Lewering van huise getref deur krisis

ImageDie globale finansiële krisis sal ‘n negatiewe impak hê op Suid-Afrika se vermoë om huise te lewer, het die departement van behuising Maandag gesê.

Hoof van die departement, Benedicta Monama, het gesê die vertraging in die ekonomiese sal die departement verhoed om soveel huise te kan voorsien soos wat hulle wou.

“Indien die begroting groter is, kan ons meer huise lewer…maar met die ekonomie wat afneem sal begrotings krimp,” het sy gesê by die Grand Central Lughawe in Midrand, voordat sy met helikopter geneem is vir ‘n vlug oor verskeie behuisingsprojekte in Gauteng.

Monama het gesê die verhoging in die prys van boumateriaal soos staal het ‘n impak gehad op die lewering van huise.

“Dit wys ook hoe inflasie die koste van boumateriaal beïnvloed,” het sy gesê.

Die oorvlug, wat gereël is deur die departement van behuising, sal die vordering toon wat gemaak is op behuisingsprojekte wat ten doel het om informele nedersettings te staak. Verder sal dit ook die gemengde behuisingsprojekte toon wat in lyn is met die departement se “Breek nuwe grond” program, wat geloots is in 2004.

русская народная рубашка для девочкиtopcargo кидалы