Botha sou vandag met vakansie vertrek het saam met sy vrou Lunet en seun Ulrich.
Die bende het Botha en sy kollega, inspekteur Pieter Otto, na die OTM op die hoek van CR Swart en Lynettestrate in Kilnerpark gelok deur dit op te blaas.
Volgens polisiewoordvoerder Klaas van der Kooi is hulle daarna geblokkeer, in 'n hoek gedruk, vasgekeer en op geskiet.
Nog 'n polisiebeampte het die toneel as 'n oorlogsone beskryf en dat die aanval met militêre presisie uitgevoer is. Twee blanke mans was in bevel van die bende van tien lede wat origens uit swartes bestaan het.
