“Dit is duidelik dat, volgens die syfers wat die minister verskaf het, die vuurwapenregistrasieproses ernstige probleme ondervind en in totale choas is. Hiervolgens is slegs 38,8 % van aansoeke om herlisensiëring volledig geprosesseer en slegs 55,9% van aansoeke om bevoegdheidsertifikate. As verder in ag geneem word dat slegs 22% van die 4 miljoen vuurwapenlisensies in omloop en 30,3 % van die eienaars se aansoeke ingedien is, is dit onmoontlik om voor die einde van die maand (31 Maart), al die aansoeke te ontvang en te verwerk. Die VF Plus het herhaaldelik gewaarsku dat die tydperk vir die proses van hernuwing van lisensies en bevoegdheidsertifikate onrealisties is en dat die minister se departement nie oor die administratiewe vermoë beskik om dit betyds af te handel nie. Die syfers bewys dit nou”, sê mnr. Pieter Groenewald (LP), hoofwoordvoerder van Veiligheid en Sekuriteit vir die Vryheidsfront Plus.
“Ek word oorval met klagtes van vuurwapeneienaars wat al meer as twee jaar wag vir kluisinspeksies en hulle lisensies. Die minister erken ook dat vingerafdruk-klassifikasie, onderhoude met kennisse en kluisinspeksies ernstige probleme veroorsaak. Dit is juis hierdie administrasie waarteen die VF Plus gewaarsku het. Die Vryheidsfront Plus gaan voorstelle aan die minister doen hoe om die wet te wysig sodat die administrasie verlig en bespoedig kan word. Die bestaande situasie gaan die minister dwing om wysigings aan die Vuurwapenwet aan te bring en om die proses verder uit te stel”, het Groenewald gesê.

‘n Noodsituasie het tien uur Maandagoggend by die Pelindabakernfasiliteit buite Pretoria ontstaan, het die SA kernenergiekorporasie (Necsa) gesê.
Die Vryheidsfront Plus gaan beswaar aanteken by die onafhanklike verkiesingskommissie (OVK) teen die insluiting van Winnie Madikizela-Mandela op die ANk se nasionale verkiesingslys.
Leerlinge het Maandagoggend by ‘n skool naby Mthatha ‘n opstand begin waarin meer as R100 000 se skade aangerig is, het Oos-Kaapse polisie gesê.
Die globale finansiële krisis sal ‘n negatiewe impak hê op Suid-Afrika se vermoë om huise te lewer, het die departement van behuising Maandag gesê.