Dit sluit die volgende goedere in: sigarette, vliegtuigonderdele, bra's, musiekinstrumente, films, beeldhouwerk, pels, gholfkarretjies en sneeuvoertuie.
Dié onthulling stel die Amerikaanse administrasie in die verleentheid aangesien dié tans poog om druk op Europese regerings, banke en maatskappye te plaas om hul bande met Teheran te verbreek vanweë die land se kernprogram.
Volgens Associated Press is militêre toerusting ook uitgevoer, in weerwil van die bestaande sanksies.

Die brandstofkleinhandelaarsvereniging oorweeg dit om vulstasies snags te laat sluit. Dit is een van die moontlike maatreëls teen die diefstal van brandstof wat landwyd 'n probleem raak.