussen twee presidentskandidate, pres. Mahinda Rajapakse en die oorlogsheld, Sarath Fonseka. Een van die onlangse bomaanvalle was juis by die huis van ‘n sakeman wat Fonseka steun.

Pres. Rajapakse ontken dat hy of sy ondersteuners agter die aanval op sy opponent sit. In dié stadium glo min mense hom egter, aangesien so ‘n aanslag en die algemene geweld te wagte was in die lig daarvan dat hierdie verkiesing as een van die vuilstes ooit beskou word.

Dit is nog moeilik om te bepaal of die Tamils nie dalk tog die geleentheid benut om sake verder te roer nie. Hul omstandighede bly moeilik sedert hul militêre neerlaag, en met wye steun vir hul saak onder Tamils en ander simpatiserende groepe in Indië, en Tamils in diaspora wêreldwyd, twyfel min dat die Tamils bykans oornag weer ‘n militêre vermoë sal kan opbou.

Fonseka, wat die bevelvoerder teen die Tamils was, ontpop nou in ‘n sekere sin as kampvegter vir die Tamils. Hy beskuldig die regering, en dus sy opponent, dat hulle die teregstelling van Tamilleiers beveel het wat hulle oorgegee het. Verder sê hy die regering sleep voete met die vrylating van 300 000 Tamils uit interneringskampe. Die Tamils is dus minstens onregstreeks ‘n belangrike rolspeler in hierdie stryd.

Die Tamils, ‘n minderheidsgroep in hoofsaaklik die noorde van die eilandstaat, het nouer, irredentistiese aansluiting met hul volksgenote in Indië gesoek, waar die Tamils een van die groot bevolkingsgroepe is.

Afgesien van die taalverskille met die Singalese, is die Tamils hoofsaaklik Hindoes, terwyl die Singalese bykans uitsluitlik Boeddhisties is. Beide die Tamils en Singalese is immigrante uit Indië wat die oorspronklike bewoners verdring het.

Sri Lanka is berug vir sy gebrekkige persvryheid – in ‘n groot mate juis om inligting uit die voormalige oorlogsones en dissidentegebiede te smoor – en dit is dus baie moeilik om te bepaal of die Tamils steeds so sonder skop is wat voorgegee word.

камни для баниданильченко юрій броніславович