Die Vryheidsfront Plus gaan beswaar aanteken by die onafhanklike verkiesingskommissie (OVK) teen die insluiting van Winnie Madikizela-Mandela op die ANk se nasionale verkiesingslys.
“Die VF+ is van mening dat Madikizela-Mandela nie kwalifiseer in terme van seksie 47(1)(e) van die konstitusie (108 van 1996) nie,” het VF+ woordvoeder Pieter Groenewald Maandag gesê.
Die seksie stel dit duidelik dat indien iemand skuldig bevind is aan misdaad en meer as 12 maande tronkstraf uitgedien het sonder die opsie van ‘n boete, hy nie kwalifiseer om ‘n lid van die Nasionale vergadering te word nie.
“Die relevante seksie stel dit ook dat die diskwalifikasie slegs eindig 5 jaar nadat die vonnis uitgedien is.”
“Die klagte sal, soos dit vereis word deur die kieswet voorgelê word aan die ANK en die Onafhanklike Verkiesingskommissie,” het Groenewald gesê.
Vroeër Maandag, is Madikizela-Mandela se nominasie deur die ANK op die kieserslys vir die Nasionale vergadering voorgekom asof dit reeds goedgekeur is deur die OVK, ten spyte van haar kriminele rekord.
Op die amptelike tydelike lys van kandidate wat Maandag gepubliseer is, is die eks-vrou van voormalige president Nelson Mandela in die 5de plek vir die ANK, net na minister van finansies Trevor Manuel en voor minister van buitelandse sake Nkosazana Dlamini-Zuma.
Regskenner het gewaarsku dat haar vonnis vir bedrog haar onaanvaarbaar maak vir ‘n pos in die wetgewer.
Die gewilde ANK veteraan het ‘n 5 jaar vonnis gehad vir bedrog en diefstal wat na appèl verminder is tot 3 en ‘n half jaar vir 43 skuldigbevinding aan bedrog in Julie 2004.
Die vonnis is opgeskort vir 5 jaar.
Die ANK het geargumenteer dat omdat Madikizela-Mandela nooit werklik tronk toe is nie, die konstitusie haar nie diskwalifiseer om terug te keer na die parlement na die verkiesing van 22 April nie.
Die voorlopige lys van kandidate word bekend gemaak om aan die publiek ‘n geleentheid te gee om besware aan te teken in verband met kandidate se nominasie by die OVK.
Besware moet die OVK bereik per faks of e-pos teen Woensdag.
