Leerlinge veroorsaak R100 000 skade in opstand

ImageLeerlinge het Maandagoggend by ‘n skool naby Mthatha ‘n opstand begin waarin meer as R100 000 se skade aangerig is, het Oos-Kaapse polisie gesê.

Die leerlinge van Joyi sekondêre skool in Baziya, 45 km van Mthatha af het in opstand gekom nadat hulle deur ouers en onderwysers gesê is dat daar geen geld is vir hulle om na Port Elizabeth te reis om te gaan sokker speel nie, het superintendent Mzukisi Fatyela gesê.

Die ouers en onderwysers het ‘n vergadering gehad om 8:30 om die situasie te bespreek. Toe dit duidelik raak dat daar geen fondse beskikbaar was nie is ‘n aankondiging aan die leerlinge gemaak, wat gereageer het deur klippe te gooi.

“Die ouers en onderwysers wat in die vergadering was is met klippe bestook; hulle het daarin geslaag om weg te hardloop van die leerlinge en het hulself in een van die klaskamers toegesluit,” het Fatyela gesê.

Die leerlinge het voortgegaan en die personeelkamer en 7 klaskamers vernietig. Een van die klaskamers was die rekenaar laboratorium. Fatyela het gesê 4 rekenaars is vernietig.

Teen die tyd wat die polisie van Mthatha gereageer het, het die leerlinge reeds gevlug.

Fatyela het gesê ‘n saak van opsetlike saakbeskadiging is geopen en die polisie ondersoek die saak. Arrestasies sal binnekort volg, het hy gesê.

mga gamesАлександр Фильчаков Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae