Volgens hom het lede van die ANC-jeugliga mekaar soos vyande behandel pleks van mede-kamarade. Die Jeugliga het doodskiste met mekaar se name op rondgedra en ook op mekaar voor internasionale gaste in die openbaar geskree.
Zuma het ook na die voorval verwys toe van die afgevaardigdes hul broeke uitgetrek het om hul misnoeë met die verkiesingsuitslag te toon. Hy het die voorval as onbehoorlik bestempel en gemaan dat sulke gedrag moet ophou.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.