Hy sê Zimbabwe skuld Mbeki baie vir sy pogings om vrede en harmonie in Zimbabwe te bevorder. Mugabe se teenstaander, Tsvangirai, het onttrek van die verkiesing weens wydverspreide verkiesingsgeweld.
Sy naam het egter steeds op die stembriefie gepryk wat pogings om Mugabe te striem bemoeilik.
In 'n TV-onderhoud het afgetrede aartsbiskop, Desmond Tutu, by Mugabe gepleit om uit te tree ter wille van sy land en Afrika.
Die MDC het 'n versoek aan die Afrika-Unie gerig om Mugabe toegang tot 'n AU-spitsberaad te weier. Die party se vise-president, Thokozani Khupe, sê dit sal verkeerd wees van die AU om Mugabe te verwelkom na alles wat hy gedoen het.
Sy sê die AU-leiers weet presies wat Mugabe voor en tydens die presidensiële uitklopverkiesing gedoen het. Leiers van die AU vergader tans in die Egiptiese vakansieoord van Sjarm-el-sjeg.
Khupe sê sy het vrugbare samesprekings met Afrika-leiers oor die situasie in Zimbabwe gevoer.

Jens Lehmann, die veteraan- Duitse sokkerdoelwagter het gesê dat sy span in 'n toestand van skok verkeer nadat hulle Sondag se Euro 2008-finaal met 0-1 verloor het.
Nuus het uitgelek dat 'n briljante lugtaktikus, Aviam Sela, in die geheim met die Israelse Eerste Minister Ehud Ohlmert ontmoet het
Rapport berig dat die gewilde Afrikaanse sanger Kurt Darren deur die Britse organiseerders daarvan weerhou is om tydens die Mandela-verjaardagkonsert in Afrikaans te sing.