Spanje se Fernando Torres het die Duitse verdedigers gepypkan om aan Spanje die oorwinning te besorg.
Duitse spelers sê dat die groot teleurstelling eers gaan kom ná die aanvanklike skok waarin hulle tans verkeer.
Dis die eerste keer dat Spanje die Europese titel verower sedert 1964 en hul eeste eindwedstryd sedert 1984.
Die Duitse verdediger Philip Lahm, wat dit vir Torres moontlik gemaak het om die wendoel aan te teken, het gesê dat Duitsland te veel foute gemaak het.

Jens Lehmann, die veteraan- Duitse sokkerdoelwagter het gesê dat sy span in 'n toestand van skok verkeer nadat hulle Sondag se Euro 2008-finaal met 0-1 verloor het.