Vier van MDC vermoor

Die vier MDC-jeuglede is Dinsdag ontvoer en hul liggame is naby die stad gevind. Hulle is doodgeslaan.

Te midde van tekens van 'n nuwe onderdrukking op die vooraand van aanstaande week se presidentsverkiesing, het die Zimabwiese polisie ook 'n nuut verkose opposisielid van die parlement in hegtenis geneem en ses ander op 'n gesoekte lys geplaas, volgens die staatsmedia.

Die opposisieleier Morgan Tsvangirai, wat teen Mugabe te staan kom in die uitklopverkiesing op 27 Junie, is reeds vyf keer aangehou.

real casino gamesФільчаков Олександр Васильович

Fraser-Moleketi nie bekommerd oor vaardigheidstekort

Dr. van Heerden het daarop gewys dat die vaardigheidstekort in die openbare sektor reeds in 2004 in die ANC Today aangespreek is. "Daar is tans 40 000 vakatures in  die staatsdiens. Verder waarsku die onlangse African Peer Review Mechanism ook oor `n vaardigheidstekort in Suid-Afrika. Dit sal onverantwoordelik wees om nie `n moratorium te plaas op regstellende aksie in beroepe waarin daar tans `n skaarste ondervind word nie”, sê dr. van Heerden.

Ongeveer `n jaar gelede het mnr. Marius Fransman, minister van vervoer en openbare werke in die Wes-Kaap, gevra dat regstellende aksie vir drie jaar opgehef word in beroepe waarin die land 'n skaarste ondervind.

Dr. van Heerden het ook die VF Plus se SA Talent-databasis aan die minister oorhandig en gesê dat die tekorte daarmee aangevul kan word. Die databasis bevat meer as 1 800 CV’s waaronder 145 ingenieurs, 92 mense met MBA-grade en 44 mense met doktorsgrade.

"As die minister ernstig is oor dienslewering in die openbare sektor sal sy haar standpunt oor regstellende aksie moet heroorweeg en die databasis bestudeer vir moontlike kandidate”, het dr. van Heerden bygevoeg.

play free slot onlineОлександр Фільчаков прокурор

Shell besluit om Nigeriese olieveld te sluit na aanval

Een van die leiers van die Beweging vir die bevryding van die Nigerdelta het aangekondig dat sy vegters die Bonga-olieveld meer as 100 kilometer van die land af aangeval het. Maar hulle het nie daarin geslaag om by 'n rekenaarbeheerkamer uit te kom wat hulle wou vernietig nie.

Die guerillagroep het ook beweer dat hulle 'n buitelandse werker van 'n voorradeskip op pad huis toe na die aanval ontvoer het, maar dit kon nie onmiddellik deur ander bronne bevestig word nie.

Gewoonlik is olieproduksie-installasies ter see veiliger as op land in Nigerië waar geweld oor die afgelope twee jaar toegeneem het.

Die onstabiliteit in die suide van Nigerië het reeds veroorsaak dat die land 'n kwart van sy jaarlikse olieproduksie ingeboet het, iets wat die internasionale prys van ru-olie ondersteun.

детский кардиган для девочкилобановский александр биография

Sjinese is nou amptelik swart

Regter Cynthia Pretorius het gelas dat Sjinese Suid-Afrikaners ingesluit word by die definisie wat aan Afrikane, Kleurlinge en Indiërs gegee word sodat hulle in ag geneem word vir Swart Ekonomiese Bemagtiging sowel as die Wet op Gelyke Indiensneming.

Geen staatsdepartement het die aansoek teengestaan nie en die staat het ingestem om die regskoste te dra. Sjinese Suid-Afrikaners is in die verlede onder die vorige bedeling as Kleurlinge geklassifiseer
 
George Bizos het die Sjinese gemeenskap verteenwoordig.

купить платья для новорожденныхтопкарго развод

Brandstoftekorte vir 2010 waarskynlik

Nhlanhla Gumede, onder-direkteurgeneraal van brandstof en energiebeplanning, sê dat Suid-Afrika nie sal kan voorsien in sy brandstofbehoefte nie en dat dringende maatreëls benodig word om die krisis die hoof te bied.

