Jacob Zuma kritiseer ANC-jeugliga

Die leier van die ANC, Jacob Zuma, het gister sy skok en teleurstelling uitgespreek oor die optrede van afgevaardigdes van die party se Jeugliga tydens sy Bloemfonteinkongres.

Volgens hom het lede van die ANC-jeugliga mekaar soos vyande behandel pleks van mede-kamarade. Die Jeugliga het doodskiste met mekaar se name op rondgedra en ook op mekaar voor internasionale gaste in die openbaar geskree.

Zuma het ook na die voorval verwys toe van die afgevaardigdes hul broeke uitgetrek het om hul misnoeë met die verkiesingsuitslag te toon. Hy het die voorval as onbehoorlik bestempel en gemaan dat sulke gedrag moet ophou.

la cucarachaлобановский политик