Xingwana het heftige kritiek verduur oor die onlangse afdanking van die voorsitter, Themba Langa, wat wyd geloof is vir sy goeie bestuurs- en finansiële vaardighede.
Intussen het die DA gesê dat die party Xingwana deur 'n hofaansoek wil dwing om 'n Deloitte en Touche-forensiese verslag oor die finansiële wanbestuur by die Landbank vry te stel.
Xingwana staan reeds maandel lank die vrystelling van die plofbare forensiese ouditverslag teen.
Die verslag betrek blykbaar die minister van openbare werke Thoko Didiza asook ANC-adjunkpresident Kgalema Motlanthe by die ongerymdhede.