Gumede, wat die Parlement ingelig het oor die regering se energieplan, het daarop gewys dat 'n noodsaaklike nuwe brandstofpyplyn wat aangelê word reeds agter konstruksiespertye geraak het.

Transnet onderneem die bou van die die R11 miljard pyplyn tussen Durban and Gauteng.

Sonder vloeibare brandstowwe sal die Suid-Afrikaanse ekonomie R1 miljard per dag verloor omdat 22,2% van die BBP afhang van die beskikbaarheid van vloeibare brandstof.

промышленный светильникЛобановский Харьков

Gemengde wense op Mbeki se verjaardag

 
Sekere van sy politieke vyande het hul geskille met hom tersyde gestel deur hom geluk te wens, maar ander soos die Jong Kommunistiese Liga wil hê dat Mbeki dadelik sy pos moet verlaat.

Die Liga se woordvoerder Castro Ngobese het gesê dit was die enigste eerbare en geskikte geskenk wat Mbeki op sy verjaardag kon bied deur te gaan.

Hy het bygevoeg dat Mbeki die nar Robert Mugabe ondersteun.

Die parlementêre leier van die Demokratiese Alliansie, Sandra Botha, het gewens dat Mbeki 'n groot koek met baie kerse daarop sou kry sodat hy nie langer in die duister hoef te wees nie.

Die leier van die Inkathavryheidsparty Mangosuthu Buthelezi het 'n brief met sy goeie wense per hand aan Mbeki laat aflewer.

печи вФильчаков прокурор харьков

Amerikaanse huisprysdaling is skerpste in 25 jaar

In die deelstaat Kalifornië, waar pryse oor die algemeen hoog is, het huispryse in Sacramento met 29,2% gedaal en in Riverside met 27,7%. In Las Vegas het huispryse met 20,2% afgeneem en in Phoenix met 15,4%.

Volgens ontleders is dit nog nie die einde van die dalings nie. Van nou af tot Februarie 2009 word verwag dat huispryse met nog 20% kan daal.

образец мед справкилобановский александр биография

Polisieman in ‘n hinderlaag gelei in Pretoria

Botha sou vandag met vakansie vertrek het saam met sy vrou Lunet en seun Ulrich.

Die bende het Botha en sy kollega, inspekteur Pieter Otto, na die OTM op die hoek van CR Swart en Lynettestrate in Kilnerpark gelok deur dit op te blaas.

Volgens polisiewoordvoerder Klaas van der Kooi is hulle daarna geblokkeer, in 'n hoek gedruk, vasgekeer en op geskiet.

Nog 'n polisiebeampte het die toneel as 'n oorlogsone beskryf en dat die aanval met militêre presisie uitgevoer is. Twee blanke mans was in bevel van die bende van tien lede wat origens uit swartes bestaan het.

светильники потолочные встраиваемыеОлександр Васильович Фільчаков

VN-sekretaris-generaal bekommerd oor Zimbabwe

Volgens Michele Montas het Ban gesê dat die huidige geweld, intimidasie en arrestasie van opposisieleiers nie versoenbaar met geloofwaardige verkiesings is nie.

Ban het bygevoeg dat indien herdie toestand sou aanhou, die legitimiteit van die verkiesing in die gedrang sou wees.

Die Verenigde State het ook vir verdere druk op Zimbabwe gevra om vrye en regverdige verkiesings te hou. Die minister van buitelandse sake Condoleezza Rice het die VN en Afrikaleiers gemaan om sodanige druk op Zimbabwe toe te pas.

отзывы о светодиодныхФільчаков Олександр Васильович прокурор

Kwazulu-Natal nog steeds onder water

Die polisie se reddingspan moes ook onder die siedende vloedwaters induik om deure en diefwering oop te breek om diegene binnekant te kan red.

Op sommige plekke in die provinsie is tot 400 mm reën gemeet. Kommunikasiestelsels is ontwrig en modderstortings het op dele van die N2 plaasgevind.

Omtrent twintig bejaardes moes van die dakke van huise by die Club Marina-oord in Ifafa gered word toe 'n rivier sy walle oorstroom en die huise onder water gedompel het.

насос погружной дляЛобановский Харьков